[Video] Boer se hartroerende boodskap ná plaasmoord

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn boer se hartroerende boodskap, nadat Joubert Conradie (47) ná ʼn aanval Dinsdag op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl gesterf het, word wyd op sosiale media versprei.

Conradie is Dinsdag in die vroeë oggendure op die plaas verskeie kere deur ʼn onbekende aantal aanvallers geskiet. Hy is na ʼn hospitaal gehaas waar hy tydens ʼn noodoperasie gesterf het.

ʼn Boer van die omgewing het in ʼn video vertel hoe Conradie se dood hom persoonlik en die gemeenskap as ʼn geheel geruk het. Die boer maak nie sy naam in die video bekend nie, maar hy noem wel dat hy vir Conradie geken het.

“ʼn Ou voel so magteloos en ʼn ou voel jy wil graag help en iets doen vir die land se boere. As ek nou kon getoor het, was die hele Kaapstad vanoggend omring deur groot trekkers dat niemand kan in of uit nie, want dit is net as jy chaos veroorsaak wat jy op grondvlak gehoor raak,” sê hy. “Ek voel ons moet iets doen sodat ons as die boeregemeenskap gehoor raak.”

Hy versoek mense wat die video kyk om Maandag swart aan te trek ter ondersteuning van die land se boere. Hy sê dat die swart kleredrag ʼn teken van respek sal wees teenoor die boere wat al vanjaar hul lewens verloor het. Hy sê hy wens ook dat daar Saterdag tydens die Curriebeker-eindstryd ʼn minuut van stilte gehou sal word vir die boere wat gesterf het.

Die boer se stem breek terwyl hy sê: “My vrou is baie bederf. Sy kry elke oggend ʼn koppie tee in die bed [en] elke aand voor sy gaan slaap. En partykeer is ʼn man ook nie lus nie. Maar vanoggend was dit weer ʼn voorreg om vir haar tee te kon vat.”

Lees ook: Klapmuts-plaasmoord: ‘Hulle het my hele lewe in ʼn minuut gevat’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

My hart is stukkend ·

My hart breek op die oomblik. Dis so sleg wat aangaan met die boere. Wens net die regering wil wakker skrik….

Liezl ·

Dis verskriklik! Ons boer ook, ek is ook bederf, my man maak elke oggend ontbyt vir ons. Ons bid saam en geniet die ontbyt. Liewe Heer, wees ons boere gemeenskap genadig in hierdie tyd. Hou ons families bymekaar en beskerm ieder en elkeen in Jesus naam. Ek bid vir engele om op elke hoek van elke plaas te staan en te waak. Dryf die boosdoeners weg, laat hulle op hul knieë gedwing word voor hulle die daad wil doen. Laat hulle tot nuwe insigte kom in die wonderlike naam van Ons Vader.

Bly Wakker ·

Die regering is wawyd wakker, moenie fout maak nie, het jy dalk daaraan gedink dat hierdie dinge fyn beplan is?

Boerseun ·

Ek antwoord graag op Bly Wakker se boodskap. Ek stem 100% saam met jou, die regering speel defnitief n rol in plaasmoorde. Die aanvallers is goed gewapen en het opleiding!! Dit is n fyn beplande massamoord!!

Dirk Benson ·

Wat presies verwag u van die refering? Hoe moet hulle die plaasmoorde verhoed? Verstaan mooi, ek opponeer die ANC beleid maar die plaasmoorde word gepleeg deur opportunistiese boewe, ni di regering ni.

Helena ·

Dit raak nie net die plaasmoorde nie maar selfs ons wat in die stad bly. Jy’s bang om jou huis te verlaat. Jy’s bang on in jou motor te ry. Jy kan nie meer stap vir oefeninge nie ens. Ons dra Maandag swart maar ons moet begin dink om ons wapens ook saam te dra

Gideon ·

Die boere (en Boere) se posisie is werklik haglik. Die ‘regering’ is tans baie besig om roof en diefstal metodes te ondersoek, wat hulle self kan toepas vir eie gewin! Onthou waarom die grensboere aanvanklik uit die Oos-Kaap getrek het…. vandag sien ons weer dieselfde situasie landwyd, maar ons het nerens om heen te trek nie. Die sirkel is voltrek.

Aster ·

Ek stem 100% saam met Bly Wakker en Boerseun. Die regering het iets met hierdie plaasmoorde te doen. Hulle bly stil oor die moorde, hulle wil niks sê of enige iets doen nie. Hulle vermei dit heeltemal!

zoom zoom ·

Ons moet dankie sê vir hulle wat destyds JA gestem het. Nou word die vrugte daarvan gepluk en dit gaan net erger word

Jakoba ·

Help dit as jy die mense blameer wat Ja gestem het? Hou op om die blame game te speel, lig jou bas en gaan doen iets, ruk op en gaan betoog by elke hofsaak van die moordenaars en moet tog nou nie kom met die holrug stories van ek is nie so nie. Gaan huur dan die wit plakkers dat hulle daar gaan toy en slagspreuke skree

Hendrik ·

Die JA stem is in die verlede en is deel van geskiedenis. Kom ons druk van alle kante.

