Video: BLF reageer ná leier sê ‘wit mense sal doodgemaak word’

Andile Mngxitama waarsku as Johann Rupert die taxibedryf op die BLF loslaat, sal hulle vyf wit mense doodmaak vir elke swart mens wat doodgemaak word.

Black First Land First (BLF) het Maandag ontken dat dié party se leier, Andile Mngxitama, rassehaat aangeblaas het tydens ʼn toespraak die afgelope naweek in Potchefstroom.

Mngxitama het opslae veroorsaak toe hy tydens die toespraak onder meer gesê het vir elke swart mens sal die organisasie “vyf wit mense doodmaak”. Mngxitama het die uitlatings gemaak na aanleiding van die sakemagnaat Johann Rupert se onderhoud met die radiostasie Power 98.7 waartydens hy gesê het hy sal die taxibedryf gebruik om hom teen die EFF te beskerm.

“Hier is ʼn boodskap aan Johann Rupert,” het Mngxitama in die omstrede toespraak gesê. “Johann Rupert, dis in die haak. Betaal die taxibedryfbase. Maar dis hoe dit is: Vir elke mens wat deur die taxibedryf doodgemaak word, sal ons vyf wit mense doodmaak.

“Vir elke swart mens, sal ons vyf wit mense doodmaak. As julle een van ons doodmaak, sal ons vyf van julle doodmaak.” Nadat hy dié belofte vier keer herhaal het, bulder hy: “Ons sal die kinders doodmaak, die vroue, hul honde en hul katte…. Ons sal enigiets doodmaak wat ons op ons pad vind.”

Zanele Lwana, BLF-woordvoerder, het Maandagoggend by navraag gesê die BLF sal nie toelaat dat die situasie van die 1980’s, toe die Nasionale Party volgens hulle die IVP betaal het om “swart mense dood te maak”, herhaal word nie.

Die BLF sê dit was Rupert, nie hulle nie, wat rassehaat aangeblaas het toe hy gesê het hy sal “die taxibedryf loslaat op die EFF” om hom teen dié party te beskerm omdat hy kwansuis dié bedryf beheer. “Ons het bloot gereageer op sy uitlatings,” sê Lwana.

Ons sal nie swart mense aanval nie, maar onsself verdedig teen wit mense.

“Ons sal nie toelaat dat [Rupert] swart mense gebruik om ons aan te val nie. Ons sal nie swart mense aanval nie, maar onsself verdedig teen die wit mense wat hulle stuur om ons aan te val.”

Sy sê die BLF het nog nie klagtes ontvang oor die video wat hulle op YouTube geplaas het van die partyleier se toespraak Saterdag in die Ikageng-stadion in Potchefstroom nie.

“Maar daar is mense wat ons standpunte wanvoorstel asof ons geweld aanstook en rassehaat aanwakker. Mag ons dan nie reageer nie, maar Rupert kan doen wat hy wil?”

Die wit gemeenskap wys baie gou ʼn vinger na die BLF.

Sy sê Mngxitama se oproep in sy toespraak om vyf wit mense dood te maak vir elke swart mens wat doodgemaak word, is bloot ʼn reaksie op Rupert se uitlating. “Die wit gemeenskap wys baie gou ʼn vinger na die BLF, maar niemand het iets te sê oor Rupert se ‘dreigement’ nie.”

Die BLF sal nie toelaat dat Rupert “ons swart broers en susters oorreed om ons dood te maak nie”.

Maroela Media het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gekontak om te hoor of die kommissie enige klagtes oor Mngxitama se uitlatings ontvang het, maar die kommissie se woordvoerder sal eers vanmiddag beskikbaar wees vir kommentaar.

https://www.youtube.com/watch?v=rdZd7U-ghPA&feature=youtu.be

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

166 Kommentare

Annelize ·

Sweet blou boggerol!!!

Maar kom ek se julle nou, dis wat in hulle gedagtes en harte aangaan. Gee hulle 1 duisendste van ‘n kans, en hulle sal die daad by die woord voeg. Ek twyfel nie vir een oomblik nie.

Lorinda de Jager ·

Wurmpie, niks gaan met hom gebeuer nie, maar net dalk gebeur daar iets met hom….

Wikus ·

“Ons sal enigiets doodmaak wat ons op ons pad vind”… Ja wel, dit gebeur al lankal: Eskom, SAA, SABC, Denel, Dept. van Waterwese, Giyani Water projek, die Guptas, ens. Andile se uitlatings is maar met meer haatspraak en persoonlike aanvalle. En dit, my liewe Afrika, is omdat jou mense in kettings is. A.g.v. van leiers soos hierdie.

What a joke! ·

Natuulik absoluut boggerol..Hy is n nie blank Suid Afrikaner so word automaties gevrywaar van rassitiese aanmerkings teenoor blankes en daar is ok automaties geen aanspreeklikheid daarvoor nie! Komaan mense jul weet dit mos!

Dirk ·

Die man soek net publisiteit. Niemand gee hom aandag nie, nou maak hy ekstreme uitlatings.

Al ·

Shame en hy is sy laaste R10 000 kwyt toe hy geld geskenk het vir die EFF met registrasie van hul politieke party.

Rooijan ·

Wat bedoel jy met probeer?Hulle doen dit lankal.Al gehoor van plaas moorde,onder andere…?

Snowball ·

Net soos ‘n by in ‘n bottel, dit zoem maar gaan nêrens nie…..

Rooijan ·

Nee,dis blankes se gepraat wat ‘n “zoemery” is.Jare lank hoor mens heeltyd die afgesaagde “Tot hiertoe en nie verder nie”. Brandewyn praatjies.

Arak ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor. In Andile se geval is dit duidelik vol haat, bitterheid en afguns. Die menseregte kommissie sal vir hom een of ander belaglik (sagte) straf gee, maar jy geagte wit mens, tel maar jou woorde, want vir ons geld ‘n ander stel wette en reëls.

Lana ·

GES, stem nie saam nie.
Leë koppe maak die grootste geraas.

