[Video] Boer sterf 2 dae na dogter se geboorte

Deon en Heleen. Foto: Verskaf

Deon en Heleen. Foto: Verskaf

ʼn Boer van Brits is Sondag in die vroeë oggendure dood nadat ʼn motor, wat aan die verkeerde kant van die pad gery het, teen sy bakkie gebots het.

Deon van der Merwe (41) was van Pretoria op pad terug plaas toe nadat hy by sy vrou, Heleen, in die hospitaal gekuier het. Sy het twee dae vantevore geboorte geskenk aan hul babadogtertjie, Nica.

Riaan Bester, ʼn baie goeie vriend van Deon, het aan Maroela Media gesê die pa van drie was baie opgewonde oor die koms van die nuwe pienkvoet. “Hy het nog Saterdagoggend vir my foto’s gestuur van Divan (8) en Monya (5), hul ander twee kinders, wat vir baba Nica vashou. Hy was baie opgewonde oor Nica se geboorte.”

Volgens Bester het Deon kort voor middernag teruggery van die hospitaal af nadat hy Heleen en Nica besoek het. Deon het op die N1 Noord gery, toe ʼn bestuurder in ʼn VW Polo skielik van voor af teen die vloei van die verkeer gery en teen ʼn hoë spoed reg van voor teen Deon se bakkie gebots het.

Die ongelukstoneel. Foto: Foto: Advance Paramedic Assist/Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Foto: Advance Paramedic Assist/Facebook

“Die bestuurder van die Polo was op die N1 in die rigting van Limpopo op pad toe hy vermoedelik die polisie gesien het wat altyd daar langs die pad sit. Hy het vinnig omgedraai en teruggejaag teen die verkeer in. Dalk was hy onder die invloed van alkohol of die motor was gesteel. Ek weet nie waarom hy omgedraai het nie, maar hy het Deon se bakkie reg van voor getref,” het hy gesê.

Die bestuurder van die Polo is op slag dood. Deon is per ambulans na die Montana-hospitaal gehaas, waar hy ongeveer ʼn uur later aan sy beserings beswyk het. “Toe [Deon se] ouers by die hospitaal opdaag, was hy reeds dood aan die veelvuldige beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het,” het Bester gesê.

Hy het gesê hy sal Deon altyd onthou vir die positiewe manier waarop hy die lewe aangepak het. “Hy was ʼn sakeman en moes al deur baie stresvolle tye gaan in sy lewe, maar hy het dit altyd met ʼn glimlag en ʼn positiewe uitkyk gedoen. Hy was altyd so opgeruimd en het nooit kwaad in iemand anders gesien nie. Hy het absoluut geleef vir sy vrou en kinders.”

ʼn Gedenkdiens vir Deon sal Vrydag in die NG Kerk Wes-Moot gehou word.

‘n Ooggetuie het die video geneem oomblikke voor die motor teen Deon se bakkie gebots het:

[wpvideo A6rhdyXZ]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Charlotte ·

So so hartseer vir die familie..mag God jul krag gee en styf vashou in hierdie tyd!!!

B ·

Ai dit is so ongelooflik hartseer!Ons innigste simpatie vir julle gesin!Mag die Here julle styf vas hou in die moeilike tyd!

Wellnessworld ·

Almal by Wellnessworld gaan Deon se vriendelike glimlag en sprankelende persoonlikheid so mis. n Hartseer dag met heengaan van n wonderlike mens!

Danie ·

Ai my sterkte aan sy vrou en famielie dit is n groot verlies en ons vra dat God julle sal deur dra in die tyd van hartseer amen

Leon Pit ·

Die lewe is kort benut elke oomblik sterkte aan sy vrou en familie. Bly die vark is die ewigheid in.

Amadia ·

Deon, ons gaan jou kuiertjies mis, jy was n Kliente en n vriend! Baie sterkte aan jou vrou en kinders, en jou ouers wat agter bly!