Penellope Jones ·

Skets bietjie vir lesers wat sou die toestande vandag gewees het as daar geen referendum was nie?

rollie ·

JJ – die sogenaamde “liberale” het inderdaad jou lewe gered, wees dankbaar vir wat jy nog het. Ek kan jou ‘n brief gee ons sou almal ons GAT gesien het as ons nee gestem het. Dink jy rerig die meerderheid Suid-Afrikaners sou steeds daarmee tevrede wees dat ‘n klein minderheid hulle hiet en gebiet? EK wonder hoeveel van julle wat net wil skiet ooit in ‘n oorlog situasie betrokke was?

werklikheid ·

As ons NEE gestem het sou jy nie vandag hiergewees het om te klae nie. OF jy sou geklae het “Waarom het ons nie maar JA gestem nie” want die blankes sou 20 jaar gelede al uitgemoor gewees het.

Nie-'n-Jakoba ·

@Jakoba – wat help dit ons ruk op en protesteer of probeer die aandag op die feite vestig? Dit word net geïgnoreer. Ja, ek verkwalik die “Ja”-stemmers van 1992 – want as dit nie vir hulle “ja”-stem was nie, was ons dalk daardie tyd in ‘n bloedige burgeroorlog (vir ‘n paar jaar), maar het dit nie nou so gegaan in ons land nie. Die “ja”-stemmers van 1992 het die land, ons land vir ‘n bord lensiesop verruil.

Chrisjan ·

Kom ons kyk wat maak SARU. Ek stel voor as hulle nie teen Vrydag 12:00 ‘n positiewe reaksie toon nie, almal wat enige medelye met boere het, die wedstryd boikot. Dis tyd om die streep in die sand te trek.

AG ·

Hoekom konfooie langs die pad ter gedagtenis of ondersteuning? Ons probleem van wit afrikaners is dat ons is te ordentlik! Hoekom nie OP die paaie nie? Sodat dit verkeers blokakasies veroorsaak nie…sodat dit effektiewe aandag van die regering kan trek nie! Hoekom ‘n alternatiewe roete en nie die N1 nie??? As ons dit doen kom ons doen dit ordentlik! Nie vir n uur nie maar vir die heel dag! Nie net een dag nie maar vir n week lank!Dit sal regering se aandag trek en internasionale opslae maak! Die oproerders van die land kan busse en karre brand op paaie en aandag kry maar ons wil ordentlik wees! Nee mense…ons hoef nie fandalisties te wees nie maar as ons dit wil doen kom ons doen dit ordentlik!

Blommie ·

Ek hoop ons Suid-Afrikaners kan nou vir ‘n slag wys dat ons kan saamstaan en dat ons werklik omgee en dat ons almal Maandag swart sal dra !

honourable member ·

Dis baie hartseer wat in hierdie land tans aangaan. Die haat van een groep is besig om alles te vernietig.

Eugene ·

Wat die seerste maak is om te weet hoe lekker kry die vyand om die roerende boodskap te luister terwyl ons treur

Genieve ·

My hart gaan regtig uit na die boere wat so wreed vermoor word.Ek hoop rerag die polisie kan iets daaraan doen dis niks lekkr om n familie lid te verloor nie.

Theo ·

Ek se die eenigste wat die boer nou nog kan doen om gehoor te word is om volgende jaar NIKS te plant nie sodat die hele land in hongersnood is en mense op hul knië val net vir n bietjie mieliemeel en n tamatie kos R15 elk en n aartapel R10..DAN eers sal die klomp wat die boere soo graag wil moor sien hoe dit sal wees sonder boere….maar vir dit om te werk moet ELKE boer saam staan en nike kos plant nie…..diev massas sal kwaad raak vir die regering oor die prys van kos…die staat sal biljoene moet opdok vir kos invoer en ministers sal n bietjie minder geld kan steel

Pieter ·

Dis maklik….boere langs die N4 maak hom toe met stropers en trekkers,boere langs die N1 maak hom toe dieselfde want soos hy sê as jy nie chaos veroorsaak nie word jy nie gehoor nie…..as dit is hoe ons land werk moet ons volgens daai manier werk

Jy is reg Pieter ·

Jy is doodreg maar WATTER boer kan in die tronk sit? Onthou die regering maak ‘n voorbeeld van enige witte wat DALKIES miskien net ‘n oortreding begaan. Hulle sal al die wit boere arresteer en in die tronk gooi. Dan sit die vrouens en kinders alleen by die huis en die boerdery staan . JA NATUURLIK voel ek saam met jou . maar is dit prakties?