Johan ·

Kom ons neem sy toespraak en die van Malema nou ernstig op.Dit help nie om soos volstruise met ons koppe in gate te lewe nie.Daars n derde mag doenig hier,moet onder geen ilusie wees nie.Hoekom Kom mense die heel tyd weg met toesprake soos die.As enige blanke so iets van n podium waag se, word hy Vir hoogveraad aan gekla en die sleutel word weggegooi.

Piet Piet ·

Van lank terug is daar n derde mag ondergronds aan bewind. Niemand wil dit erken of ontken nie. Dit laat n mens wonder

ivan.. ·

Ons kan oor vyf en meer vir een wegvat , soos hy praat van dood maak. Hy moet mooi praat en dit..Hy moet aangekla word..Groot mond.

Swere en besmette wonde gaan soos vulkane opbars ·

Mense van Europese oorsprong sal nooit welkom wees of aanvaar word in Afrika nie. Dit is wat hierdie mense sê – verdryf hulle of andersinds maak hulle dood. Dit is nou ek en jy wat hier lees wat dood gemaak moet word want hulle geduld met die wit mense is besig om op te raak. Die pas is besig om teen ‘n duiselingwekkende spoed te versnel. Binnekort is daar geen wit mense oor in suidelike Afrika nie.

Europe ·

Maar dit maak niks beter nie. Ons moet liewer al die Afrikaners oorsee oortuig om terug na SA toe te kom, dan maak ons n groter deel van die bevolking uit.

Awie Opperman ·

Hulle wil ons dalk almal doodmaak, maar dis nie heeltemal so maklik nie. Net soos dit baie maklik is om teen ‘n slaansak te slaan, dis goeie oefening, maar nie dieselfde as ‘n boksgeveg waar die ander ou terugslaan nie.

Netso ·

Europe…… Ons moes hier soos baba, s weer leer ordentlik praat, verstaan en verneder word soos kinders! Daar is nie ñ manier hoe ek ek my kinders vir na Afrikamentaliteid terug vat nie! En o ja, dis Europa met ñ A!

Veritas ·

Awie jy slaan die spyker op die kop. Om iemand te slaan is maklik. Dit is die oor en weer slanery wat ‘n probleem is .

pinkie ·

Ja, dis maklik om te ignoreer, maar daar is mense wat die sprekers aanhang soos ‘n god. Hoeveel wit mense gaan nou met hul lewens boet nadat hulle gemartel is?

Die werklikheid vs dreigemente ·

Hoekom dink party mense nog steeds hierdie is leë dreigemente en lawaaimakery? Dit is nie. Is hierdie dreigemente nie lankal alreeds geimplementeer nie? Dit het miskien nog net nie met jou gebeur nie maar gaan kyk gerus hoeveel wit mense is alreeds dood gemaak soos wat die berig sê nog verder intensief gaan gebeur. Hierdie is nie net dreigemente nie.

ZAR ·

Ek stem met jou saam. En die wreedheid van sy woorde is juis wat ons ervaar.

Jos Smit ·

Rupert praat nie namens my, my volk, óf my ras nie. Sy lojaliteit lê eerstens by Mammon, waar die wins/verlies-slotsom die belangrikste oorweging is. (Dis die gevolgtrekking waartoe ek gekom het nadat ek na die betrokke onderhoud geluister het.)

Hess van der Berg ·

Uiteindelik iemand met verstand. Die tyd het aangebreek vir die nan op straat om ñ stem te kry want nie Rupert of die BLF praat vir ons nie!

NuweSA ·

Hoeveel dreigmente moet die “WITMAN” nog duld? Gaan kyk asseblief gerus hoe misdaad begin toeneem toe EFF begin het met haatspraak. Hoeveel witmense is vermoor (ek praat nie eers net van ons boere nie) maar in geheel. Nie net vermoor nie, ons vrouens word verkrag, ons kinders voor ons oe wreed vermoor en ons mans word op die wreedste maniere dood gemaak. Witmense word in die tronk gegooi as hulle net waag om die verbode woord te gebruik….

Piet Pompies ·

Dit is nogal vreemd dat die hoeveelheid skare, of die gebrek daaraan, nie gewys word op die video.
Lee blikke maak geraas in lee koppe…….

Bekommerd ·

Het Rupert regtig die uitlating gemaak wat beweer word?

marco polo ·

Swartes maak witmense dood sedert ons die eerste keer voet aan wil gesit het, niks het verander nie. Ons het net deur ‘n tydperk van oeverblindery en dwaasheid gegaan, waartydens menigte gekul is met die hersenskim van ‘n veelrassige samelewing, en skuldgevoelens oor apartheid. Ons moet maar net weer onsself organiseer en verdedig, soos van ouds.

JohanII ·

100% Marco….NIKS het verander nie…+360jaar se geweld teen…almal wat in SA woon deur hoofsaaklik Banto, Brit en soms selfs die Boer.

Pierre ·

Ons moet dit nie ignorer nie, ons is te vining om te se lee blikke maak groot geraas, maar dis die problem, die blik is nie so leeg nie. Kyk wat het JM al reggekry deur sy aanhitsery, ons moet ons oe begin oopmaak want eendag is dit hopeloos te laat…

Francois vRvO ·

@Pierre , stem saam , hulle wil almal wees soos Julius.
Die Suidlanders het ‘n waarskuwing uitgeryk om paraat te wees die hierdie week , veral met die aanloop tot die Geloftefees.
Die beartkrak en water tekorte skep ‘n gunstige geleentheid vir anargie, wees paraat

RG ·

Selfs my hond het sopas die vertrek verlaat omdat sy nie na hierdie aandag soekers kan luister nie.

Rina Kotze ·

Wat gaan met hom gebeur???

Hoop Afriforum kla hom aan!

As dit nie aanhitsing is nie, weet ek darem nie!!!

Daan Erasmus ·

Rina. Ek hoop jy is ‘n lid van AfriForum en jy dra elke maand geld by. Sonder geld kan AfriForum niks doen nie.

