[Video] ‘Boewe’ sak toe op huis, laat spaander ná skote

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Poging om by ʼn huis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in te breek is op kringtelevisiekameras vasgelê en wys hoe ses mans laat spaander as die huiseienaar vanuit die huis skote afvuur.

Die huiseienaar het die beeldmateriaal aan die South Coast Herald verskaf in ʼn poging om die verdagtes op te spoor. Die groep word moontlik verbind met minstens vyf inbrake in Junie in die Ifafa- en Bazley-gebied, noord van Hibberdene.

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe minstens ses mans op 21 Junie omstreeks 03:00 op ʼn huis in Bazley toesak.

Die South Coast Herald berig die mans het toegang tot die eiendom verkry deur oor die buurman se heining te klim. Die mans het vermoedelik een van die vensters met ʼn koevoet oopgeforseer waarna een van hulle sy hand deur die venster gedruk het in ʼn poging om die veiligheidstelsel te ontkoppel. Die inwoner het die geraas gehoor en ʼn skoot afgevuur om die indringers af te skrik.

Hulle het egter aangehou om die venster oop te druk. Die man het nóg ʼn skoot afgevuur waarna die groep met leë hande weggehardloop het.

Kapt. Vincent Pandarum, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ondersoek word ingestel om te bepaal of die groep met ander inbrake en voorvalle van huisroof in die streek verbind kan word.

Niemand is nog in verband met die voorval op 21 Junie in hegtenis geneem nie. Mense wat die mans op die video herken, word versoek om die Scottburgh-polisie by 039 978 1900/9918 te bel.

Bron: South Coast Herald

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

tamboti ·

Dit lyk glad nie of die roof deeglik beplan is nie, kyk hoe loop hul rond en bekyk alles, die veiligheidskamera en al. Die “””””verdagtes””””” het nie baie beplanning nodig nie – een lyk of hy sommer van die (drank)winkel af kom met inkopiesak.
Ons soek ingewikkelde oplossings vir primitiewe probleme!

henk ·

laat ek raai, die polisie gaan hierdie kriminele soek tot al ses opgespoor is. dan gaan hulle ses klagtes van poging tot moord registreer en die huis eienaar summier toesluit!

Andre ·

Henk , daai gedagte het ook eerste by my opgekom.Jy kan nie vanuit n huis na buite op iemand skiet as jou /ander se lewens nie direk berdreig word nie.Hoop nie die ou gaan moeilikheid optel nie.

Chris ·

Poging tot ses moorde en die klag daarby gevoeg, die afvuur van n vuurwapen in dorps gebied

Ben ·

Koop ‘n paar buiteligte met sensors wat jy enige plek kry. Ek het ‘n paar 240-Volt “Buzzers” of “Beepers” ingelas by die lig se bedrading. Dus as die lig/sensor ‘n liggaam optel en ligte aanskakel, skreeu die Buzzer/beeper en die rowers laat spaander. ‘n Uil laat dit ook afgaan soms, maar dit pla nie my nie. My hond en ek gaan kyk met plesier.

Sharpei ·

Dis belaglik indien die klagtes gebeur….hulle oortree en ek voel dis die eienaar se reg om op te tree…..maar aan die ander kant mag jy as bedreigde mos niks doen nie die booswigte is die enigste mense met regte……oh please

marlene ·

Die land word da deut x tronkvoels regeer. Mens kan nie verwag dat dieres v afrika beter gaan wees nie.

Simon ·

Ses verdagtes, donker van gelaats kleur met wit oe in die nag (Op kring televisie). Ons weet almal by wie dit pas. Gelukkig was die huis eienaar gewapen en wakker geword, anders was daar nog ‘n moord of moorde. Hy sal seker aangekla word omdat hy homself en sy eiendom wou beskerm.

Asjas ·

6 Mense en hul gesigte is nie bedek nie. Hulle het nie beplan om enige ooggetuies te los nie!! Jy kan op die kamera binne al sien dat jou lewe is in gevaar en jy het eers ‘n waarskuwings skoot afgevuur.

Jan ·

Gelukkig het die huis eienaar ‘n vuurwapen gehad, anders het ons nou van nog ‘n moord gelees. Laat Gun Free South Africa en diegene wat wettige vuurwapens teenstaan oplet: wapens in verantantwoordelike hande red lewens

Tiger ·

Gun Free SA moet in die plakkerskampe en townships gaan toitoi.Hulle is ‘n spul idiote.My man het handwapen al 36 jaar en het nog nie eenkeer nodig gehad om sy wapen op ‘n persoon te rig nie.ek het myne al 22 jaar en dis dieselfde.Ek hoop ons sal nooit nodig he om somiets doen nie maar ons sal nie huiwer om ons lewens te verdedig as dit moet nie.Dis waarvoor ons vuurwapens besit – en nie om me te spog nie .So Gun Free SA kan gaan doppies blaas.