Mielie ·

Dis verskriklik hartseer. Ek voel net so magteloos vir ons boere se part. Ek weet nie wat ons kan doen om hierdie politieke moorde te stop nie. Hierdie hele land is in n gemors.

kosie ·

Dis nie polities nie almal ly onder die misdaad. Daar word amper soveel moorde ELKE 48 UUR in SA gepleeg as boere wat op plase vermoor word in ‘n JAAR.

hartseer ·

hoekom moet die klein handjie vol boere wat die massa voed en n masiewe bydrae lewe in werkskepping en in die ontwikkeling van ongeletterde en ongeskoolde mense van n gemeenskap wat die huidige regering versuim om te help so uit gemoor word…hoe lank gaan dit vat voor die land begin saam staan almal van alle rasse..op die trand is die boere gemeenskap vinniger n bedreigde spesie as die renosters…nee man …wanneer word daar geeis vir n verandering.as student kan afbreek en afbrand vir gratis onderwys en hulle sin in n mate kry hoekom moet die boere sit en self plan maak oor veiligheid ,aangesien dit die regering se plig is om veiligheid te verseker…..miskien moet die boer vir n seisoen lank net minimal kos en groente verskaf sodat almal kan sien hoeveel werd hulle rerig is.dis net my opinie oor die massa slagting wat aan die gang is………..

AP ·

Watse regering ,, moet wakker skrik , daar is nie op die oomblik n regering nie net skurke

BBB ·

Stem saam! Dis siel siekend om te dink die mense wat die blertse goed voed word uit gemoor!

Mike ·

zoom zoom Ek het destyds ja gestem toe ek op skool was EN onbewus was waaroor alles gegaan het, dit terwyl ek doof is, so moenie almal blameer wat ja gestem het nie. Of moet ek vir jou dankie se dat jy geoordeel het?

Eish ·

Dit kom uit die diepte van n boerehart.
Ek het nog nooit ons boere so kaalgat gestroop van menswaardigheid gesien nie!

Werner ·

Mike as jy nie bevoeg is om te stem nie dan moet jy nie jy rig meer skade aan ek ook n boer maar hou van die Kaapstad plan meer ons dra nou al bruin strikke nou swart klere dit sal nie help nie tyd om protes aan te teken

Swart Piet ·

Dit is nou hoogtyd dat die witmense hulle dik basse lig en iets aan die moorde begin doen. Die Liewe Vader het ons krag en verstand gegee, en dit moet nou begin gebruik word.
Ek sal Maandag iets swarts dra!!!

Annamarie Olivier ·

En ons klomp papbroeke baklei onder mekaar omdat ons nog ok is, maar ons land brand en almal kyk en lees en skud hulle koppe en doen verder niks.

Hennie ·

Die ja-stem het niks hiermee te doen nie. Daar is derduisende wat ja gestem het soos ook ek het ons almal geglo aan n betee SA vir almal van ons. Ons moet liewer probeer saamstaan as om ander te blameer. Sluit aan by n organisasie wat hom beywer vir verandering en waar jy n positiewe bydrae kan lewer.

gabrielhartzenberg ·

Die regering sit hier agter. Die enigste manier om van die blankes ontslae te raak is om die land so ongerieflik en onmoontlik te maak om in te bly . Sunny Side Hillbrow en Berea is maar van die voorbeelde, Dit is reeds oorlog Ons wag nie nog vir een nie Net God sal deur n wonderwerk die oorwinning bring en toelaat dat hulle mekaar vernietig. Dit is reeds besig om te gebeur. As dit nie gebeur nie sal ons moet toe tree en hulle afmaai !!!God help ons !!!

kat ·

Ons moet mekaar beskerm en in Glo glo- dan sal Hy Sy hand oor ons hou. Die anti-christ en moordenaars en korrupte regering sal nooit teen God se wil kan wen nie. Dit is ‘n feit.
Wees baie meer paraat op die oomblik.

Helen ·

Ek lees nou so deur die kommentaar en wragtig daar sien ek dit weer!!!! Daar val die Afrikaanse gemeenskap mekaar al weer aan en blameer mekaar vir wat ons land in is!!! Plaas laat julle presies wat die boer met trane vra…….. Staan saam kry n plan werk da aan maar nee dis mos baie maklikker om mekaar aan te vat en sleg te se!!! Skaam my dood!!!

Soekie ·

Nou praat jy darem die waarheid Helen. Ons wit Afrikaners gun mos nie dat die son oor ‘n ander ene skyn nie. Moet altyd mekaar slegsê en baklei. Dis hoekom ons nie kan saamstaan nie. Dis eintlik pateties!