Ronel ·

Die VF+ het/gaan hom aankla, maar hy sal seker net ‘n ligte klappie op die boud kry. Of wag. Lyfstraf is ook mos onwettig. Dit verklaar dalk sy optrede… Geen tugtiging as kind nie, nou soek hy aandag as ‘n sg volwassene

LR ·

Vir elke blanke wat op n plaas aangeval of vermoor word sterf daar 10 swartes op ons paaie. Let gerus op hierdie patroon wat homself telkemale herhaal.

Andrea ·

LR
Ek het hierdie al vantevore gelees. Steek daar enige waarheid in?

Delila de Lange ·

Ek sien die VF Plus gaan ñ klag lê teen dié walglike mens se haatspraak. Dankie, dit kan nie net ongesiens verby gaan nie.

DeVill ·

Ek dink elke liewe een van ons moet ook ‘n klag gaan lê by ons plaaslike polisiestasies!

Jerry ·

Sonder reaksie van Johan Rupert en van witmense sal sy idee nie veel aftrek en momentum kan kry nie!

MnrH ·

Ek sukkel regtig om positief te bly met al die rasisme, diskriminasie en dreigemente. Waneer besluit mens genoeg is genoeg en pak ‘n tassie? Gaan sit en treur iewers oorsee oor die potensiaal van SA wat in die drein afgespoel word. Maak my siek!

ZAR ·

Ek glo vas dat dat as die meeste kon het hulle dit al gedoen. Dis baie lekkerder om in ‘n land te leef waar jy nie oral oor jou skouer moet loer nie. Die wat kan maar nog nie het nie, wil nie hul geliefdes agterlaat nie dan is daar andere wat nog met hul kop in die sand sit. Dan kry jy die beste van die bestes, wat besluit het om te bly en hand en tand daarteen te veg, soos die mense van Afriforum.

JohanII ·

Ek weet ook nie. Het n werksaanbod in die VK bekom…maar Engels is Engels en Engelse is Engelse. Sal maar bly veg hier, ons doen dit al vir baie lank.

Thinus Erasmus ·

Korter weergawe, die aanvuurder van die nuwe anti-rassisme wet wys dat: net wit mense rassisties kan wees, en dat swartmense hulself teen rassisme mag beskerm al beteken dit hul mag dan sulke uitsprake soos bo maak.
Die eintlike oplossing vir hom is dat witmense in totaliteit moet weg uit SA, dan sal daar vrede en oorvloed heers. En hy reken swart mense moet leer uit die geskiedenis en nie dieselfde foute maak nie?

Jakes ·

Ek dink ek praat volgens baie blankes, ons is keelvol vir hierdie dreigemente, maak jul maak, skin that smokewagon and see what happens.

Hannes ·

Jakes ek sluit aan by jou en stem volkome saam, laat hulle ophou dreig en hulle make maak dat ons sien. Hulle is en bly lafaards wat in troppe kom.

Johannes ·

Jakes, ons Boere is tans glad nie georganiseerd nie… ek’s bekommerd dat ons sleg tweede sal kom as daar nou skielik moeilikheid moet uitbreek… of is ek verkeerd?

Johannes ·

Jakes, MM weier om my antwoord op jou kommentaar te plaas – ek probeer weer…

As daar nou skielik van net dreig na aksie oorgegaan moet word het ons Boere groot moeilikheid… ons is glad nie georganiseerd en voorbereid nie…

DeVill ·

Vir ons klomp wat nog nooit so iets gedoen het nie.

Hoe moet ek tewerk gaan om ‘n klag van haatspraak en aanhitsing tot geweld by die polisie oop te maak.

Daag ek net op en sê ek wil ‘n klag lê, of is daar spesifieke woorde wat ek meot gebruik?

RG ·

Moenie van julself teikens maak nie asb. mense. Laat die VF Plus en ons burgerregte organisasies dit hanteer.
Stem egter saam met Jakes.

GP ·

Stem VF+ en ondersteun Afriforum.
Dis die beste wat ons kan doen.
Verder sorg dat jou huis en gesin veilig moontlik is.

Suretha Van der Merwe ·

Ek stem 100% saam met jou! Die enigste manier hoe ons van hierdie gevalle sal ontslae raak is deur die VF Plus sterker te maak die komende Nasionale Verkiesing! #StembeslisVFPlus

RS ·

VF plus het genoeg kanse gehad en is te lamsakkig. Ons moet almal saam staan vir selfbeslikking. VF het egter lank reeds daai konsep laat vaar. Ek glo Front Nasionaal is die party wat wat ons belange op die hart dra.

DA BO ·

Ons grootste vvrees moet wees dat hy n setel met die verkiesing wen in die parlement. Dan gaan hy saam ander soos eff kan koalisies aangaan om te stem vir hulle bose dinge. Dis waaroor hy nou so aangaan.meerderheid swart mense haat ons, so hulle sal vir hom stem. So gaan hulle n meerderheid stem kry van nà die verkiesing.

Petro ·

Ek dink ons moes al lankal oor gaan om te doen so vir elke Boer terugwerkend vir 5 jaar maak ons dan net 5 miljoen in een jaar dood ons sal die honde en katte los hul kan bly lewe en SA sal n beter plek wees

ZAR ·

Dis moeilik om terug te baklei met jou hande agter jou rug vas gemaak.

Magda ·

Ons moet hulle net ignoreer. Hulle soek aandag. Vir elke reaksie kry hulle Satisfaksie

Barries ·

In elkgeval ook maar ‘n redelike ondeurdagte opmerking wat Rupert gemaak het. Soos vele ander tydens sy onderhoud.

Johannes ·

Barries, wanneer feite en die waarheid as “onderdagte opmerkings” afgemaak word, is dit voorwaar ‘n hartseer dag.

Dit is dalk juis omdat ons soveel leuens glo dat ons is waar ons is vandag.

JG PRETORIUS ·

Hy behoort al klaar in die tronk gewees het. Hoekom is hy nie dadelik gearresteer nie. BLF se kommentaar dra geen water nie. N mens kannie reg in eie hande neem net oor iemand anders te kommetaar nie.