Oom Kalahari ·

Wat ‘n pragtige jongman en Vader en nou is sy lewe op so ‘n onnatuurlike manier weggeskeur van sy familie en dit kort na die geboorte van sy welkomde klein pienk voetjie. Dit is dinge wat trane in ‘n grootman bring asook hartseer. Die trots en blydskap het in ‘n nagmerrie geëindig deur ‘n wettelose mens wat se doelwit was om mense se lewens te neem of in gevaar te stel deur sy misdadige optrede. Heleen, kinders, familie, kollegas en vriende, ons gebede gaan uit na jul in hierdie tyd van rou en mag Deon vir altyd in jul harte voortleef en vertroetel word. Sterkte en alle medelye. Deon RIV.

Buitestander ·

Ek bid vir die kinder en vrou dat God julle in sy sterk arms teen Sy bors sal vasdruk en vertroos. Ons sien nou deur ‘n spieël en ‘n raaisel.
Ons weet nie hoekom dit gebeur het nie maar eendag sal ons wel.
God sal julle staande hou in die moeilike tyd glo en vertrou net op hom. Hy sien die groter prentjie.

Gertie de Meyer ·

As buitestaander sien ek ‘n Geesgevulde man/seun/vader/vriend. Deon, jou werk op aarde is verby. Jy het oorgegaan na die Anderkant en is deel van ‘n skare waarna ons ook uitsien. Hy wat jou geneem het sal jou ouers, gesin en familie troos en versorg tot Hy weer terugkom. Heleen, julle sal altyd Deon se teenwoordigheid ervaar. Sterk wees, ons bede is met julle.

charlene ·

Dis so ongelooflik hartseer en nog erger dat hulle hom montana toe gehaas het, ek is seker as hulle hom na `n hospitaal gevat het wat beter diens lewer sal Deon nog gelewe het. sy dogtertjie gaan nie eens haar pappa ken nie en dit ongelooflik hartseer. en die arme mamma wat nou alleen is. Sterkte aan die familie, mag julle mekaar se seer help dra.

Narike ·

Charlene, Montana is nie ‘n slagte hospitaal nie. Ek was al met twee noodgevalle daar en dit was top diens wat gelewer was. Ons moet nie nou beskuldig nie. Dit was Deon se tyd om na die Hemelse Vader te gaan. God sal Sy hand oor sy familie hou.

Gesiggie ·

Hoe onregverdig is die lewe nie… n lewe word gegee en n lewe word geneem… ons sal nooit die weg van die lewe verstaan, Deon het vir 2 dae die geleentheid gehad om sy nuwe baba dogter vas te hou… Aan Deon se Familie, aan sy vrou en kinders en Familie…. woorde sal nie jul seer kan wegvat, mag God aan jul die krag gee, om aan te gaan om te verstaan.. hoekom dit nou moes gebeur, Sterkte aan jul as n Familie… en als wat mooi is vir baba Nica…

m ·

Dis so hartseer. Baie sterkte aan hierdie familie in hierdie tyd. Mens het nie woorde nie. Dis so jammer dat onskuldige mense se lewens weggevat word deur onverskillige bestuurders………

Elna ·

Deon jy was ‘n merkwaardige mens. In die amper 20 jaar wat ek jou ken was jy altyd dieselfde en jou lag het almal aangesteek. Ek gaan jou baie mis want ons geselsies was baie special. Die Here sal Heleen en jou 3 pragtige kinders in Sy skoot vashou sowel as almal wat vir jou lief was. Rus Stil ons sal jou weer sien wanneer dit ons tyd is.

Nico en Lenie Strauss ·

Deon se Pa, Pierre en Nico het vir jare saam visgevang en Deon het gereeld daar by die viswaters kom dagsê Ten minste een maal per maand het Pierre eers by ons kom inloer voor hy by Deon oor midagete gaan kuier het. Wat die hart van vol is loop die mond van oor en die meeste van die geselsies het gewoonlik oor Deon se doen-en- late gegaan. Ons dink met baie liefde en deernis aan Pierre, Sarie, Surita, Heleen en kinders

Mariette ·

My innige simpatie aan die familie en vrou en kinders. Mag julle vertroosting vind in hierdie baie moeilike tyd.

Olga ·

Ai daar is nie woorde wat die hartseer kan beskryf nie. Mag julle as ‘n gesin net die mooi onthou vir altyd en weet dat ons almal net geleen is vir mekaar en ons weeet nooit wanneer Ons Vader ons kom haal nie. Sterkte aan julle!

adri ·

Baie baie hartseer sterkte aan die familie ons gebede is met julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.