Mien ·

Die invloed wat ‘n plaasmoord op ‘n gemeenskap het waar mense mekaar goed ken, strek wyd en diep. Daar word ‘n leemte gelaat vir altyd.

AP ·

Die wat veronderstel is om iets te doen hoort ook agter tralies , juis daarom gebeur daar niks

June ·

Is ons beter af na die ja-stem? Destyds is gese dat daar n rewolusie sal wees en die land sal brand indien nie toegegee word aan hulle vereistes nie. Dit is dan presies waarmee ons na die ja-stem sit; n Rewolusie op hande, stakings, die land wat brand, opstande, optogte, mense wat helder oordag aangeval en beroof word, om in vrees te lewe ens, en ons mense word daagliks uitgemoor. Wat is die verskil dan?

Showahed ·

As jy op ‘n plaas groot geword het en die saamstaan tussen boere beleef het, dan knak hierdie boer se video jou. Of daar destyds n referendum sou wees of nie, sou die resultate nie veel erger kon wees as wat ons nou beleef nie. Hoe bied jy weerstand teen ‘n euwel wat die land regeer en ‘n absolute blinde oog draai teen moord op wittes?

phillip van dyk ·

die ja stem het nie gegaan dat hulle volle stem reg sou kry nie, maar dat hulle mag met respek behandel word, mag werk net soos ons en dat apartheid afgeskaf sou word. nie dat n oormag die volle stem kon kry nie en nie dat hulle die land in bankrotskap druk nie en nie dat hulle ons volk uitmoor nie. nie eens in apartheid is soveel deur ons vermoor nie. Mag God ons help en ons wakker skud sodat ons as volk die knie begin buig regtig en opreg buig voor God want dan kan ons voor enige mens staan en Hy sal hulle met die swaard tref.

Boerseun ·

As jy op ‘n plaas groot geword het en die saamstaan tussen boere beleef het, dan knak hierdie boer se video jou. Of daar nou ‘n referendum destyds gehou was of te nie sou die verskil vandag nie veel erger kon wees nie. Hoe oorkom jy ‘n euwel soos die wat ons land regeer wat nie die geteikende moord op wittes will erken nie?

Francis ·

1- DIE DOODSTRAF MOET HERINGESTEL WORD ,OF JY NOE WIT BRUIN OF WATTER RAS AS JY MOORDPLEEG WORD JY GEHANG !!!
2-DIE BOERE WATTER KLEUR OOK AL MOET AL HUL OES IN DIE GROND INPLOEG ! DAN SIEN ONS WAAR KOM VOLGENDE JAAR SE KOS VANDAAN !!!

antiestablishment ·

Hoor Hoor! vir die oes in die grond inploeg. Andersins, as jy ‘n misdadiger is moet jou familie jou in die tronk versorg, kos klere ens. Belastingbetalers se geld moet nie gebruik word om kriminele te onderhou nie.
Sien hoeveel families laat hulle kriminele familie vergaan omda hulle dalk ook al gatvol is.

Wikus ·

Francis, die huidige regstelsel is reeds onregverdig teenoor blankes. Kyk maar net wat in die laaste soogenaamde rasistiese voorvalle gebeur het. Blankes is agter tralies gehou sonder borg, terwyl n wit vrou sonder rede geskied is en steeds die een wat haar geskied het was nog nie eens n minuur agter tralies nie. Jy kan seker raai wat sy velkleur is nê? Wie dink jy sal vervolg word onder die doodstraf?

Hanneke ·

Ek dink die eerste idee van die boer in die video is die beste!!! Kom al die boere staan saam, trekkers, vragmotors enige plaasvoertuie en ons almal trek op Kaapstad toe. Dwing alles tot stilstand en eis dat die regering meer doen vir ons boere, wat hulle veiligheid aanbetref. As ander “instansies” resultate kry na hulle betoog, hoekom nie die boere ook nie. Wie kan so iets reël??? Glo my al die boere sal wil betrokke raak.

Francis ·

1 – maak nie saak watter velkleur jy het nie ,as jy moordpleeg word jy gehang ! Doodstraf moet heringestel word !
2 – boere moet hul oes terugploeg in die grond in !

MANIE ·

Die aksies van swart klere dra maak geen indruk op die regering. Wat wel sal werk as die boere wat so graag mekaar wil help net vir n week hulle produkte weerhou van die land. Glo my die regering sal julle smeek om met hulle te praat. Klere aksies gaan niks help.Dit is nou die tyd om drasties te begin optree en daadwerklike stappe te neem .

Francis ·

DIE DOODSTRAF MOET HERINGESTEL WORD !
AL AFSKRIK MIDDEL WAT WERK !