Nee maar dis reg ·

Dan kan julle mekaar daarna in vrede totaal uitwis (nadat al die welvaart opgebruik en opgeëet is) totdat daar van die land net stof en droë bene oor is. Dit is skynbaar die hoofdoelwit van die groot haat.

Trots Afrikaans ·

As daar nog nie n klag gelê is nie is ek bereid om een te lê

liz ·

Het sopas na di nuusberig geluister – dis skokkend hy verklaar sonder enige terughouding OORLOG.

Doodslag ·

Charl ongelukkig sê hulle dit nie vir ‘n wit boer in sy gesig nie want die wit boer word doodgemaak. Hoeveel is nie alreeds doodgemaak nie? Dikwels tesame met gesinslede. Hierdie is nie net leë dreigemente nie. Want hierdie aanvalle en mense wat doodgemaak word gebeur alreeds. As hierdie mense net aandag gesoek het sou ons nie byna daagliks van noodlottige aanvalle op plase, klienhoewes en in dorpe en stede gelees het nie. Waar mense doodgemaak is. Hulle beaam net wat reeds gedoen word – Doodslag.

Piet parys ·

Dis daai grootbekke wat die vinnigste hardloop as die skote klap . Net bek as sy stupid ondersteuners naby hom is . As hy nie tronk toe gaan vir daai uilatings nie dan weet ons die regering ondersteun hom.

Andre ·

Van wanneer af het die wannebee n party, of wanneer is die party gestig

Tammy ·

Dis seker een van die ergste gevalle van HAATSPRAAK waarvan ek bewus is. Die man moet tronk toe, soos wat met die blanke dame gebeur het.

Werner ·

Wel as ons kyk na die enorme aantal plaasaanvalle sover Desember en ander aanvalle opdorpe en stede op die blankes dan is hulle al besig tyd dat die nugter denkers wat alles altyd so logies probeer mooi stel positief probeer wees tyd om wakker te word en koffie te ruik

HPV ·

Die tyd het aangebreek dat ons regsgeleerdes van hulle laat hoor. Sulke mense, hul uitsprake en aanhitsing tot ‘n menseslagting moet summier onder die Internasionale hof in DenHaag se aandag gebring word of ten minste op rekord geplaas word. Sou geweld deur hul opsweping losbars moet hulle soos oorlogmisdadigers gejag en tot verantwoording voor die hof gebring word. Die tyd vir optrede is nou, dit is egter ‘n regsproses wat deur regsgeleedes hanteer moet word. Die ander opsie is om internasionale optrede soos byvoorbeeld reis en verwante sanksies teen hulle persoonlik aan te vra asook waarskuwings aan hulle uit te reik. Ons sogenaamde regering doen niks en gaan niks doen nie!

Die Uitwissing van Europese Nasate in Afrika ·

Nee hy sal nie tronk toe gaan nie, nee hierdie is nie net leë dreigemente nie, nee hierdie mense is nie dwase nie. Ja die uitwissing het reeds lank terug begin. Wie weet hoeveel mense alreeds vermoor is of permanent getraumatiseerd agtergelaat is, insluitende kinders wat in die kop geskiet en teregestel is? Dit is maar seker elkeen se keuse om naief te wees.

Johannes ·

Johan ek hoor wat jy sê, my bekommernis is dat ons nie net ‘n klein groepering gaan nodig hê die dag wanneer die moeilikheid regtig uitbreek nie – ons gaan die groter deel van ons Boerevolk se steun en hulpbronne nodig hê.

En tans gebeur daar net mooi niks om ons in ons geheel bymekaar te kry, te beplan, te mobiliseer en voor te berei vir die ergste nie.

Margaret ·

Ek het 5 min van video gekyk en wat hy sê teenoor ons almal as n blanke volk sal jou bloed laat ys in jou are. Ons het nog nie die erns van ons situasie hier besef nie. Die Rupert gedeelte is maar eintlik n bysaak.

Evert ·

Wat sê ons president CR hiervan of is dit stille diplomasie?

Johannes ·

Die apatiese houding van die ANC regering teenoor sukle uitsprake behoort vir ons baie te sê… is dit net nog ‘n teken van groot moeilikheid wat kom?

Foxi ·

Mense moet ophou om te sê hulle soek net aandag en dis grootpratery! Dink asb, dit kom nie van noual af nie……..
Om rustig agteroor te sit en in die huis weg te kruip gaan nie help nie. Ons mense moet ook saamstaan en hierdie dinge bespreek. Dit gaan kom verseker! Daar word altyd gelag oor ‘DOOMSDAY’ maar dis mense wat seker maak hul oliekanne is vol voor iets hul onverwags oorval. Grootpratery kan niks regstel nie, maar om iets daaromtrent te doen, kan jou of jou gesin se lewe red.

Klip in die bos ·

Kom ons kyk so hierna . . .
Hulle wil vir elke vrot tamatie in n kassie, 5 kassies pragtige gesonde tamaties vernietig
So wat bly oor op die ou einde?
Net vrot tamaties!!! Dit maak mos nie sin om onskuldige mense te straf vir “vrot tamaties” nie, mik jou stok net in die rigting van “vrot tamaties” want dis waar jou probleem vandaan kom . . .

Jerry ·

Johan, daar kan nooit n regte geleentheid kom nie, want dan is dit die massas, polisie en weermag teen n groepie keelvol blankes. Dit sal selfmoord wees en die wat sal oorleef sal saam met die boeremaglede in die tronk beland vir hoogverraad. Die enigste regte geleentheid wat gaan kom is as jy jou gesin moet beskerm teen misdaad en dit is dit! Enige iets anders gaan jy moet toelaat dat die polisie dit hanteer en hoe hulle dit ookal hanteer, daarvolgens gaan jy moet handel en wandel, anders wag daar groot ellende op jou en jou gesin. Wat Johan Rupert nou die aand besef het en wat jy ook moet besef is dat die witman op geleende tyd in SA is. Die enigste uitweg wat daar is, is om te versoen en nie versoening terug te verwag nie, of om te emigreer. Jy is nie in n posisie om die ou testament langer aan te hang nie, jy moet nou volgens die nuwe testament wandel vir oorlewing!

