Video: Boere wat besoedel dalk hof toe gesleep

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die departement van waterwese en sanitasie dreig om plaaseienaars én selfs munisipaliteite hof toe te sleep wat bydra tot die besoedeling van riviere.

In die Wes-Kaap is dié departement tans op ‘n veldtog waar hulle melkplase besoek om vas te stel of hulle aan die nodige omgewingsvereistes voldoen.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

selfbeskikking ·

Die grootste sondebokke wat besoedel is meestal onbevoegde , onekwalifiseerde munisipale , staat en provinsiale amptenare wat nie hulle werk kan of wil doen nie .

Mis van diere kan aangewend word om energie op te wek!

Grassie ·

Daardie dept van waterwese en sanitasie is veronderstel om toe te sien dat riviere en damme nie besmet word nie. Intussen stort die meeste munisipaliteite openlik rou riool in die riviere en daar kraai nie ‘n haan na nie. Die water is so besmet dat menslike kontak daarmee vermy moet word. Nou wil die ou spul die boere kom aanvat oor ‘n bietjie beesmis. Miskien reken hulle mensmis is skoner as beesmis. In die ou dae het die trekkerboere hul hartbeeshuisies se vloere met beesmis gesmeer. Hulle het in die hoëveld waar nie bome is nie ook droë miskoeke opgetel en in hul stowe daarmee vuurgemaak. Hulle het die droë miskoeke “osholstompe” genoem.
Ek dink die amptenare is daar in die Wes-Kaap net besig om die boere te treiter. Miskien sit daardie ou wat nie sy neus uit ander se sake kan hou nie, daar agter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.