Josua Keys ·

Kom ek skets vir julle wat sou gebeur het as daar wel ‘n nee stem was, Suid Afrika sou steeds die land gewees het soos hy was voor 1994 met meer vooruitgang en sukses, moet asb nie dat politisie met jul koppe smokkel soos die De Klerk klan nie, die wereld was afhanklik van Suid Afrika in ‘n baie grooter mate as wat hulle verkondig het, dis totale snert wat De Klerk en klan opgedis het en is deur die mense geglo, die enigste ding wat SA ‘n tekort gehad het was olie (Angola genoeg), voedsel was in oorvloed, tegnologie van die beste in die wereld, goud, diamante, platinum, vakmanskap top gehalte, dit is hier waar die truuk ingekom het, die wereld het dit geweet en moes ontslae raak van die houvas wat ons teenoor hulle gehad het en die afhanklikheid daarvan, ongeskoolde mense was gebruik om hul vuilwerk te doen om die oorname makliker te maak, nou is alles verwoes letterlik en veguurlik en die wereld voel vere vir SA ja ons kon aan apartheid en ongelykheid met die jare gewerk het maar dit was beslis nie nodig om die land weg te teken nie, mense sou nie so uitgemoor, verkrag, besteel word as die land steeds deur dit witman regeer was nie selfs ZIM sou steeds 80%+ graan uitgevoer het en mense sou werk gehad het. So hier is die skets wat julle gevra het en die bewyse is daar in oorvloed voor 1994. Politisie het dit verwoes!!!!!

ka ·

Josua, jy’s heeltemal reg. De klerk het sy siel aan die duiwel verkoop en net daarna toe verkoop hy al sy mense ook. Hy’t sommer sy vrou weggegooi. Net na al die verraad word hy deur die nuwe wereld orde trawante ingesweer en as verdere dank aan hom word hy beloon met die Nobel prys.

Sak en As ·

Een ding is verseker Josua, die Frikkie Klan het vir ons gelieg…….

Jakalas ·

Hierdie is bewys dat mooi praat ons niks doen nie. Ons lewe op ons knee op die oomblik terwyls ons een vir een vermoor word. Ek is nie ‘n boer op ‘n plaas nie, maar ek is ‘n Boer van hart al bly ek in die stad. Dit breek my elke dag as ek van nog ‘n plaas aanval lees.

Julle almal weet dat ‘n oorlog ons enigste uit weg is né. Ons weet die regering en die EFF sit agter alles. Die wat dink dis nie nodig nie, moet nie verbaas wees as ons nie meer Boere môre oor het nie. Glo my as ek sê dat ek sal enige iets doen om ‘n oorlog te vermy, maar ek dink nie dis meer moontlik nie.

Lee ·

Dit is verskriklik hartseer. Ons almal sal defnitief swart dra maandag. My neef boer ook daar naby. Mag hierdie lafaards gevang word maar mag hulle eerder dieselfde manier doodgemaak word as wat hulle aan Jouber Conradie gedoen het. Sterkte aan sy vrou, kinders en familie. Rus sag!! xx

Jacques ·

Dit is baie erg . Ek onthou destyds toe ek in die weermag was en die mense so betoog het kon die polisie nie baie uitgerig kry nie maar sodra die weermag in gekom het was almal kalm en spat hulle uit mekaar . Die Army wat nog oor is moet inkom en net dinge weer kalmeer .
Dit help nie ons gooi mekaar hier met klippe nie , begin bid vir die regering en die vyhand sodat ons in vrede kan leef .

kat ·

Wie het die toegang tot die Curry- Cup final Bestuur sodat daar gereel kan word om met plakate in die stadiumin te gaan en vir almal wys wat aan die gebeur is?
Dalk kan die rugbespelers gepaste kleure darvoor dra want dit raak ons almal wat nie moordenaars is nie.

Renee Kearns ·

Ek het nie woorde nie..
Ons is ongelukkig magteloos teen die gevaar. Daar is wat sal saamstaan maar baie van die mense is mos bang om hulle opinie bloot te le…dit gaan mos oor hoe hulle “polities korrek” op tree terwyl ons wit boere sowel as onskuldige wit mense onnodig sterf

Yainkie ·

Aijaijai. My hart is stukkend saam met hierdie boer. Stukkend, oor die blatantheid waarmee misdadigers, krimenele, blikskottels wat alles vertrap en uitroei, boere net uitmoor en die regering en Zumpie en sy trawante EN ander partyleiers rep geen woord en sprak geen sprook en roer geen vinger nie. Die Here alleen help ons.

m.d.r ·

Baie mense plaas die blaam vir alles wat verkeerd loop op die Ja-stemmers van 1992. Is dit geregverdig
De Klerk vra in ‘n referendum ‘n MANDAAT on met die ANC te “onderhandel met die oog op ‘n nuwe grondwet:–net dit. Geen toestemming om ‘n ooreenkoms aan te gaan nie.
Hy kry sy mandaat en die “onderhandelinge” begin

Voor die aanvang van die onderhandelinge onderneem hy om weer na sy kiesers trug te keer.

