[Video] Biblioteek, sopkombuis in agterplaas

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Inwoner van die Kaapse Vlakte bedryf ‘n biblioteek uit ‘n motorhuis in sy agterplaas.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MissDemeanor ·

Dit is ‘n inspirasie. Kom ons volg sy voorbeeld en doen iets goeds in ons buurt. Daar is orals om ons mense wat ‘n helpende hand kort. En die gevoel wat mens kry as mens iets goeds doen is tog lekker.

Liz ·

Dit was ń baie goeie idee wat John N. gehad het. Ek is baie bly dat julle die gepost het, dit was nou iets wat mens se haert warm laat voel. John, God se rykste seën vir jou en al die ander mense wat jou help met dit! Ek hoop en bid dat al jou drome vir die projek sal waar word!

Elfie ·

En daardie kinders gaan lees! Nie heeldag op selfone sit nie! Wat ‘n fantastiese idee!

Sarie ·

Baie mooi. Hoop Biblionef skenk nuwe boeke vir hierdie projek. Baie van hierdie boeke lyk maar oud en verweer en miskien bo die vuurmaakplek van die kleintjies. ‘n Verdere uitbreiding kan moontlik wees dat van die werklose jongmense in die buurt in te span om saam met die kinders te lees. Hier is nog ‘n projek vir Gift of the Givers om te help

Elzaan ·

Maroela, asb gee my n manier om met daai man in aanraking te kom. Ek kan help. Dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Elzaan

Dankie, ek verwys jou kommentaar na die betrokke inhoudsredakteur.
Hulle sal moontlik verder met jou in verbinding tree.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johannes Meintjes ·

Sulke inisiatiewe verdien steun, meen ek. Het self al ‘n mobiele veldhospitaal in Trieste, Italie gaan help aflewer in burgerlike, weermag en Christelike samewerking met die Moslem organisasie Gift of the Givers. Om biblioteke en skryfbehoeftewinkeltjies, saam met studie toesig vir leerders in plattelandse gebiede in Suider-Afrika aan te moedig, lewer vrugte. Kerk, sending en NGO samewerking is egter nog glad nie wat dit wel kan wees in die SAOG (SADC) streek nie.

charmaine ·

Dit is n wonderlike goeie daade. En om hulle van kleins af te leer lees is wonderlik. En dan nog n kossie te kan gee, en ja hulle weg te hou van selfone en die strate hulle is bevoorreg. Ek myself is verslaaf aan lees en daar gaan beslis n paar lees vrate daaruit kom. Ek kry eintlik hoendervleis en klaar is hulle n stappie vooruit. Hoop hierdie ou kry bietjie hulp so iemand verdien dit.

Sonja de Carvalho ·

Goeie dag

Ek het ‘n klompie boeke wat ek graag aan die projek wil skenk. Kan julle my asb ook in verbinding sit met die inhoudsredakteur?

Groete
Sonja

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.