Video: ‘Boelie’-meisie aangekla; nóg ʼn video sien die lig

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die 15-jarige meisie wat glo ʼn ander meisie aangerand het tydens ʼn boelie-voorval wat op video vasgelê is, verskyn Woensdag in die hof.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn aanklag van aanranding is teen die meisie aanhangig gemaak en dat sy Woensdag in die Stellenbosch-landdroshof sal verskyn.

Maroela Media het Maandag berig oor die video wat op sosiale media versprei word. Dit wys hoe ʼn meisie ʼn ander meisie se kop teen haar knie slaan, dan haar hare trek en haar ook in die gesig klap. Die Wes-Kaapse departement van onderwys het gesê ʼn distriksdirekteur van die departement het Maandag die Hoërskool Luckhoff in Idasvallei, Stellenbosch, besoek nadat die video aan die lig gekom het.

Jessica Shelver, woordvoerder van die departement, het vroeër gesê ʼn dissiplinêre verhoor is vir 8 Desember geskeduleer. “Die ouers van die boelie het haar intussen vrywilliglik uit die skool gehaal. Die dissiplinêre verhoor sal egter voortgaan.”

Intussen het nog ʼn video aan die lig gekom van nóg ʼn beweerde boelie-voorval by dieselfde skool. Die video wys hoe ʼn meisie ʼn ander meisie aan haar klere gryp en haar dan herhaaldelik teen haar kop slaan en rondruk.

Volgens Shelver vergader die departement se distriksdirekteur en nog lede vandag om 13:00 met die bestuur van die skool. Sy het gesê hulle sal ná afloop van die vergadering verdere besonderhede oor die jongste voorval bekend maak.

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys het die skool reeds vroeër opdrag gegee om van die begin van volgende jaar af teen-boelie-programme aan te bied.

Shelver het ʼn beroep gedoen op alle ouers en leerders om onmiddellik enige vorm van boeliery by skole aan te meld by 0800 45 46 47.

Waarskuwing: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Buitestander ·

Die opvoeding van vandag se kinders laat weel te wense oor.
Nou is die roede van die skole ontneem. Waar gaan dit alles eindig?

MCS ·

Lyk my daai skool bied sumo stoeie vir dogters aan. Hulle lyk of hul presies weet hoe om tebaklei! Die ouers het ook duidelik in hul opvoedings taak misluk. Seker die dogters het gehoorsame ouers anders loop hul ook deur!

Lynnette ·

Ek moet darem uitvind my kind word so rond geruk en geboelie. Ek klim in my kar en ry na die ouers toe en gee die ouers ‘n paar boelie klappe. En vra my my kind om dit met sy foon af te neem en versprei dit oral by die skool hoe word ‘n boelie se slaggat ouers rond geruk!!

Kiepie ·

Lynnette, dit is dalk houdings en gedrag soos dit wat jy openbaar wat in die eerste plek vir die kinders in hierdie video’s die voorbeeld gestel het dat alles met geweld reggetimmer kan/moet word. Jy kan nie ordentlikheid en selfbeheersing van ander vereis as jy dit duidelik nie self kan toepas nie. Dis reg, dit is ons as ouers se primêre verantwoordelikheid om ons kinders te beskerm en veilig te hou, maar kort op sy hakke is die verantwoordelikheid om jou kinders op te voed en te leer/wys dat al is dit ook hoe moeilik, jy somtyds selfbeheersing moet toepas en dinge op die regte/beskaafde manier op te los (in hierdie geval om die saak by die polisie aan te gee en die reg sy gang te laat gaan).

Laurika ·

Ek is jammer, maar ek stem saam Lynette. Mense kom met moord weg deesdae. Die boelie is 15 jaar oud. By die hof en die skool gaan sy ‘n “peptalk” kry en dit als waai oor. By die skool gaan dinge net aan soos altyd en die volgende kind word geboelie. As dit my kind was wat deur geloop het onder so ‘n boelie, sou ek ook nie verantwoordelik gehou kon word vir my aksies nie.

Magda ·

Dankie vir die ouers wat die aanranding saak gaan maak het! Daai skool het ‘n problem en lyk nie of die skoolhoof regtig omgee nie.

Yolandi ·

Hoekom word hulle gesigte verbloem?? As hulle soos boelies en kriminele wil terkere gaan kan ons mos maar sien wie hulle is… Net omdat hulle minderjarig is word hulle beskerm maar die kinders moan dat hulle soos groot mense behandel moet word – so straf hulle dan soos grootmense…

Johan ·

Ek wil n uitdaging rig aan die ouers van die 15 jarige meisie, wat Woensdag in die hof moet verskyn, om te reageer op die berig hierbo as hulle enigsins die moed het.

Ek sal baie graag wil hoor hoe hulle hulle dogter se optrede wil verdedig of veroordeel.

anoniem ·

hou net op om die kind se ma so uit mekaar te skeur sy moet met dit deal op haar eie
en wie is ons om te oordeel is ons kinders dan volmaak of is ons volmaak
laat die gereg nou sy gang gaan en aan die kind se ma GOD SAL HOM SKAAR BY JOU
jy stuur nie jou kind vir enige iets anders om te gaan leer op skool nie

STERKTE

Jaques ·

Ek het net vandag begin kyk na Judo klasse in ons omgewing. Ek gaan nie toelaat dat my dogtertjie so rondgeruk word nie.
Met Judo leer jy jouself verdedig meer as om te baklei – gebuik nie opponenet se “move” teen hom en druk hom/haar teen die grond vas.