Hierin bly hy in gebreke , tenspyte van die KP se telkemale aandrang daarop.

‘n Ooreenkoms tusen die NP en ANC word bereik. Die ANC eis dat hierdie ooreenkoms in wetgewing vervat moet word as ‘n sg Interim Grondwet. De Klerk stem in.

Toe systap hy sy kiesers en plaas die voorgestelde grondwet (wet 200/1993) voor die Parlement.
Teenwoordig in die raadsaal was daar 101 Nasionaliste, 34 Demokratiese party lede en 46 KP’s.
Die wet word goedgekeur terwyl die KP’s uitstap uit protes.

Dus het 135 Parlementslede, sonder ‘n mandaat, sowat 4 miljoen wittes se lot beklink.
Onder die maatreels in hierdie dokument verskyn o.a. die wettiging van bv Regstellende Aksie en ander anti-wit maatreels.
Vraag is: hoeveel mense sou JA gestem het wetende dat Regstellende Aksie hul voorland sou wees..?
Dan is daar natuurlike die swye van die media…….doelbewus of onwetend…?
Soos Ken Owen van die Sunday Times destyds geskryf het—”
de Klerk went way beyond his mandate”……

MARYNA ·

Hulle het mos gese kos kom nie van die boere nie maar van Checkers!!!!

Brenda ·

Wreed moor eenvoudig net as die vrou nie die paniek knoppie gedruk het nie, wat sou dan gebeur het, ek dink almal weet wat sou met daardie vrou en kind gebeur het. Maar wanneer twee mans in ‘n kus druk en let wel hulle het nie gemoor wil hul hom vyftien jaar tronkstraf gee dit is belaglik Suid-Afrika word regeer deur ‘n sirkus. Ek gaan defnitief my swart dra ja en bruin strikkies ook, maar soos dit nou gaan, kan ek nie dink hoe ons arm boere nog moet stil sit en dit toelaat nie, want in hierdie land as jy ‘n wit boer is, gaan jy defnitief erg gestraf word as jy een van hulle dood skiet. Maar anders om nee dit mos niks, hul mos agtergeblewe siele. Ek sien niks positief vir hierdie land of sy boere nie, wat ek wel sien is dat ons as ‘n boere gemeenskap almal sal moet saamstaan hopenlik sal die regstelsel ons nie faal. Indien wel dink ek net jy gaan ongelukkig jouself moet beskerm skiet voor hul kans kry, maar ongelukkig kom hul soos die duiwel sluip deur die nag. En skiet jy hom in jou huis dan word jy aangekla van moord “regtig” wat soek hy daar.????? My gebede gaan uit na die familie ek is jammer maar ek as vrou kan nie sien hoe ons onself gaan beskerm nie. Gaan ons maar ‘n slag terug baklei of gaan ons maar sit en wag dat hul ons uitwis???

evsbest ·

Boere trek op en STRIKE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Maak seker almal weet julle STRIKE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! MOENIE plant nie. Die wat slim is sal nou kossies bymekaar begin maak en dat die meerderheid SUFFER.

Hartseer ·

Dit maak mens so woedend en hartseer. En niemand sal so iets in die nuus wys nie. Dit is bietjie hoogtyd dat die wereld weet wat aangaan in Suid-Afrika. Die is die begin van oorlog nommer 3. En dit gaan nie oor geld, of wraak nie. Dit gaan net oor rasse haat. Ons boere is nou wel nie in gaskamers in konsentrasie kampe nie, maar ons kon net sowel gewees het.

Perspektief ·

Die ja-stem vir die spieel van sport teen die buiteland en ry van “fancy” motors (dink aan die fabrikate wat SA ge-boikot het). Nou is ons sport ook n gemors…Daar was natuurlik ander dinamika ook aan die ja-stem wat sekerlik voordeel ook in gehou het, maar weet dat die buiteland tevrede was met n deels regering waar beide swart en wit gelykmatig regeer…maar van ons eie mense het gedruk vir n volledig oorgee van mag. Die waarheid sal nog uitkom, De Klerk is maar een man…maar daar is ander ondersteuners wat netsoveel (indien nie meer skuld dra)…ek wil graag jul aandag ook vestig op Roelf Meyer… sal nie te verras wees as daar geld betrokke was…

Chantelle Connoway ·

As mense iets wil he staak hulle en vaar strate in en verwoes als wat voor kom, ons mense word daagliks wegeneem en hoekom is dit dan nie tyd dat ons as land saam staan en ook die strate in vaar nie, daagliks huil mense want hulle familie word voor hulle oe weggeruk en vir wat??? om met niks uit die huis te vlug nie – come on dit is mos nou mors met lewe, die Here weet waar dit gaan eindig en ek hoop en bid elke dag vir my familie se veiligheid al bly ek nie op n plaas nie

