[Video] “Boere moet nie moed verloor”

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Boer van Mpumalanga het ‘n projek aangepak om boere in die droogtegeteisterde Wes-Kaap te probeer help.

Jannie Neuhoff het, in samewerking met Agri SA, 1 500 bale voer geskenk wat in Beaufort-Wes afgelewer gaan word.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eish ·

Wonderlike deernisvolle gebaar.
Ek slaan my oë op na die berge.
Waar sal daar vir my hulp kom?
My hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het, wat trou bly tot in ewigheid en wat nooit laat vaar die werk van Sy hande nie.

zunette du toit ·

Baie baie dankie aan daardie boere wat die ander in die Wes-kaap help met voer julle sal geseën vir hierdie goeie dade – dankie dankie !!!

Tess ·

Ek is nie ‘n boer van beroep nie maar ek se namens hulle DANKIE! Mag die liewe Vader jou buitengewoon seen met Vrede

Candiece ·

Baie baie dankie an die goeie Suid Afrikaaners wat dit vir mekaar doen en dankie Here vir daai goeie mense. Sonder die boere het ons nie kos nie. Ek en my familie is so dankbaar.

Moedeloos gevra en gesmeek ·

Hartseer…maar weereens wil ek noem…Delmas het 5 maande terug al donansies bymekaar gemaak, en NIEMAND was bereid om met transport te help nie…??? N paar vragte kon n paar beeste en skape gered het…en steeds le die donasies hier…ons het moed opgegee om hulp te vra vir transport, inteendeel die hulp wat aangebied was, wou ons skenkings aan die arme boere verkoop!!!!

Marlize Pieters ·

Stuur asb. vir my ‘n e-pos met kontak besonderhede.
Ek maak geen beloftes nie maar wil graag help.
Ons werk gereeld met Hendrik van Wyk vervoer en hulle is awesome mense.
Kan ook probeer om met ander vervoerkontrakteurs te onderhandel.

Christina ·

Moedeloos gevra en gesmeek Kan jy nie daardie persoon bel nie asseblief?

AMANDA ·

MAG GOD JOU/JULLE SEëN. LAGGEND EN BLY IS EK WRAGGIES!! DAN MET DIE HOOP DAT JUL ERVARING SOOS DIE KRUIK VAN DIE WEDUWEE SAL WEES . MAG HY SY ENGELE STUUR EN JUL PAD VERLIG. DANKIE DAT U MENSE GEBRUIK OM WELDADE AAN LANDGENOTE TE BRING. DANKIE MET HOOP DAT ANDER KAN AANSKOU EN AANVUL BY DIE MOOI GEBAAR VAN HULP AANBIED. DANKIE!!!

CHRISTA ·

Het Beaufort-Wes ‘n stasie? Indien wel, hoekom kan TRANSNET dit nie vir hulle vervoer nie?

Uh-uhm ·

Ek dink omdat die idee is dat die voer by die BOERE wat dit nodig het moet uitkom, daarom gebruik mens vervoer kontrakteurs, amper soos as jy wil hê n pakkie moet sy bestemming bereik, jy gebruik n koerier en nie die poskantoor nie, dis is eintlik heel voor die hand liggend

Alwyna Holtzhausen ·

Daar is nie woorde om hierdie onbaatsugtige gebaar te beskryf nie…dankie dat daar buite nog mense is met n hart…jy sal geseën word!!!

Vryheid ·

Ek het met n boer gepraat wat onlangs uit sy eie sak 50 kospakkies laat opmaak het vir n plakkerskamp wat naby sy dorp afgebrand het. Wil net weet of malema bewus is hiervan en of wat het die eff al gedoen vir hul medemens?

Tanya ·

My pa het wel nie 1500 bale geskenk nie maar wel 150 bale en n ander boer doen die vervoer van dit verniet! Dit word 1000 km ver aan gery van leandra mpumalanga af!

Boer ·

Ek wil almal nie onder dieselfde kam skeer nie maar as jy weer die karkaste so op die veld sien le, dink gerus daaraan, daai R100 wat jy kon geskenk het om daai dier te help sal nooit in daai boer se sak geeindig het nie. Daai R100 verseker dat jy nie oor kersfees R300/kg vir vleis betaal nie, jy verseker net die kos wat jy eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.