Video: Bloemfontein-plaasaanval verfilm; beloning word aangebied

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die video volg onderaan die berig.

Jeremy Berlyn, ʼn 34-jarige boer van die Bainsvlei-omgewing buite Bloemfontein, loof ʼn beloning uit aan enigiemand wat inligting kan verskaf wat tot die inhegtenisneming van sy gesin se plaasaanvallers kan lei.

Berlyn het Woensdag ʼn video van die plaasaanval, wat op 19 Februarie omstreeks 19:00 plaasgevind het, aan die media bekend gemaak.

Leon Rossouw, ʼn privaatspeurder van Bloemfontein wat Berlyn bystaan om die aanvallers aan te keer, het Woensdag aan Maroela Media gesê Berlyn het ʼn kringtelevisiestelsel by sy plaashuis aangebring nadat daar reeds twee keer vanjaar by die huis ingebreek is terwyl die gesin nie tuis was nie. “Die plaasaanval is die derde traumatiese ervaring wat die gesin moes deurgaan,” het Rossouw gesê.

Berlyn het Rossouw aangestel in ʼn desperate poging om die aanvallers aan te keer, want hulle vermoed dat die huisbrake verband hou met die aanval.

“As ʼn mens na die video kyk, kan mens sien een van die mans is die leier,” verduidelik Rossouw. “Dit wil ook voorkom of hy die uitleg van die huis baie goed ken. Iets wat nie op die video vertoon word nie, is dat die groep mans al sedert 18:30 vanuit ʼn koppie die huis dopgehou het, so hulle was bewus van die beweging in die huis.” Rossouw sê Berlyn wil ook die motief van die aanval uitvind, aangesien die aanvallers spesifiek vir hom gevra het. Hy was saam met sy jongste seun in ʼn spaarkamer besig om huiswerk te doen, toe die aanvallers toegeslaan het. Berlyn het hom en sy seun beveilig en in die kamer toegesluit.

Rossouw sê hy is tans besig om verskeie leidrade op te volg. Hy vermoed die aanvallers is moontlik van Lesotho en hulle was glad nie professioneel nie. “Wat ook opmerklik is, is dat hulle baie goed geklee was, en netjies voorgekom het.”

Berlyn se kinders en hul ouma, Stephanie Berly (53), ontvang berading. Rossouw het ook gesê Berlyn is besig om voorsorgmaatreëls te tref om sy huis beter te beveilig.

Enigeen met inligting kan Rossouw by 083 410 0900 bel. Die Bloemfontein-polisie se georganiseerdemisdaad-eenheid ondersoek ook die voorval.

Die insetsel van die voorval is deur Volksblad vervaardig en op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nuus_Leser ·

Dit is skokkend en so hartseer om te sien, en daarvan te lees. Ek is net dankbaar dat niemand van die Berlyn familie leed aangedoen is nie.

Danielle ·

Voorspoed met die soektog meneer Rossouw. Mens kan net dankbaar wees daar was geen lewensverlies, maar die trauma verbonde aan so insident bly mens lewenslank by.

Elize Coetzee ·

Kellies omdat dit hulle plaas is en niemand behoort daar te wees sonder toestemming!!!! Moet mens jou kind nou sit en leer met n hele vrag wapens langs jou. Vandag is als wat reg is verkeerd en wat verkeerd is reg!!! Net GOD kan mens staande hou! Sterkte aan hierdie familie. Ons bid vir julle.

Valerie Dorfling ·

Ek het my huis beveilig met “beams”. So die alarm gaan af sodra hulle binne die erf kom.

Petrus Foffiekeker ·

So waar is die sogenaamde marteling en bloedvergieting wat kwansuis saam met elke liewe plaasaanval gepaard gaan?

Desire ·

Petrus jou kop raas as dit jou familie was wat daai trama moes deurgaan wil ek graag gehoor het wat jy sou se

Mourning Democracy ·

Waarom, waarom, waarom staan die huis se deur oop? Dis nie asof dit die eerste keer is dat dit gebeur nie. As mens jou deur wil ooplos, plaas movement detectors in die agterplaas, sodat jy weet as iets daar beweeg. Ek skat nou sal hulle dit regstel. Die kameras was ‘n baie goeie byvoeging to die huisraad.

alice du plooy ·

Alles wat 20 jaar terug gebeur het was die ou bekende naam:-Regeem nou het hul dit die naam ook verander:- Neemreg!!!:-wonder wat die koste daaraan verbonde mag “is.”..wat “is” was!! waar ? pas dit nou in,alles is korup & nagal slim een- daai ene, Aan ; Berlyn gesin’ in gebed’ glo Ek Ons Almagtige Vader het jul in sy Veilige Bewaar, Ons dank Hom in die naam van Jesus, Dankie daar voor liewe Heer, Amen

noellene ·

wat is okay daaraan dat jy nie meer veilig in jou ei

e privaatheid van rus en vrede kan wees nie…!!!! jou huis word n kasalm !!!!!!!

voorspoed met die ondersoek – mag dit n voorbeeld word vir die volgende skenders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.