Pietser ·

Nee wat, Judo beteken nie veel nie. My neef het provinsiale kleure in Judo gehad toe ons nog op skool was. Ek het hom op ‘n dag lekker opgevoeter met sy judo en al. LOL

Lienkie ·

Die boelie is soveel groter as die ander kind, sies man!!

vytjie ·

Dis een woord VIESLIK!!! Dit spreek boekdele hoe dit in daai bakleier se huishouding gaan

Berns ·

Ek was self geboelie op skool. Weet hoe dit voel. As ek eendag moet uitvind my kind het n ander kind geboelie is daar moeilikheid. Natuurlik as my kind geboelie word sal daar net so groot moeilikheid wees.

Vriendinnetjie ·

Ek was ook geboelie, en al twee my boelies het in die jare na skool selfmoord gepleeg.

Theresa ·

Kyk te veel TV en dink dis ok om so op te tree. Dis ongelooflik raserig in daardie gange. Geen dissipline nie. ‘n Euwel – veral in skoolopset.

Anika ·

Kan net dink wat sy eendag met haar eie kinders gaan aanvang. Skokkend !!

oumie ·

Kiepie shame on you ek sê altyd ek het my kinders voel kom die ander het ek sien kom ek sal daai boelie die pak gee op haar agterstewe sy sal nie weet wat haar getref het nie

Yolandi ·

Klein klein al ‘n krimineel. Jy hoort in ‘n tronk skat. Ek’s net nie seker of jy die kos, water en gratis onderwys verdien nie. Mag jy maar die gevolge van jou dade dra. Jy is oud genoeg om te weet wat jy doen.

Kobus ·

In daardie skool is geen dissipline van geen aard…..die skoolhoof,onderwysers,beheerraad en onderwysstelsel het liederlik daar gefaal….soos albei gevalle uitwys….daardie kinders is elkeen op hulself aangewese….die sterkere gaan die swakkere oordonder en duld geen teenstand….dit is nie net by die ouerhuis waar daar n opvoedings vakuum ontstaan het nie…daardie skool het geen clue wat dit verg om die leiers van die toekoms met die nodige vaardighede te omarm en respek vir jouself en medemens ten alle tye te handhaaf…die internet en flieks is vol daarvan om enige teenstand uit te wis met geweld….daardie skool sal diep moet delf in sy boesem om daardie adder van vernyn van sy leerders uit te roei…begin sommer by die personeel

ilke ·

Vandag se kinders het resprek vir niks nie. Die kind verdien `n helse pakslae. Jis as dit my kind was, wat so geboelie word, sal ek verseker `n kriminele klag teen daai boelie indien. Dit is “shocking”.

chantal ·

Was die boelie my kind het ek seker gemaak sy sit met haar gat in die tronk en gee ‘n publieke openbare verskoning aan die kinders wat sy so beseer het. Die is ongehoord dit is omdat ons sit met gehoorsame ouers en onderwysers in plaas van gehoorsame kinders.
Abba Vader gryp asb in en beskerm ons kinders teen die duiwelsdinge

Lvdm ·

My kind was so geboelie…saak het in die hof gedraai….was skokkend om te sien hoe “don’t care” die ouers was. Langs my het een van die ouers gesit daar was 4 van die goed…..haar woorde was wens die str@nd is al verby hulle mors my tyd. Dissipline begin by die ouer huis dis nie die onderwysers se verandwoordelikheid om hulle dissipline te leer nie opvoeding begin by die ouers in hulle ouer huis. Onderwysers moet die dissipline handhaaf …..maar straf hy hom kerm die ouers…foeter hy hom sit hy in die tronk, nou hoe moet hulle dissipline handhaaf …kinders moet respek toon teenoor die opvoeder wat weinig van hulle het, ouers vertel mos deesdae vir hulle, kindertjies hulle het regte. As jy jou kind reg opvoed sal jy nie boelies groot maak nie.

Andre ·

My agter end het gebrand op skool, vandag het ek ‘n gebrek wat hulle RESPEK noem…
Sien wat gebeur as lyftraf nie bestaan nie. Kyk na die moord verdagtes oor die algemeen. Ouderdom is van pas (oor die algemeen) met rondom die tyd toe lyfstraf weg geval het. Bring lyfstraf terug, bring die doodstraf terug. Dit sal die einde wees aan BAIE probleme in ons mooie Suid Afrika…

FRED ·

Jammer Lynette, ek stem saam met jou – as jy kan uitdeel moet jy bereid wees om te ontvang. Laat weet my wanneer jy gaan ek sal kom help. Sies, hulle behoort in geen skool op geneem te word nie.

Denise ·

Genade hoekom het die meisies soveel aggressie in hulle wat gan aan met hulle het hulle dan geen selfrespek dit is SKOKKEND!!!!

ek ook geboelie ·

ek ook so geboelie, die lot wat my altyd wou slaan se kinders het toe later skool gegaan saam met my kinders,,,,,,,,,,, selfde mentaliteit, vrot lot, steeds, 1 tot by ons huis ingeforseer deur diefwering om te kom klere leen by my dogter, maar ons was nie tuis nie!!!my lewe is oor en oor gered deur die Vasti;s en Hetser’s en alida’s en Santa’s…hulle altyd na my gekyk, so daai vrot jongmense het sulke vrot kinders nou.

SARIE ·

Almal sit rustig agteroor – tot dit met jou kind, kleinkind gebeur. Skors die bullies onmiddelik, meld dit in hoofletters op hul CV’s, rekords, maak van hul ñ voorbeeld in die gemeenskap, want….hul eie kinders SAL ook onder geweld deurloop!

Penelope ·

Stuur die boelie vir ‘n week gemeenskapdiens by die DBV sodat sy hondehokke skoonmaak.
Tronk toe vir ‘n 2de oortreding. Eenkeer is ‘n fout en tweekeer is ‘n keuse….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.