[Video] Boeregemeenskap se polisiestasie glo onbeman gelaat

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende polisiehoof van Noordwes, het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die situasie by die Assen-polisiestasie, wat meestal die boeregemeenskap sowat 60 km noord van Brits bedien.

Dit volg nadat ʼn video van die stasie wat helder oordag onbeman gelaat is, wyd op sosiale media versprei is. Na wat verneem word, het ʼn plaaslike inwoner Dinsdag omstreeks 17:00 die polisiestasie besoek en daar was niemand om hom by te staan nie. Hy het ʼn video op sy selfoon geneem waar hy regdeur die hele stasie gestap het sonder ʼn polisiebeampte in sig. Hy noem in die video dat die telefone en radio ook onbeman gelaat is.

“Die situasie wat deur die inwoner aangemeld is, is ongevraag. Ons het ʼn verantwoordelikheid om ʼn diens aan die gemeenskap te verskaf,” het Tsumane gesê. “Die beamptes wat aan diens was, sal behoorlik verantwoording moet doen vir waar hulle toe was.”

Tsumane het die streek se bevelvoerder opdrag gegee om ʼn amptelike ondersoek oor die voorval van stapel te stuur.

Hy het alle polisiebeamptes in die provinsie gemaan om aan hul ampseed en die beginsel van Batho Pele (plaas die mense eerste, bo jou eie doelwitte) te voldoen. “Ons diens by ontvangs is ʼn prioriteit en dit kan nie verslap nie,” het hy gesê.

[wpvideo VfYyi1mg]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Dit is orals standard praktyk, geen verantwoordelikheid nie, van bo tot onder in die regering

Elfie ·

Om eerlik te wees is baie stasies wel beman maar kan netsowel NIE wees nie, so min gee hul om of doen wat hul veronderstel is om te moet doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.