Martiens ·

Dat ons uitgelewer teen ‘n oormag wat ons nie goedgesind is mag dalk so wees, maar ek as beterwetende SAL NIE my siel verkoop aan die bloeddorstige massas en hul verwronge politiek nie, nee, ek en vele ander sal beginselvas wees, ons ruggraat styf maak en opstaan vir ons regte ten alle koste. Wat jy besluit om te doen, is egter JOU keuse, maar moet nie vorentoe staan en wonder waarom jou regte vertrap is.

Realis ·

@ Jerry jy is so reg! Ek kan niks verder byvoeg nie. Behalwe dat ons mense n valse bravade voorhou. Miskien uit vrees? Miskien uit ontkenning? Miskien maar net n gebrek aan kennis. Ek dweep nie graag nie maar in die Bybel staan dit ook “as gevolg van n gebrek aan kennis, gaan My volk ten gronde”. Ek dink nie almal besef die erns van die saak en hoe uitgelewer die blanke vandag is nie. Hoop maar die besef sal posvat. Ons kan nie meer se “wag tot ons opstaan” nie. Wie gaan lei? Ons is te verdeel in onsself om dit ooit te kan vermag. Sela

Hou aan vertrou... ·

Ai sulke uitlatings maak ‘n mens skoon paniek bevange maar ons vergeet een ding… Ons vergeet WIE is nog in beheer van alles al voel en lyk dit nie altyd so nie. Its not over til God says it over. Hierdie land behoort aan HOM. Berus daarby. Dit beteken natuurlik ook dat ons van ons sondige natuur moet afwyk dat Hy weer kan terug draai na ons toe en ons gebede hoor. satan is magtig, beslis, maar God is ALmagtig. satan is ‘n strateeg, maar God is ‘n opper-strateeg.

Spook ·

Ag die ou opper strateeg weet nie sy(hul 3)se bokant of onderkant nie.

Johan H. ·

Ag nee andile man ,,, shame man ek sien daar is nog n taxi ongelukkie man,,, Wat is fout ? kan julle nie bestuur nie, Nou gaan jy seker die pad dagvaar,condolenses aan die families!!!!

Grys ·

Well dis baie duidelik dat vrede net moontlik is as ons vertrek, as nie lei gerus onder die ergste van toestande, dis dit nie werd om hier te bly nie glad nie…

Iza Rust ·

So moeg om as n politieke pion gebruik te word.
Kan Rupert nie sy eie battles veg nie? Waarom witmense dood, ek ken nie een wit taxi bestuurder nie. Keelvol vir die hele spul! Plaas hul wakker word en kyk hoe ons (“hul”) land stuk vir stuk vir China gegee word in plaas van die beuselagtighede!

Johannes ·

Lorinda, ek voel soos jy, en ek is ook nou al moeg vir hulle dreigemente – vat ons Boere nou vir ‘n slag regtig aan!

My GROOT bekommernis is net dat ons Boere nog nie gereed is nie…

ons het geen leiers, geen aksieplanne op die tafel nie, geen voorrade en hulpbronne nie… wat gaan ons maak as die moeilkheid REGTIG uitbreek?

Ella ·

Ons moenie hierdie BLF ou onderskat. Malema is onderskat en kyk waar is hy vandag. SA is n kookpot van mense wat almal baie kwaad is vir iemand of iets en haatspraak en ondeurdagte praatjies maak dit vir almal n gevaarlike plek.

Ekke ·

En hy mag se net wat hy wil en daarmee wegkom. Dis rassisme.

RINA ·

EK HET ‘N KLAG GELE BY DIE MENSEREGTE KOMMISSIE SO SAL MAAR SIEN OF DAAR IETS VAN GAAN KOM, DALK MOET JULLE ALMAL DIT OOK DOEN

Dirk Breytenbach ·

Johannes ek stel voor jy lees bietjie op oor Afrikaner organisasies in die land.
Menseregte – Afriforum
Werkersregte – Solidariteit
Sakeregte – Sakeliga
Politieke minderheidsregte – VF+
Burgerlike beskerming – Suidlanders

As jy ‘n kort studie oor die bogenoemde onderneem sal jy vind dat alles fasette van ons samelewing gedek word.

Die gesanik oor ‘n saamstanery deur sekere randeiers verwar gewone leke soos ek en jy. Neem deel en jy sal beter voel.

Johannes ·

Hi Dirk, dankie vir jou antwoord. Ek is bewus van hierdie organisasies en wat hulle doen – ek is ‘n lid van AfriForum en Solidariteit en steun enige van die ander organisasies ook genoem. Al hierdie organisasies doen puik werk en ek steun dit.
My bekommernis is dat ons steeds in afsonderlike groeperings funksioneer. Het dit nie tyd geword om al hierdie organisasies (en ander ook) bymekaar te kry en een beweging of organisasie te vorm nie? Een beweging met ‘n gemeenskaplike doel, gemeenstlike askieplanne, een leierskap struktuur?
Ek weet nie, dit voel net vir my ons is ernstig gedisorganiseerd terwyl groot moeilikheid aan die broei is. Of droom ek nou? Ek weet net mooi niks van oorlog af, maar vir my is hier al hoe meer gevaartekens – al hoe meer opruiende en haatdraende oproepe om blankes te vermoor, die regering wat al hoe meer apaties raak – behalwe om meer wetgewing in plek te stel wat die Afrikaner vervreem en onteien, meer dissosiasie tussen die regering en die bevolking?
Ek wil verseker nie ‘n oorlog sien nie, maar heng, as dit moet kom wat kan ons doen anders as om ten minste beter voorbereid te wees?

Jeremia ·

Saterdag het ek in ‘n winkel beleef hoe opgestook die swartes teen blankes is.
Alles wat nie na hulle sin verloop nie word omskep in ‘n rassekwessie.
So kry apartheid die skuld vir alles.
Iemand en iets moet die blaam kry vir die grootskaalse mislukking van nog ‘n Afrika staat. In ‘n bestek van 24 jaar is alles verwoes in Suid-Afrika. En die IMF sal seker later die bestuur moet oorneem want die ekonomie is chaoties. Grondonteiening sal sorg vir die spyker in die doodskis.

sinies ·

Rabble rouser par excellence! Die NVG sal hom NOOIT vervolg nie!

