Video: Bokke sê dankie

‘n Skermskoot uit die video.

Die Springbokke het Sondag ʼn videoboodskap aan Suid-Afrikaners uitgereik nadat hulle met Wallis afgereken het vir ʼn plek in volgende naweek se Wêreldbeker-eindstryd.

Die video is in die Bokke se kleedkamer opgeneem kort nadat hulle met 19-16 oor Wallis geseëvier het.

“Ons wil net dankie sê vir julle ondersteuning, dit beteken regtig baie vir ons,” sê kaptein Siya Kolisi aan die begin van die video. “Hou asseblief aan om ons te ondersteun en boodskappe te stuur,” sluit Kolisi die video af.

Die Springbokke kom Saterdag teen Engeland in die eindstryd te staan.

Kolisi het intussen ook gereflekteer op die belangrikheid van Saterdag se wedstryd en die Springbokke se oorwinning in die 2007 Wêreldbeker-rugbytoernooi.

“Ek onthou wat dit vir ons as ʼn nasie gedoen het. Ek het nog nooit mense so bymekaar sien kom met sport nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa sal Saterdag se eindstryd in Jokohama bywoon. Ramaphosa het Saterdag telefonies met Kolisi gesels voor die eindstryd. “Ek kom daardie Web Ellis-trofee saam met julle [omhoog] lig,” het Ramaphosa gesê.

“Dit was regtig spesiaal dat hy die tyd ingeruim het om ons sterkte toe te wens, en nie net van hom af nie, maar van almal in Suid-Afrika af.”

Kolisi was ook vol lof vir Springbok-afrigter Rassie Erasmus. “Hy ken ons, en het ons deel van sy plan gemaak. Toe hy begin het, het hy dit duidelik gemaak dat die belangrikste ding die Springbok is.

“Hy het ons teruggebring aarde toe en vir ons gesê dat ons eers goed moet speel en dat die res dan sal volg. Dit is fantasties om te sien hoe alles bymekaargekom het, en om in die eindstryd te wees beteken baie vir ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jan ·

Ja ne, hoeveel gaan die soustrein die belasting betaalers kos.

remondo ·

Hou Kop Bokke , dit kan gedoen wees ….. hoog tyd om hom weer huistoe te bring

JJ ·

Bokke win DESPITE Wille. Hoe is hy daar, hy kan wragtig nie vang nie. Ons bench het die game deur getrek.

Derick ·

As mens na die geskiedenis kyk moet die bokke die een vat.
Gaan die ref ten gunste van die Bokke blaas.?
Gaan die Engelse dit vir hulle moeilik maak?
As mens kyk hoe die Bokke teen Wallis gespeel het, en hoe Engeland teen die AB gespeel het sien ek swarigheid vir die Bokke, maar glo hulle gaan net net wen.

André ·

Stem volkome saam Hein. Ek staan agter die Bokke, wen of verloor. Trots op wat hulle sover bereik het.

Hannah ·

Wat ‘n LEKKER verrassing om die video van die bokke te sien. Dankie! Julle plek in die eindstryd maak ons harte bly. Doen so voort. Dankie ook Siya, dat jy en die span ons Volkslied met soveel passie elke keer sing. Rassie, dankie vir jou stabile leiding en dankie dat julle trots en positiwiteit terugbring deur julle spel. Ons ondersteun julle onvoorwaardelik.

Johhnie ·

Ons het ‘n kans . Pos die kaptein en Willie. As Kolbe reg kies hom op heelagter. Frans Steyn op binne senter en Damien buite senter,. Frans kan ook verskiop!!! Gee die bal vir dwyn (DUANE)

marous ·

Weerhou die doellose wegskop en speel rugby . Dis wat gaan wen .

Susan ·

Ek is bly die Bokke het gewen, maar hulle sal hulle sokkies moet optrek as hulle Engeland will wen. Dankie ook aan Faf en Pollard, sonder julle weet ek nie wat die Bokke sou gedoen het nie. Ek glo en vertrou dat hulle die wa deur die drif kan en gaan trek.
STERKE BOKKE!

Loutjie ·

Ag ou Jan los nou die negatiwiteit en deel in die Bokke se vreugde. Ek dink almal van hulle doen hul bes en daar is duidelik n ander benadering …..positief….in Rassie se kamp. Dankie elke speler en Rassie dat jul tot hier gekom het vir finale. Mag jul Sat almal 110% gee vir SA. Sterkte

Lou ·

Bly di Bokke is in di eindstryd maar realisties gesproke dink ek nie hulle het meer as n 20% kans om die Englse te klop nie. Willie willie die bal vang nie en Faffie willie pass nie so dit gaan moeilik wees om driee te druk. Die arme voories sal maar weer die spit afbyt.

