Video: Boere soek vergoeding vir plaasaanvalle

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Boere van die Brits-omgewing wil finansiële vergoeding van die regering eis vir gesinne wat deur plaasaanvalle geraak is. Keelvol inwoners het Vrydag ‘n optog na die plaaslike polisiekantoor gehou.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ria ·

TROTS op elkeen van hierdie BOERE !

Zuma sit veilig in sy KASTEEL, met ons geld is al die verbeteringe, sekuriteit, ens. aangekoop – HOOGTYD daar word aksie geneem, jammer dis nie LANKAL gedoen nie – OEFEN SOVEEL AS MOONTLIK DRUK UIT OP HULLE.

Helizna Kilian ·

Aangesien die regering die kommando’s weggevat het, en niks in die plek daarvan gesit het nie, sou ek so reken, ja!

Hernus Vermeulen ·

Dis reg. Jammer, maar ek moet vra: hoeveel van hierdie mense het DA gestem in die verkiesing? Die rede is omdat beide die ANC en DA nie plaasmoorde as prioriteit misdaad wil verklaar nie. Die DA is opposisie in Noord-Wes en dus wil ek weet hoekom hierdie mense nie ook optrede van die opposisie eis nie. Maar as ek kon het ek saamgestap!

Nico Coetzee ·

Daar word heeltemal vergeet dat die regering miljoene Rand in Boedelbelasting uit die vermoordes se boedels invorder. Voorts moet beseerdes hulle eie mediese koste betaal. Dit is alles bog en die staat moet in hierdie gevalle boedelbelasting kwytskeld en instaan vir ALLE mediese koste.

Shannon ·

So ‘die boere’ gee die regering 60 uur om te reageer. Of was dit 60 dae ? Dalk is 60 seisoene meer redelik.
Hulle dring ook aan dat “die regering meer doen” ? En die moorde moet “nou tog net klaar kry”.

Ja kyk, as jou mense nie eens self die wil of intellektuele vermoë het om tot die besef te kom dat niemand hulle gaan te hulp snel nie – meeste van al die juiste regering oor wie hulle so kerm – dan is die saak gedoem.

Hoekom het hulle toe nou maar ingestem om die kommando’s af te stel ? Omdat hulle werklik sin gesien het daarin ? Omdat hulle `n regering belofte geglo het ?

Ek voel werklik jammer vir hierdie mense, veral die kinders wie te jonk was om enige verskil te kon maak in die dae toe dit nog moontlik was. Maar behalwe vir dit, kry vir jou swaer, kry vir jou. Die wind gaan nog lank tyd waai.

Johan Schoultz.Snr ·

Ek stem saam, my seun is op 7 Desember 2011 aangeval, met n .308, ,303 asook n hael geweer geskiet, hy het wonderbaarlik oorleef maar sit vandag met n innerlike en geestelike emosionele pyn. Hy moet oorleef en ek glo hy worstel elke dag van sy lewe agv daarvan. Hy moet werk om sy gesin aan die lewe te hou en sy aanvallers loop vandag steeds vry. Hoe hanteer n mens sulke gebeure?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.