[Video] Boere bid langs N1: “Ons bid vir verandering”

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Honderde mense, die meeste van hulle boere, het langs die N1-snelweg bymekaargekom om vir die land te bid. Die beweging is in Ventersburg van stapel gestuur en het op sosiale netwerke momentum gekry.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

CHRISTA ·

Ek het lankal gesê ons moet terugdraai na ons liewe HERE toe. Ons kerke is ‘n sprekende voorbeeld van hoe ons mense van die HERE afgedwaal het.

Janine ·

Ek dink dis ‘n goeie begin. Ons sal net deur God gehelp word as ons bid en vertrou. Wat my van die hele aksie hinder, is die plek wat hierdie mense gekies het. Waarom so ‘n openbare vertoning hiervan maak soos die Fariseers? Daar is tog kerkgeboue en die binnekamer soos deur die Bybel aanbeveel. Ons het ‘n hele gebedsgroep wat elke aand om 21:00 vir ons land bid. En dan vertrou en glo ons dat God ons gebede op Sy tyd sal verhoor.

Tokkie ·

Janine ek dink nie dit was ‘n Fariseersvertoning nie. Dit stel ‘n mooi voorbeeld (aan ons jongmense wat nie hierdie voorreg het om dit in hul eie huise te kan beleef nie) van manne en vroue wat nie skaam is om tot God te bid vir hulp nie. In liefde wil ek jou vra dat eerder as om te oordeel gaan in jou binnekamer en dank God dat daar gebid word vir die toestand in ons land en dat al meer en meer mense besig is om terug te kom na Hom.

Anita ·

Janine, daar is seker niks mooier as boere wat op die grond neerkniel en bid tot ons Vader. Elkeen doen dit seker op sy eie manier?

Liewe land! ·

Ai, Janine – Hoe gebonde is jy nie. Jou kommentaar laat my dink aan die ou Halleluja liedjie ‘Jy in jou klein hoekie en ek in myn’.

Ek (soos die mense wat langs die pad bid) skaam my nie vir die Evangelie nie – En jy?

Laat Jesus toe om jou te bevry van al die ou bagasie wat jou so bind. Ek kan dit werklik aanbeveel.

Natasha ·

Dit is so mooi om die manne te sien, groot en sterk, en hulle kniel voor God om hulp te vra. Dít is ware manne! Weereens is dit die Boere wat vir almal bid, terwyl ander net plunder en moor. Voorwaar ‘n voorbeeld wat hul uitdra!

Natasha ·

Die Woord van God leer ons dat die mense van hierdie wêreld (soos Pèter) sal sê dat ons ( kinders van God), dom dinge doen, maar in God se oë doen ons die regte en wyse dinge. Ten minste roep die Boer uit na ‘n Opperwese om hulp. Slim Pèter kan nie eens die groot woorde reg spel nie….hoe wil hy nog die steun van mense agter hom kry? Regtig belaglik!!!

Vivien ·

Thomas also doubted,……where did it get him? Jammer ou Fanie, maar my God is tot alles instaat….just you watch and see while we watch and pray.

SNEL ·

Ons kan bid, en soos die Woord sê, ons kan beplan, maar God sal bepaal. Wat God se Wil vir die land is, sal ons nie weet, maar ja, op mens se knieë moet mens bly. Die wit Suid Afrikaners is seker die gelowigste volk ter wêreld, so om te sê hulle moet terug keer na God toe, ek stem nie saam nie. Miskien is dit die magdom ander wat moet bekeer. Die situasie is soos om siek te wees en te bid om gesond te word, maar jy gaan sien ook nie n dokter nie, of om te bid jy doen goed in n ding, maar aan jou kant doen jy niks. Die Here het vir ons n gesonde verstand gegee om moeilikheid te sien en oplossings te vind, om te sit en bid gaan nie alleen help nie. Bid eerder dat die Here ons lei en wys hoe ons moet maak om uit die situasie te kom. Ek weet net, so gelowige soos wat die Voorstrekkers was, hulle het gebid en die roer gevat en plan gemaak. Bid alleen, sonder n aksie van ons, gaan vrugteloos wees. Ons kort eenheid, koers en rigting (die Here moet ons lei) om uit die situasie te kom.

Tokkie ·

Snel

Ek stem grotendeels met jou saam behalwe vir die “gelowigste volk ter wêreld”. Jy sal verbaas wees om te weet hoe ons mense al van die Here af weggedwaal het. Daar is kerkleiers wat beweer dat daar maar ongeveer 2% belydende weergebore Christene in SA is.

Carlo ·

God is tot alles in staat. Maar onthou tog jy moet af en toe self ook iets doen! Bid is n gedeelte van wat ons moet doen. Ons kan nie verwag Hy moet alles doen nie.

Therese van Schalkwyk ·

Het regtig gehoop dat duisende mense hierdie geleentheid gaan ondersteun toe dit aangekondig is sowat ‘n week gelede, maar helaas.

Gebed moet net een deel van die aksie uitmaak. ‘n Massa-saamtrek kon ‘n baie groter indruk maak. Duisende boere, en hul plaaswerkers, wat optrek met hul trekkers en sonder doekies omdraai wys hoe keelvol hulle vir moorde en misdaad is, sou die ANC-regering dalk laat regop sit het. Internasionale media-spanne kon die wêreld inlig oor die tragedie wat op plase in SA afspeel.

Ja, Afrikaners is nie oproerige mense nie, maar hierdie is so ‘n ernstige saak dat uitsonderings gemaak kan word. Boere in Frankryk maak amper amok en wys emosie oor dinge wat hulle omkrap, niks fout daarmee nie. Hierdie honderd plus nog ‘n paar boere wys vir die regering dat hulle niks te vrees het van hierdie kant nie.

