Video: Blink toekoms wink vir Akademia

akademia-gradeplegtigheid-2017-04-07

Van die studente wat in April 2017 van Akademia se eerste grade ontvang het. (Foto: Jhua-nine Wyrley-Brich/Forumnuus.)

Akademia gaan in 2021 met ʼn kampusmodel vir heeltydse studie in Centurion, suid van Pretoria begin, waar hy nege grade in verskeie studierigtings gaan aanbied.

Dit is ʼn groot aanvulling tot die reeds suksesvolle na-uurse model wat van gevorderde tegnologie gebruik maak om klasse in sentrums in Suid-Afrika en Windhoek, Namibië, aan te bied.

“Daar is ʼn reusebehoefte by, veral skoolverlaters, vir ʼn heeltydse, veilige en vriendelike kampusmodel waar daar kontak is met dosente, waar waardes oorgedra word en ʼn studentelewe deel van die vorming van ʼn student uitmaak,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.

Daarom word daar Vrydag meer oor hierdie opwindende fase van die private Afrikaanse hoëronderwysinstelling aangekondig. Die sluier word hier ook gelig oor die instelling se verder toekomsplanne, insluitende tientalle nuwe grade en ʼn groot kampus wat vir sowat 5 000 voltydse en 10 000 na-uurse studente gebou gaan word.

Volg die regstreekse uitsending van die mediakonferensie oor Akademia se nuwe kampus hier:

Mediakonferensie oor die Akademia-kampus

Planne word onthul oor die nuwe Akademia-kampus.

Posted by Akademia on Friday, June 5, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael 1 ·

Dit is hoe jy n volk bemagtig ongelukkig het die volk nie n land waar hulle hulself kan regeer nie en moet hulle nogsteeds diskriminasie ervaar in n land waar hulle gebore is en bygesê na die val van die sogenaamde apartheid.

Bill ·

Baie moooi. Hulle gaan vra? WAAR IS ONS. Ons sal soos altyd weer en weer die beste word. Amen

Wielspore ·

Om die toekoms van onderdrukte mense te verseker skep jou eie infrastruktuur om jou mense die beste opleiding te verskaf. Dit is wat hier gebeur, hou so aan en mense wat nog nie lede is van Solidariteit of Afriforum, sluit aan en belê in die toekoms van Afrikaans.

Isabella ·

Ek en my seun ht n maand terug aangesluit en probeer soveel mense werf om ook aante sluit hul is ons redding en hulp om ons eie mense nou by te staan en n beter kans op die toekoms te gee

JohanR ·

Mooi soe. Die Afrikaner maak weer ‘n plan, en die regering is nie gelukkig nie. Hopelik sal ons hulle die 99’ers kan noem, en nie die die 30’stes nie? In SA stel Solidariteit en AfriForum die voorbeeld van hoe ‘n land kan regeer word.

Magda ·

Uitstekend – nou kan daar nie meer afgebrand en vernietig word as julle / hulle nie hul sin kry nie. Betaal eers en dan leer jy – Dit is hoe dit van nou af gedoen moet word.

Jaco ·

hoe kom akademia verby regstellende aksie en BEE? Alle besighede in SA is tog onderworpe daaraan. as ‘n besigheid se omset bo ‘n sekere bedrag per jaar is, moet regstellende aksie en BEE toegepas word. As ‘n besigheid se aantal personeel ‘n sekere getal oorskry, moet regstellende aksie en BEE ook toegepas word.
Ek het hierdie vraaag al ‘n paar maal op Maroela gevra. Eks of afgeskiet of my kommentaar/vraag is verwyder. Ek vra dit nie om rassisties of lelik of neerhalend te wees nie. Ek wil net graag weet:
hoe kom Akademia by regstellende aksie en BEE verby?

Michael 1 ·

Die organisasie wil studente bemagtig nie besigheid doen met die regering nie hoekom sal hulle aan die die diskriminerende wette wil voldoen

Jaco ·

eks seker daarvan dat mens mense nie aan ‘n wet wil voldoen nie, maar daaraan moet voldoen. net omdat n wet diskrimineer, kan jy dit mos nie sommer net verontagsaam nie.

Adam ·

Wonderlike inisiatief en mag julle van krag tot krag gaan. Ons in die Wes-Kaap is reg vir julle tweede voltydse kampus.

Japie ·

Die beteken niks sonder dat die kwessie van selfbesikking vir die Afrikaner eers aangespreek is nie. Solidariteit and Afriforum het al 25 jaar in tyd en baie miljoene rand gemors met hulle projekte wat niks met die oorlewing van die Afrikaner te doen het nie. Baie van die studente wat by Akademia opgelei word sal oor n klompie jare die goeie opleiding wat hulle by Akademia ontvang het in die buiteland gaan aanwend. Hier is my eie seun wat ons baie suksesvolle besigheid moet oorneem. Afrikaner in hart en siel – dra by tot Afriforum en hoogs gekwalifiseerd. Pa se hy vir my verlede week “Ek het n 3 jaar residensiele visum vir Nederland gekry en oorweeg om dit te aanvaar. Hier is nie n toekoms vir die Afrikaner nie” Flip Buys dink jy hy gaan oor 3 jaar terug kom Suid Afrika toe? . Die prioriteit moet op selfbeskikking wees. Internationaliseer die Afrikaner se stryd vir selfbeskikking. Maak kantore oop in die buiteland ens. Ek weet dit is makliker gese as gedoen

Cabytheron ·

Dit is wonderlik! Ongelukkig is dit net mense wat dit kan bekostig en daar is nie plek vir jongmense wat nie werk of geld het nie. My kind het B.com rek by Kovsies geswot en moes na sy pa se dood in sy twede jaar opskop. Daar was net nooit weer ‘n geleentheid nie en studeer sal maar net ‘n droom bly. Hiermee sê ek nie dat dit nié die moeite werd is nie. As ek dit kon bekostig, sou my kind beslis daar gaan studeer het. Welgedaan, doen so voort.

Jack ·

Ek vertrou dat die anc nie reeds besig is om die planne as rassisties te merk en ongrondwetlik gaan probeer verklaar nie. Ek weet egter die afrikaner is reg vir die geveg want ons is gatvol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.