Realisties ·

Hy sal nie aangekla word nie, op daardie stadium het sy lewe werklik bedreig gevoel en hy het niemand gewond nie. Dit was 100% korrekte optrede, indien hulle net na hom gemik het met ‘n vuurwapen sou hy direk op hul kon skiet. Hy het in alle waarskynlikheid hom & sy familie van ‘n gewisse dood gered, daar is nie twyfel, 6 aanvallers. So ou vat 5 jou familie kan met reg trots wees op jou met jou vinnige optrede. Dan wens ek almal het geld vir die kring televisie, ongelukkig moet mens ten minste 4 in ‘n erf aanbring om alles te dek, jy weet mos nou nooit wat lyk vir hul na die perfekte kant nie!!!!!! Beams help ook, so voor hul so naby kom gaan dit af, die gemors meot net nie vooraf deur werkers presies ingelig word hoe dit werk en waar dit sit nie.As jy iemand uitken, rapporteer, as jy bang is rapporteer anoniem. Die goed se planne moet uitgeroei word!

Maretha ·

Ek stem 100% saam jou. Beter kan mens nie die scenario opsom nie. Hy/sy sal beslis nie vir poging tot moord aangekla word nie. Net vir intressantheid: Definisie van Poging tot Moord (Attempted Murder): “Is die uitvoer van ‘n onwettige aksie met die voorneme om ‘n ander mens dood te maak maar wat nie daarin slaag om daardie mens dood te maak nie.” Die persoon het duidelik nie die intensie gehad om iemand dood te skiet nie, maar beslis om hulle te waarsku dat hy bewus is van hul teenwoordigheid. Ek hoop en bid dat elke inbraak op die wyse bëindig kan word.

Idee ·

Dankie vir die goeie raad realisties. Maroela, ek stel voor julle skryf n gereelde reeks artikels met kort, praktiese eenvoudige riglyne oor hoe ons onsself kan beskerm.

Mense regte komissie ·

Mense regte kommissie ek dog ek sê net ter inligting, hier is duidelike beeld materiaal waar jul kan sien dat hierdie 6 mans ander mense wat ook mense regte moet geniet, want hul dra by tot jul salaris, die staat, die land se ekonomie. So gaan beskerm nou daai huis en almal in die omgewing en vat die 6 vas, as jul dit nie doen nie, gaan hulle verder en iemand gaan seerkry, dalk vir ‘n tyd nie hulle nie, maar dit gaan gebeur, mense sal hul herken en weet jy moet eerste vir hulle skiet, dan is dit te laat.

FBrits ·

My stelsel is eenvoudig,net voor slapenstyd word alles toegemaak en word stelsel aangeskakel,indien enige iets oopgemaak of gebreuk word is alles geelektrifiseerd met 240 volt,indien die krag afgaan is daar n massiewe sirene wat inskop.waarskuwing teken is op hek.

So te sê ·

Laas toe ek my flits op die water geskyn het, het die krokodil se oog ook so geblink.

Lance ·

Goedso jammer paar is nie gewobd nie ….arme ou kan bly wees hy lewe !

Janneman ·

Hel, nie baie intelligent om wit te dra as jy gaan inbreek in die nag nie! En die ou met die groot panga het nie gekom om n boom af te kap nie.
Die antwoord is n regering wat gehalte onderwys kan bied, die ekonomie groei en werk skep sodat die gepeupel nie in die nag hoef rond te sleup nie – hoe jy die boodskap aan die ongeletterde massas deur kry is n ander saak?

Pastoor ·

Dit lyk of hulle kom werk vra nie. Vader wees ons genadig. Hoop hulle word vasgetrek. Weet nie juis wat die klag sal wees nie

Johannes Meintjes ·

Solank as wat al ons teen-misdaad pogings bloot reaktief, apaties en belangstellengloos bly, ook in die GPF, sal die misdaad voortduur en toeneem. Dit maak ons mense moeg, terwyl verliese aan lewe en besittings of besighede daagliks bygetel kan word tot die totale nasionale en subversiewe aftakelingsproses. Baie groter erns en pro-aktiewe misdaadbekamping word aangemoedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.