Video: Boetebessie oortree padreëls

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Mogale City-verkeersbeampte van die Wes-Rand is onlangs op kamera afgeneem waar sy haar amptelike voertuig by ʼn stopstraat stilhou, en dit as ʼn parkering gebruik terwyl sy gaan kos koop het.

ʼn Leser van Krugersdorp News het ʼn video van die voorval geneem en dit aan die koerant verskaf. Die leser, wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, neem die beampte af waar sy by die stopstraat stilhou, uit die voertuig klim, en dan middagete by ʼn kafee in Voortrekkerweg koop. Nadat sy haar middagete gekry het, stap sy rustig terug na die voertuig. Sy trek weg en begaan dan nóg ʼn verkeersoortreding deur regs te draai uit ʼn baan waar dit verbied word.

Die Krugersdorp News het die video aan die Mogale City se verkeersdepartement gestuur om daarop te reageer. Lees meer hier.

Bron: Krugersdorp News

http://youtu.be/WIU0Qt6XT3U

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christien Kruger ·

Ek woon in die dorp en hierdie is nie vreemde gedrag van verkeers beamptes van die raad nie. Hulle jaag, verontagsaam robotte en stopstrate, en daar word kort kort gesien hoe omkopery plaasvind.

Luipaard Straat is n prostitusie en dwelmnes, en MCLM voertuie trek saans mense af en intimideer hulle in plaas van om die misdaad wat ooglopend rondom hulle plaasvind te bekamp.
Swaarvoertuig bestuurders parkeer onwettig terwyl hulle dwelms koop en prostitute oplaai, maar gewone motoriste word geterroriseer.
My man was afgtrek en om sy bestuurslisensie gevra, waarop die swart beampte toe ook myne, as passasier wou sien en ook aan my gevra het of ek gedrink het!
Ek voel meer van ons moet die gekspul afneem sodat daar teen hulle opgetree word alvorens hulle die wet op partymaal onskuldiges afdwing.

Marlene Oosthuizen ·

10 uit 10 vir die leser wat haar afgeneem het. Ons almal moet dit begin doen. Dieselfde reels geld vir hulle as vir ons. Hoekom moet ons altyd aan die kortste end trek maar die verkeersbeamptes/polisiemanne kom weg met alles

Marlene ·

Stem 100% saam met jou, maar sorg dat jou voertuig afgesluit is en wettiglik geparkeer is alvorens so opname gemaak word, anders word jyself ook beboet (selfoon in die hand).

Maryna ·

Ek bly ook in Krugersdorp. Die ergste van alles ons het al gekla.. briewe geskryf en mense gekontak by die verkeersafdeling en niemand doen iets nie. Ons bly in ñ woonstelblok in Commissionerstraat. Mense parkeer hulle voertuie op die sypaaitjie by motor is al so gekrap en duike in. Ek stop my motor in ñ gereseveerde parkeer area en nog is dit ñ probleem. Hierdie woonstelblok het nie ñ parkeerterein nie. Vrydae en Saterdae aande jaag die mense so hier mens lê in vrees en wag wanneer hulle jou motor stamp. My een motor is al gestamp a.g.v dronk mense en nog doen Mogale City niks aan die saak nie. Verkeerskonstabels ry met fone op hulle ore en doen jy dit word jy beboet. Dink Mogale City se verkeersmense moet begin hulle oogklappe verwyder. Mense ry sonder rybewyse motors wat nie op die pad is nie en nog word daar niks gedoen nie. Ek het eendag gestaan en kyk hoe ñ vrou wat nie ñ bestuurslisensie het nie in ñ ander motor ingejaag het. Die verkeersmense het verby gery en gemaak of hulle niks gesien het nie. Dis ñ SKANDE…

Lourens ·

En dan word die kar as n taxi ook nog gebruik… Die ander een wat inklim is beslis nie n verkeersbeampte nie…

Help anyway nie ons kla nie want dit gaan net aan

Marlene ·

Heeltemal reg, sommige van hierdie voertuie word ook gebruik om kruideniersware te gaan koop, of selfs wanneer daar verhuis word. En niemand rep ‘n woord.

yolanda van heerden ·

ek voel ons praat en praat en praat maar niks gebeur soos met Zuma nou hy gaan weg kom met al die miljoene en ons krepeer soek iemand wat meer kan doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.