Dalk moet die Franse Hugenote-bloed in ons are ‘n slaggie begin kook, of is die situasie nog nie ernstig genoeg na die stilswyende meerderheid se mening nie?

Tokkie ·

Therese iewers het ek die aankondiging gemis (en dalk ook baie ander) anders sou ek definitief ‘n plan gemaak het om te gaan

Jan ·

Ek stem saam met die meeste, ma een man Moses het sy arems omhoog gehou en God het die menses deur die rooi see gevat, so kan God ook net die gebede van een regverdige boer beantwoord en ons situatsie in die land beantwoord, laat ons nie God en Sy mag in n boks plaas nie , als is moonlit vir die Wat “GLO”.
BAIE bankie Here dat ek mag weet dat U bestaan en dat U n belooner is vir die Wat U Soek ” Heb 11 vers 6″ so my gebede is vamore Here Dat U U oor sal neig na die boere se gebede, “Jesaja 59 vers 1 die oor van die Here het nie doof geword nie en sy arm nie te kort om te help nie ” so baie dankie vir U hulp Here in Jesus naam Amen en Amen.

anita ·

Het julle vergeet van die dag toe n handtjie vol boere gebid het vir KRAG!
SLAG VAN BLOEDRIVIER..
onthou, jou sekerheid is vir GOD n geleentheid om sy vindingrykheid, sytrou liefde en sorg, sy mag en genade aan jou te wys.jy kan maar tot hom roep.in elke omwenteling en stroomverandering is HY by jou en lei HY jou steeds…
johann symington

Ria ·

Dank die Here dat daar nog mense is wat op God vertrou, ons bid saam met hulle en daar sal uitkoms kom.

Alta Eygenberger ·

Dit is die enigste uitweg. Ons God is Groot. Amen

Michele ·

Die boere van ons land is n goeie voorbeeld. Dis tyd dat ons almal ons knieg buig en begin bid dit maak nie saak waar nie! Gebed is die enigste uitweg.

Deon Kruger ·

Mense, kom ons hou op om mekaar te kritiseer, en kom ons ondersoek eerder elkeen sy eie lewe in alle eerlikheid voor God. God kyk na die mens se hart. Ons het nodig om die Here te soek soos nog nooit tevore nie, wit ,swart, geel, maak nie saak watse nasie en afkoms nie, ons het almal God nodig. Ek dink dis ‘n wonderlike ding wat hierdie mense gedoen het, dis ‘n bewys dat hulle besef ons het die Here nodig, en dis die regte plek om te begin.

Rina ·

Watter pragtige gesig! Ware manne wat die knie voor hul KONING buig en God vra vir hulp!
Geseënd sal hul wees in hul huise en omgewing!
Hulle stel ‘n reusagtige voorbeeld van wat gedoen kan word en hulle was net gehoorsaam.
Want dit gaan nie hier oor kerke of godsdiens nie! Dit gaan oor mense wat hul toevlug met opregte harte soek tot die ENIGST EEN wat KAN help en beskerm! Mense wat moeg is vir die vyand se steel slag en verwoes deur ander mense op onskuldige mense.
En die enigste op wie mens REGTIG KAN VERTROU!
Mag dit die begin van baie sulke Gebedsbyeenkomste wees.
Mag dit die begin van die draaipunt in mense se harte en gedagtes wees.
Ek salueer julle manne wat daar was!

Manda Rossouw ·

Dankie Here Jesus vir wat U vir ons land gaan doen. Ons glo dat U ons roep na U hoor. Verheerlik U Naam! U is die oppergesag en U is in beheer al wil die vyand ons laat glo dat daar nie hoop is nie en dat U nie omgee nie. U het aan die kruis oorwin oor alle boosheid en vir ewig U liefde bewys vir alle mense. Hieraan sal ons vashou selfs al wankel alles wat deel van hierdie wêreld is. U, ons rots sal nooit wankel nie en U koninkryk sal nooit eindig. Amen.

Brian ·

Ek is baie bly om hierdie video te sien. Al woon ek in die UK (my moeder taal is Engels), staan ek saam met al my broers en susters in Suid Afrika wat Jesus volg. In Christus is ons nuwe mense, ‘n nuwe volk, een volk met Jesus as ons koning. Jammer mense dat my Afrikaans so swak is. Ek wil ook hierdie geleentyd neem om my Afrikaans vriende vergifnis te vra vir al die verskriklike dinge dat die Engelse mense in die verlede gedoen het. Die meeste Engelse ken nie die Here nie. Dit maak my baie seer. Dinge is ook baie erg in die UK. Die hele nasie hier het van die Here weg gegaan. Ek sal vir die mense van Suid Afrika en ook die UK bid. Dit lyk asof ons definitief in die “last times” lewe . Liewe vir almal. Dankie.

Maryna ·

Al ons familielede is jammer ons het die saambid gemis. Het niks daarvan geweet nie! Kan julle nie asb weer so iets reel nie. Die israeliete het uitgeroep na Abba Vader en Hy het hulle gehoor. Talle voorbeelde in die bybel waar na die Here geroep word, dit is soos ‘n oorlogskreet in die geesteswereld. Die Israeliete het geskreeu en die mure van Jericho het omgeval. Die Here sal voor ons uittrek, sy engele stuur om die vyand se kamp uit te roei. In hierdie land mag slegs God aanbid word – in die parlement, in die skole. Abba Vader is ‘n jaloerse God, daar is geen ander. Eers moet ons almal voor Hom neerbuig en verootmoedig. Ons sal oorwin in Sy Naam alleen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.