Johan ·

Moenie die stilte van die witman verwar met swakheid nie! Die smeulende dier binne die witman is besig om wakker te word.

Wanneer God se soldate op hul knee staan is die oorlog nie oor nie…..dit gaan nou eers begin.

Hier is GEEN vreedsame omdraai punt in die land se toekoms wat dinge weer kan normaliseer nie……slegs n kort wreedagtige oorlog of lang uitmergelende ekonomiese ineenstorting waar almal van voedsel tekorte uitsterf…

Ons maar kyk wat gebeur eerste… en wie oorleef.

Verseker weet ek ons gaan tog almal eendag sterf.

Kobus ·

Die VF+ doen ten minste iets, die DA is doodstil. Dink maar mooi as julle jou kruisie trek volgende jaar.

Suretha Van der Merwe ·

Ek stem 100% saam met jou! Die enigste manier hoe ons van hierdie gevalle sal ontslae raak is deur die VF Plus sterker te maak die komende Nasionale Verkiesing! #StembeslisVFPlus

Jerry ·

Die enigste persoon wat swartmense se haatlike houding teenoor witmense kan stopsit en witmense beskerm teen EFF en BLF idees is die magshebber van die dag, nl CR. Dit kan gebeur mits witmense versoen. Die DA kan witmense nie beskerm nie, Cope kan nie, VF kan nie en nog minder AfriForum wat die vuur van die ander kant af, stook. Hoeveel witkruise is tydens AfriForum se waak reeds geplant! Witmense gaan lelik ontnugter word as hulle nie met CR versoen nie. Julle hoef nie vir hom te stem nie, versoen net en vra beskerming en kry dit agter die rug!

Lafras Cuyper ·

En hoe Jerry, is ons veronderstel om met CR te versoen? Wat bedoel jy eintlik? Meeste wit mense wil net in vrede leef, en met hulle lewens aangaan. Ek dink die onversoenbaarheid kom van CR met sy ANC regering. As die regering en die polisie van hierdie land nog ‘n greintjie van eerbaarheid gehad het, sou hulle hierdie kwaadsteker lankal gearresteer het.
Kan jy jou indink wat sou gebeur het as ‘n wit persoon voor ‘n groot gehoor geskree het “Vir elke wit boer wat vermoor word, sal ons 5 swartes vermoor, hulle vrouens en hulle kinders, selfs hulle honde?” Ek dink nie hy sou sy voete van die verhoog af gehad het nie, dan was hy al in boeie.

Staak saam ·

Die befaamde woorde van die joiners so reg uit ons geskiedenis, Jan Smits, is ek reg???

Ja Nee ·

Jerry stop asb want jy praat nou geheel en al twak. Jy is welkom om met CR te versoen en n onderdaan te wees van swart onderdrukking, daar is Baie van ons wat nie net sal sit en wag nie…..

Vryheid ·

Jerry bly tog stil, jy is welkom om met CR te versoen. Nie ons nie!

George Pelser ·

Nee wat,versoen jy maar gerus. Ek sal nooit. Dit wat nou in die land aangaan kan ek my op geen manier ooit mee versoen nie. Wat jy wel kan seker van wees is dat die finale groot stryd nie nog kom nie maar reeds hier is en in alle felheid gaan toeneem. Dis vir elke ou om te besluit of hy gaan veg of vlug. Dis die enigste keuse.Daar is geen ander. Al wat oorbly is om so bes moontlik voor te berei en op ons kniee te smeek vir Sy hulp,by Hom skuil ons al meer as 350 jaar en deur Sy Genade is ons is steeds hier. Stryd en opoffering asook smart en swaarkry is in ons DNA. Dalk het dit vir te lank te goed met ons gegaan………

Abe ·

Renoir,
Moenie die naam gebruik wat die vyand vir die land gegee het nie. Suid- Afrika is geen Azania nie!

Abe ·

Renoir,
Sodra jy daardie naam vir ons land gebruik, skaar jy jou by diegene wat daardie naam gekies het! My land is geen Azania nie!

Irene ·

Ai tog al hierdie negatiewe nuus wat ons moet lees om mekaar net dood te maak
Ek is wit en het nog nooit gedink of gehoor wit manse wil swart mense dood maak nie

Tik tok tik tok ·

So Jul sê leë blikke maak groot geraas
As julle wakker skrik is jou koffie koud
Damn dit is dan wat hul elke dag en elke nag doen
Afriforum wat gaan julle doen, weer saak teen hom maak en dan kom saak oor 5 maade voor en word uit hof gegooi
Ek bid want net GOD alleen sal weet wat Hy vir ons beplan en het GOD nie gesorg dat sy soldate wapens het nie
So ek het nie wapens nie maar 1st wat voor my lê gaan ek try gebruik
Of dalk nie want ek is maar n banggat en vrou alleen
ASB my mense ASB ons moet paraat wees
AMEN

benaYaHU ·

@Tik tok tik tok
Weet nie of hierdie kommentaar geplaas sal word, ons kyk..
Ek val nie aan, ek gee advies, en jy en al die ander kan dit afjak en ignoreer, of dieper navors en in nederige berou terugdraai..
Die term ‘god’ is ‘n TITEL, en beslis nie die Skepper se ware NAAM nie!
Die s.g. “amen” is BESLIS nie ‘n term waarmee jy enige gebed wil afsluit; dit beteken GLAD nie wat jy dink of aan jou voorgehou is/word.

Dus, totdat hierdie volk nie waarlik berou toon en in nederige erkentlikheid omkeer/terugkeer na die Skepper en Sy Verlosser (en dis BESLIS nie die ‘j-man’ figuur nie), sal daar inteendeel niks verander, maar SAL Sy oordeel realiseer!
En nee, geen-een van die s.g. ‘Afrikane organisasies’ sal jou red of verlos nie..