Ruiklont ·

Hi Lou, het die Bokke nie die meeste drieë gedruk nie? Hul is in die eindstryd met Pollard tweede op die lys van punte. As hul met absolute vuur verdedig asook aanval staan hul wel ‘n kans. Wat sal nou lekkerder wees as om die Engelse op hul neuse te laat kyk!?

SjN ·

Baie bly dat finaal gehaal is, hul sal slegs die beker huistoe bring as hul afwyk van hul bestaande spelpatroon wat skoppe aanbetref, die bal kom nie by die vleuels uit nie, sterkte en ek hou duim vas vir Saterdag.

Joey ·

Ons kan dit doen maar ongelukkig nie met Faf en Willie nie jammer maar dis hoe dit is

cobus ·

julle weet nie hoe werk die game nie!!! nou blameer julle vir Faf’hulle !!! dis die game plan mense, julle aan die slaap?? en sover het die game plan ons in die final!! wens julle wil net stil bly en die manne onderseun!!

Malherbe ·

Wie is die dude wat daar agter so op en af spring en die ding “photobom”?

Marie ·

Lyk vir my soos Hamilton (Hammie) Wessels van Dstv reeks, In Japan, Ja.

TwaalfBoor ·

Kyk asb verby al die vorige wedstryde. Die finals is ñ game op sy eie. Moenie dink dat die pommies nie stress nie. En sou hulle koppe te groot wees……. laat die All Blacks se verloor vir hulle ñ herrinering wees. Go Bokke… bring it home.

Griet ·

Go Bokke!! Al julle ander wat van beter weet – was julle al in sulke groot skoene?

sarel ·

die bokke en die walliese het nie verdien om in die semi finaal te wees nie.engeland 30% sterker as springbokkies so as julle geld wil maak sit dit neer op die wenspan

Karlahari ·

Nou wie moes in semi finaal speel?
Daar was uitspeel wedstryde gewees tot op half eindstryd en die wenners is daar.
NZ het ook maar lekker getjommel en engelse het hulle n les gegee met basiese skole rugby.

Roelien ·

Dankie Bokke!! Bring hom huis toe, ons sien julle een van die dae by die lughawe. Wen of verloor ons trots op julle!! 57 miljoen Suid Afrikaners se harte gaan daar wees saam julle Saterdag!!We love you <3

Siener ·

Roelien. Om te begin tel moet jy by 1,2,3 begin.
Daar is amper meer All Black ondersteuners in SA as Bok ondersteuners. Moet nie ons saamtel nie. My span is uit want hulle het verdien om te verloor teen Engeland maar my geld is op die Engelse.

Nettie ·

Go Bokke!!!!! Sterkte vir die einstryd maak SA trots wen of verloof ek sal altyd n Bok bly.
Eks bly Mnr Ramaphosa gaan om hulle te ondersteun……….

Jaco ·

Kan iemand vir my vertel hoe is dat Cobus geen tyd op die veld gekry het die laaste paar wedstryde nie. Sy skoppe was baie meer akkuraat. Sy balverspreiding was puik, en ja hyt sommer self n paar driee gedruk met uitnemende spel. Ek verstaan nie hoe Faf bo hom gekies word nie. Dan ook as jy kyk na statistiek gewys die risiko van bal id lug skop wat jy wen en hoe gereeld maak dit ook nie sin om heeltyd die bal te skop nie. Ek werk met statistieke en die syfers klop glad nie, wt mis ek?

bokkie ·

Wat ‘n inspirerende en puik kaptein. Kaptein span die seile.

Jaco ·

Frans, Cobus en Cheslin moet in finaal speel. Ons gaan meer aanvallend moet speel. Hoop regtig Rassie het n plan wat almal gaan verbaas deur iets anders te doen want eks bevrees as dit dieselfde game plan gaan wees van bal weg skop en hoop die Engelse laat val hom (wat nie gann gebeur nie) gaan ons n ernstige nederlaag kry.

m ·

Ja @jaco ek is geneig om met jou saam te stem, skop daai bal vir die Engelse soos teen Wallis en ons het ‘n probleem. Kan net hoop dat die Engelse hulle self stukkend gespeel het teen die All Blacks. Volgende Saterdag gaan ‘n tawwe een wees, maar is 100% agter die Bokke!!

dave ·

al wat ek se daai faf het amper die game gekos vir sa hulle moet hom replace vir die final

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.