[Video] Bloed spat toe hy bal vir R1 m. by krieket vang

catch-a-millionLouwrens Engelbrecht (23) het Dinsdag vir homself ’n aandeel in R1 miljoen verseker deur ’n vangskoot met een hand in die paviljoen tydens die T20-wedstryd tussen die Warriors en die Highveld Lions in Port Elizabeth.

“Dit was so ʼn lekker vangs en ek is so bly ek het vasgehou,” het Engelbrecht gesê. “Die geld is nie so belangrik nie as om deel te wees van die kompetisie en om op TV te wees.” Engelbrecht het geduik om Rassie van Dussen se ses met een hand te vang.

Engelbrecht het egter meer as net ʼn bal en ʼn aandeel in die R1 miljoen gekry toe hy en ʼn medetoeskouer gebots het in ʼn poging om die bal te vang. Engelbrecht het bloed op sy gesig gehad ná die vangskoot. “Ek het basies reeds die bal gevang, maar ʼn ander ou wat ook gehardloop het om die bal te vang was kort agter my en my kop het hom teen die neus getref.”

Engelbrecht, ʼn gesondheids- en veiligheidsbeampte in die petrochemiese bedryf, besoek St. George’s Park in Port Elizabeth gereeld. “Ek het dit al op TV gesien, maar nog nooit die geleentheid gehad om so iets te doen nie. Dit het my aand gemaak.”

Engelbrecht sluit nou by Arno Kotze, Brian van Rooyen, Samuel Fortein en Lihlumile Vabaza aan vir ʼn aandeel in die R1 miljoen-prysgeld. Daar is nog een kans vir iemand om ook in die boerpot te deel wanneer die T20-finaal Vrydag in Centurion gespeel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tjert ·

Wys jou nou net….beste spelers(op vorm) sit WEL soms langs die veld☺. Lat mens nou moet koppe stamp oor ‘n bol… Skote Petoors!!! Vertrou jy kry jou “share” Lourens…so vangskoot kan doen met ‘n miljoen!!!

Scalla ·

Mooi Louwrens, daai bietjie bloed was die moeite werd, wil jy jou nie beskikbaar stel vir die volgende game nie, ek reken jy kwalifiseer

Louwrens ·

Dankie Scalla ja die kopseer was wel die moeite werd gewees… Maar die vang skoot self is vir my die beste gevoel en natuurlik gaan die geld net help maar die snytjie op my kop is slegs 1cm lank.. dis maar net n kopwond bloei wild en lyk verskriklik haha

Yvonne ·

Waaar is die video clip, hy se “The Media could not be played”???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.