Chantelle Connoway ·

As mense iets wil he staak hulle en vaar strate in en verwoes als wat voor kom, ons mense word daagliks weg geneem en hoekom is dit dan nie tyd dat ons as land saam staan en ook die strate in vaar nie, daagliks huil mense want hulle familie word voor hulle oe weggeruk en vir wat??? om met niks uit die huis te vlug nie – die Here weet waar dit gaan eindig en ek hoop en bid elke dag vir my familie se veiligheid al bly ek nie op n plaas nie, maar steeds ruk dit binne in jou om van dit te lees, regtig hartseer

Wouter ·

Waar is die groot korporasies wat soms onetiese winste maak deur die boere se produkte te verkoop?
Kry borge om groot advertensie borde met die volgende tipe boodksppe te vertoon, oral in die land!
“Have you had food today? Thank the farmer. Every murdered farmer takes food from your table. Every murdered farmer calls for expensive imported foods. Protect our food sources, protect our farmers”

Swart ·

Ek gaan verseker swart dra, maar gaan die regering kennis daarvan neem is wat ek vra? Soos hy sê, hulle neem net kennis as jy brand en breek en vernietig .. PLA dit die ANC as ons almal Maandag swart dra? VERSEKER SAL Ek swart dra vir elke boer in hierdie land wat gesterf het, ek sal vir ‘n WEEK lank swart dra as julle dit so wil he, my vraag is net .. GAAN DIE REGERING iets daaraan doen?

Gerda ·

Almal wat se die boere moet ophou plant: Ek wil net graag weet waarvan moet die boere dan leef? Gaan julle hulle almal onderhou vir ‘n jaar? Dit sluit nou in om hulle trekkers en implemente ens se paaiemente te betaal. Boere boer nie vir ‘n stokperdjie nie, dis hulle besigheid en hulle enigste bron van inkomste. Sal enige een van julle sommer net kan ophou werk vir ‘n jaar? Of jou besigheid toemaak? Ek stem dat dit dalk ‘n paar mense sal laat wakkerskrik, maar dis glad nie prakties moontlik nie. Dit gaan ook geensins die probleem oplos nie.

Marita ·

Ek hoop iemand wat by hoof strukture v bv kerke en burgerlike organisasies soos Solidariteit ens is lees my versoek. Dat ons n dag en tyd vasmaak dat mense in dorpe en stede bymekaar kan kom en solidariteit toon teen plaasmoorde oor alle kleurgrense heen. Swart en wit want plaaswerkers kry ook seer in aanvalle direk en indirek. Dan kan groot organisasies nodige druk toepas om media dekking te verkry. Na laasjaar se droogte hier in die Vrystaat was dit wonderlik om te sien hoe ons boeregemeenskappe hande gevat het ongeag ras of kerklike denominasie. Solidariteit/Afriforum ons plaas ons hoop in jul hande. En dan swart drag die kenmerk maak. Ons afrikaners is ingetoe en haal ek my hoed af vir daardie man in die weskaap wat die “guts” gehad het om die video te plaas.

Louis ·

So lees ek almal se eiertjies wat hulle lê asook hulle oplossings. Almal weet ons sit met groot probleem, almal is hartseer vir die vermoorde boere se familie, almal treur, almal soek antwoorde, almal behalwe die wat moet, gee antwoorde. Sommiges gee raad, ander gee oplossings, ander doen weer wat die afrikaner goed kan doen en baklei onder mekaar. Nee ek het nie antwoorde nie, maar ek lees wat julle skryf…ek verstaan julle gedagtes agter wat julle skryf, maar ek wil net een ding graag sê. Jy kannie van ‘n boer verwag om nie die jaar te plant nie. Jy kannie van die boer verwag om niks te saai nie. Jy kannie van die boer verwag om niks te produseer nie.
Nr 1…DIS IN SY BLOED om te ploeg en te plant as die reën in Okt /Nov val. Dis in sy bloed om sy kudde reg te bestuur en lewende hawe te verkoop (wat ons koop om te braai)
Nr 2: As hy nie plant nie, kan hy hy nie oes nie. As hy nie oes nie, kry hy nie geld nie.
Sal jy vir ‘n jaar lank kan oorleef.? Jy mag nie vir die volgende jaar lank kantoor toe gaan en jou maandelikse salaris verdien nie. Jy sal jou huis, jou kar en alles anders verloor. Jou kinders sal nie meer skool toe kan gaan nie, julle sal nie kos hê om te eet nie.
Van ‘n boerseun.