En soos ek ek skryf .. lag dit af, soos meeste maar te maklik doen, of bewys wat ek skryf vir jouself, en jy Ontvang die ENIGSTE Beskerming – die vir Sy MalkiTsadik priesterskap..
Shalom!

PJC ·

Hierdie moorde op witmense gebeur reeds jare lank en nog steeds is mense nie paraat nie. Mense glo doodeenvoudig nie dat hulle in gevaar verkeer nie en maak dit af as regse propoganda. Dit wil voorkom of mense eers wakker skrik as iemand binne hulle eie familie of vriendekring aangeval of vermoor word en intussen styg die moordsyfer op blankes daagliks. Ek weet nie eintlik wat ń mens nog moet doen om mense se oë te laat oopgaan en op te hou om hulle ore uit te leen vir die liberaliste nie en die wat te kenne wil gee CR sal iets vir die wittes doen is doodeenvoudig besig om mense te bedrieg.

Johannes ·

Interessant dat die links-liberale News 24 geen berigewing hieroor doen nie? Nog ‘n verskuilde teken van groot moeilikheid wat aan die kom is?

lewies ·

Ons moet met waardigheid en morele hoegrond behou. Uiteindelike oorwinning le daarin opgesluit.

Johannes ·

lewies, dit is sekerlik waar, maar onthou, op ‘n stadium MOES die Boere maar hulle gewere met waardigheid vashou en van ‘n morele hoëgrond af skiet om te oorleef!

Andrea ·

Ek dink nie dit gaan enigsins n aks beteken nie! Jy kan nogsteeds vermoor word al behou jy jou hoë grond met waardigheid.

ChrisE ·

Ek is verbaas oor die getal kommentare wat reeds geplaas is. Ek steur my nie aan sulke snert nie. Ek doen ‘n beroep op ons blankes om asseblief tog nie daarop te reageer nie. Daar is ‘n groot verskil tussen praat en doen. Die man het duidelik nog nie dood in die oë gestaar nie. As hy so aanhou gaan hy dit moontlik gouer doen as wat hy verwag.

Lizette ·

Hoekom wil hulle ons troeteldiere vermoor?! Hoekom soek hy 50 000 soldate om ons dood te maak?

Gerda ·

Lizette…Hulle almal werk saam vir SATAN…die vuilgoed…Hy moet probeer aan my honde kinderjies vat……@&#

Michael ·

Wanneer gaan die mense begin werk. en iets vir die samelewing doen en waar kry hulle geld om niks te doen nie net afbreek en snert praat heel dag.

andre ·

black first land first….Maasdorp waar pas jy in…jys nie black nie

AP ·

Andile jou rassis! Skaam jou! Hier is nog mense in hierdie land wat dit wil laat werk, wat soort mens is jy wat soveel haat teenoor kindertjies en hulle diertjies uitspreek.

Soek 'n stoel in die Parlement ·

Daar is a seesponse met beter strategiese vermoëns……

Jeremia ·

Een ding is baie-baie seker – as ek al hierdie blatante haatspraak kwytgeraak het op ‘n verhoog het ek tjoef tjaf sommer nog dieselfe dag in die tjoekie geslaap.
Sekere mediagroepe se nuusblaaie en sosiale media sou gesorg het dat ek vir maande ‘n opperste muishond is.
En hulle sou my natuurlik vergelyk het met ander muishonde in hulle skewe siening van die geskiedenis (Afrika, Suid-Afrika en internasionaal. En dan sou die howe wag en natuurlik ‘n buitengewone swaar straf om te wys wie swaai die septer.
Terloops – nou die dag het ek wéér probeer oplees hoeveel miljoen Russe op verskillende wyses deur Stalin laat vermoor het. Dit is miljoene. Hongerte en ontbering het ‘n groot gros van hierdie Russe se lewens geëis.
En indien daar diegene is wat illusies koester oor sg. kommunisme, gaan lees oor die wreedaard, Mao-TseTung. Onder hom het die Chinese onder andere weens hongersnood omgekom.
Dis ons voorland indien hierdie grondgrypers en hul kaders finaal toesak.

Melanie ·

Hy bedoel elke woord wat hy sê is my opinie en hy moet swaar gestraf word,hoekom nou Rupert gebruik vir sy rassehaat?

Faan ·

Luister na die applous…nie meer as 20 mense nie en glad nie entoesiasties nie. Die Guptas was die man se bron van inkomste en skielik is dit afgesny. Hy se self…”ek is terug” . Wat hy nie se nie is dat hy ondersteuners soek…. want hy wil parlement toe gaan soos hy self se….dan is dit net een groot lekker lang vakansie…..
Laat die man praat….hy begrawe homself met sy los praatjies.

Werner ·

Jerry jy droom wilde drome ou maat jy kan nie yster en klei meng nie

Vita ·

As die man nie die Here Jesus nie as Verlosser aanneem nie is sy voorland die hel,en daar kan hy nie staak nie of oproer veroorsaak nie,bid vir hom dat die Here Jesus kan ontmoet,God se genade is ook vir hom,Die Here Jesus het hom ook lief,so bid dat hy hom kan bekeer,✝️

Danie ·

Ek verneem hy soek 50 000 Impi’s om hom te help. Ai tog, as dit gebeur gaan ons tot sononder op dag een van die veldslag besig bly ??

Afrikaan ·

Hierdie gek se bek is groot en moet so gou moontlik toegeklap word. As die eerste skoot val waarborg ek hy maak sy broek nat en hardloop vir skuiling. Maar nieteenstaande moet ons nie hierdie uitlatings lig opneem nie. Hy is ernstig (insoverre ‘n breindooie dit kan wees) en so moet ons wittes ook wees. Wees wakker!! Waar is ons leiers?? Soos ‘n bekende prediker sê: ” It’s time”.

Neels ·

Mens kon sê Bull Sh!t baffles Brains, maar nou IS daar nie breins nie …..

Koos ·

Dankie Daan Erasmus, jy praat waar, n klomp afrikaners met n klomp groot monde, behoort nie eers aan afriforum nie, skande, hahahaha

Koos de Meyer. ·

Al wat ek sê, ons moet paraat wees24/7. Die klomp is lafaards. As die eerste een val hardloop hulle. Ek sal my gesin beskerm ten alle koste.

Nico du Preez. ·

Dit is nie haatspraak nie,, dit is n oorlogsverklaring.

Johan ·

SI VIS PACEM PARA BELLUM
If you want peace, prepare for war

Jerry ·

Andile die akteur en Staak saam het iets in gemeen. Beide van hulle is nie joiners soos wat Jan Smuts was nie!

Lorinda de Jager ·

Soesie ek het gaan kyk na die link wat jy gedeel het. Wat wil daai mense met bv my id nommer maak? Dit laat my wonder wat hul met my inligting maak en aan wie hul my persoonlike inligting uitdeel….. dis nou nie asof mens hul 100% kan vertrou nie?

Gerhardus Swanepoel ·

Andile, you say in public that you will kill 5 innocent whites for every black that is killed by taxi operators. Well then we will retaliate in a way you will never forget in your lifetime…. You will just see what happens!!! Be very afraid!!! This is not a threat!!! Just take note!!!

Tikkel tokkel ·

Ek is genoeg gedreig. Neem nou kennis en glo hulle. Mense moet inskakel en organiseer.

Hy is EFF se Maatjie ·

Hoe sou my oorlede broer se….HKGK!! Nou ja hy draai seker in sy graf om…sou verseker n paar van hulle reg @$#&% soos ek hom onthou het, want hy sou altyd se hulle word gebore sonder “Brains” dink ek verstaan nou wat hy al die jare bedoel het..dit speel nou daagliks voor ons af!!

Jerry ·

Of jy nou voorberei vir oorlog of nie, die boosheid wat in SA aan die werk is, gaan uiteindelik nie net witmense verswelg nie, dit gaan almal en alles verswelg! Dit is soos brandewyn, dit het nie brieke nie!

Jeremia ·

Diegene wat oorspronklik die woord, Azania, uitgedink het, is net so hiperintelligent as die karakters wat oorlog aanstig.
Of diegene wat Jannie Smuts praatjies verkondig.
Gaan kyk gerus wat beteken die woord,
As ek my nie sleg verbeel nie dan het dit ‘n Arabiese betekenis. Net soos Zanzibar waarvandaan die Arabiere baie bedrywig was met een van hul hoof bedrywe in Afrika.
Die Engelse uitdrukking is: “Ignorance is bliss”. Maar eintlik is “ignorance dangerous”. Dink maar aan die verwoesting wat hier te lande en elders aan die gang is.

Wie laaste lag... ·

Die ironie is as die Malemas, Shivambu’s en Andiles hulle oë uitvee en hulle uiteindelik alleen op die soustrein is (dis nou as hulle genoeg haat kon stook en rassisme kan verkwansel vir stemme en die Wittes òf uitgemoor òf verdryf is) gaan hulle met ‘n skok agterkom, dat dít waarvoor hulle, hulle tande slyp, reeds aan China behoort (met dank aan die kaders van die ANC). Ware kommunisme is baie minder verdraagsaam as apartheid…..die groot vingerswaaiers en opstokers gaan nog leer hoe hard daai hamer en sekel agter op ‘n man se nek afkom.

honourable member ·

TRONK TOE !!!!!!!! Die reel moet mos vir almal geld wat sulke snert praat!!!!~

Adrian ·

Die vraag is : wie finansier die organisasie hul groei by die dag want die geluide klink reg ek reken dit moet n buitelandse organisaie wees dalk guptas of robin redwick uit london ( watt eff steun) kan iemand ons inlig. Hier is meer as net die haatspraak

AMS ·

Sal interessant wees om te sien om te sien hoe die regerende party hierdie geval gaan hanteer. Gebruik ‘n wit mens net die K-woord is die hele wêreld en sy boetie op die persoon en dis boetes en tronksake. Maar ‘n oproep om moord te pleeg word net as “ag dis maar net pratery” afgemaak. En dis of die regering en die organisasies wat as waghond aangestel is vir sulke gevalle te bang is om iets te doen. Dalk omdat dit een van hulle eie mense is?

Kosie ·

Mense maak julle gereed.Praatjies maak gaatjies.Ek weet wat ek gaan doen en dis om my en my geliefdes gereed te kry vir oorlog.Hier kom n ding.Te veel blankes wat hulle stemme dik maak maar geensins oorgaan tot aksie nie.En dan nog diegene wat bybel kwoteer.Geen oorlog kan gewen word sonder strategie beraadslaging en bewapening nie.Maak julleself gereed.God gaan nie vir ons veg nie maar Hy sal ons wel lei as ons ons ore oopmaak en luister en onsself gereed maak.Kry huĺle uit jou tuine en kombuise uit want dis waar hulle eerste gaan toeslaan

Cobus Snyman ·

Ek is ‘n afrikaner wat jammer is oor die vlak van misdaad in ons land. Lees al hierdie praat van planne maak en oorlog maak . Eerstens is julle erenstig ………….behalwe van die onpraktiese kant van so iets het julle werklik na die gevolge van so a stap.

Vra myself altyd wat dink hierdie mense kan hulle nie sien die oplossing is so duidelik.Die oplossing is ongeukkig nie om oorlog te maak nie of vir ,n regse party te stem nie (alhowel ek graag sou wou as daar n kans was dit hulle genoeg steun het nie ons is te min en moet ander plan maak)

Ek weet ek gaan baie opposisie kry maar die enigste uitweg vir die wittes is om die D A testem en dan laat die VV plus saam n kolisie vorm laat hulle dalk genoeg stemme kry om te regeer.Die DA het baie goeie demokratiese beleid en doen baie om ons land in die regte rigting sal stuur

Dis die enigste werkbare oplossing …sal daar nog probleme wees,… natuurlik maar net deur dit werk kla en skaaf want die EEF en BLK sal nog daar wees maar dit sal nie na verwoesting en bankrotskap toe lei nie …hou op oorlog maak of trek na n ander land toe ons kan dit reg kry hier in ons land …wil nie land verwoes nie …se maar net dink mense ???????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.