Sue ·

Dis bitter harteer. Loop die trane hier oor my wange en dit bring steeds net so n magtelose gevoel in my hart. Hoekom voel dit of die Here ons Wit Mense versaak het? Hoekom voel ons mense so alleen? Ek self is nie n “Boer” nie, ek ken nie persoonlik “Boere” wat regtig boer op plase nie maar dit breek my hart om die desperaatheid te beleef met elke berig wat geplaas word. Ek het nie eers woorde nie, net trane vir almal wat so bitter seer het. Het die video aan almal wat ek ken aangestuur.?

hendrik ·

Sue. Dankie vir jou meegevoel. Ons almal is stukkend en voel saam met jou.

Vir die Onbekende boer op die video ·

My vriend jy het my in trane met jou hartroerende boodskap, troos jou aan die gedagte dat hier meer as 20 mense al op jou noodkreer gereageer het so jou boodskap word oorgedra! Ekt jou video vir almal op my kontak lys aangestuur JOU versoek gaan uit na die volk!
Stetkte my vriend ek vra dat God sal jou en al ons boere veilig sal hou!

rosemarie ·

Ek wil net se dit is tyd om ons boere te begin beskerm . Hierdie moet wereld wyd bekend gemaak word. Oorsee se land moet weet wat aan gaan en niks moet weg gesteek word nie. Almal van ons het kennisse oorsee laat hulle ook saam met ons saam staan. Ons moet al die boere reg oor die wereld kry om saam met ons te betoog. Dit is ons oplossing.

Merkur ·

Rosemarie. Stem saam met jou. Ek sal graag in Berlyn ´n protes organiseer. Bv voor die Suid-Afrikaanse Ambassade of Duitse parlement of waar baie toeriste is.

Het reeds in ´n vorige kommentaar geskryf dat die wit Suid-Afrikaners bv in Kaapstad en ander stede kan demonstreer en die besigheids distrikte blokeer en ook die toeriste met die moorde aan wit mense kan konfronteer. Ook met trekkers en bakkies en ander voertuie. Burgerlike- of siviele ongehoorsaamheid is die minste wat ´n mens kan doen.

Dorothy ·

…ek hoor wat jy sê, maar wat gaan ‘n swart t-shirt help? Hoekom word daar nie ‘n dag van of 3 dae vas (net water en aanroeping tot God) aangekondig nie waar al die Christene van hulle eie huise op hul knieë gaan en God aanroep om hulp nie? Soos in die boek van Jona, waar God die stad gespaar het. Of dink ons – ons gaan reg kom om reg in eie hande te neem? Herinner my, wat gaan ‘n swart T- hemp help…?

Ons vir jou ·

Dis vir my sleg dat ons Afrikaners altyd moet stry en baklei. Hulle wat ons vermoor ondersteun mekaar… Dis hoekom dit oor en oor gedoen word. Die regering, SAPD, gaan nie help nie, want hulle ondersteun mekaar. Afrikaners moet begin saam staan en ophou baklei al is dit oor MM. Dit help die volgende boer (teiken) niks nie.

Staan Sterk ·

In die stryd van al die dinge wat ons deurmaak – my simpatie vir almal wat daaronder famielie, vriende en hardwerkende ouers verloor het. My vraag is – sal dit moontlik wees om “‘opgeleide”manne wat patrollie daagliks 24/7 kan doen? Sal dit moontlik wees vir bv spanne wat mekaar aflos? Nie werkende blankes wat bereid is om ‘n projek te begin implimenteer wat later soos kommando beheer operateur? Dit gaan baie beplanning en koppe bymekaar vat omdat dit baies as ‘n nie winsgewende ding vanaf die grond te begin. Later kan daar dalk dmv donasies en landwyd saamtrekke wees in streke om beter strategie en opleiding te kan bespreek . Daar sal geldige dokumente, wapens, voertuie, nag-visie toerusting, kleredrag, tweerigting kontak, bymekaarkom punte, en vele meer bekom word. Dis al hoe hierdie hartseer situasie vierkantig in die oë gestaar en werklik beheer gaan word. Teenkant met mag! As daar ander voorstelle is moet dit nou dringend begin. Ons praat maar aksie is min. Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand – met mag! Die operasie moet duidelik sigbaar en wettig wees. Betoging sal dalk die begin van ons stryd wees – maar sterk teenkanting – fisies ….baie beter. Sterkte aan almal. Ek sal swart aantrek!

Pieter Swart ·

So gaan ons aanhou praat of begin saam staan en aksie neem terwille van oorlewing?

Pieter Nel ·

Dit is hartverskeurend om na so boodskap te luister. Net een voorstel……Die video sal moet vertaal word in engels (Herkonstruktueer) om die boodskap verder die wereld in te stuur, sodat die wereld ook die boodksap en nood kreet kan verstaan.

Ek sluit aan by SWART MAANDAG!!!!!

Vas oortuig ·

Dalk as Julius Malema van die samelewing of nog beter aardbol verwyder word sal die geweld minder word of dalk stop. Ek is 100% vas oortuig dat hy agter alles sit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.