Video: Bolhuis vra ‘nederig om verskoning’ oor stemopname

Die private speurder Mike Bolhuis. (Foto: Facebook)

Die private speurder Mike Bolhuis het om verskoning gevra vir rassistiese opmerkings wat hy in ʼn stemopname gemaak het.

In ʼn onderhoud met eNuus sê Bolhuis die stemboodskap hou verband met ʼn afpersingsaak teen ʼn jong student waarby ʼn sindikaat betrokke is. “Ek het die Wes-Afrika-sindikaat wat daarby betrokke is – hulle is by die meeste van die sake betrokke – van ʼn kant af uitgetrap op die foon, basies teenoor hom, om die kontras te skets dat dit nie ʼn beautiful, pragtige girl is aan die ander kant nie, maar dat dit ʼn sindikaat is.

“Ek het ʼn verskriklike haat teen hierdie sindikate en ek het my mond gespoel. Dit was absoluut onprofessioneel, onaanvaarbaar en verkeerd,” het Bolhuis gesê.

Rapport het vroeër berig dat kykNET se bestuur ná die stemnota, en op regsadvies, besluit het om die tweede reeks van die program Bolhuis te kanselleer.

“Die verskoning is daar, ongeag of die reeks voortgaan of nie. Dis die regte ding om te doen. Ek kan nie sê liewe Jesus voor en agter en ek is ʼn Christen en ek tel nie my woorde nie. Ek moet, en ek sal, my naaste liefhê soos myself, en ek sal deurdag wees in die toekoms voordat ek ʼn sindikaat aanspreek.

“Daar is baie woorde wat ʼn ou kan gebruik, daai woorde was onvanpas en onnodig,” het Bolhuis gesê.

Bolhuis het in die onderhoud gesê hy hoop ander mense leer uit sy fout en dat mense hulle woorde sal tel en brûe en verhoudings sal bou.

“Ek vra nederig om verskoning. Ek vra dat julle my vergewe. Ek het verkeerd opgetree. Dit was onprofessioneel. Ek het baie mense seergemaak, ek het baie goeie verhoudings met baie mense en ek hoop dat julle dit in julle harte kan vind om my te vergewe.”

Bolhuis wou Vrydag geen verdere kommentaar oor die saak lewer nie en het navrae na Rian van Heerden, die vervaardiger van Bolhuis, verwys.

Volgens Rapport se artikel het Bolhuis in die stemnota na ʼn swart mens as “gietswart h**tk*p” en “n***r” verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

kolla ·

Ek is jammer maar hy sal hiervoor aangekla moet word. Ander sit in die tronk vir dieselfde twak. Dubbelstandaarde as hy hiermee wegkom en ander nie.

George in Bloem ·

Dubbel standaarde? Rerig? Kan ek se jou wat is waarlik dubbele standaarde en dit die feit dat die EFF en BLF leiers nog nie in die tronk sit nie. En nie ‘n enkele een van hulle het al eers om verskoning gevra nie. En dan is daar nog die rassistiese twak wat daai Mandela vroumens van die ambasade kwyrgeraak het en sy werk nog ongehinder voort. DIS dubbele standaarde Kolla. Of is jy ‘n voorstander dat net een groep in hierdie land onderdanig is aan die landswette en die res glad nie?

George in Bloem ·

Dubbel standaarde? Regtig? Wat van die EFF,BLF se leiers en daai rassistiese ambassadeur Mandela vroumens wat luilekker voortry op die gravytrain ongehinder en geen stappe nog teen haar geneem nie? En nie een van hulle het enigsins naastenby nog om verskoning gevra nie? Wat daarvan? Is dit nie ook dubbel standaarde nie?

Swartwolf ·

George in Bloem stem saam daar is dubbel standaarde van alle kante af maar net die een kant word uitgewys en gestraf. Dit is al so sleg mense van kleur noem mekaar rassistièse name in die publiek maar BLF braindead het mos gese mense van kleur kan nie rassisties wees nie. Dan kry jy die tipe soos hierbo wat dit glo agv tekort aan grey matter.

Koos de Meyer. ·

Hoekom moet ons altyd omveskoning vra. Vryheid van spraak bestaan net vir ons mede lands burgers.

Annelie ·

Hy is geboelie en verkleineer op nasionale televisie! Ons moet mos altyd die ‘minste’ wees. Om van op te gooi!

Bekkie ·

Mike, Christen of nie, ons almal verloor ons cool someway…….laat die wat hulle bekke so was dan die eerste klip optel en gooi as hulle dan so volmaak is. Jy doen goeie werk, en baie trots jou en jou span !!

Cornette ·

Ja ek stem 100% saam met jou, Bekkie!!
Hy doen ten minste iets om die krimmele aan die pen te laat ry.

leser ·

hy gaan ook sekerlik tronk toe vir sy haatspraak uitlatings soos wat reeds met witmense gebeur het
die witmense wat nou reeds hul straf uitdien het ook om veskoning gevra, maar is gestraf, maak nie saak om verskoning te vra na ‘n hof geding of lank voor die hofsitting gaan plaasvind nie, straf gaan jy kry

LH ·

Ek weet van BAIE meer wat moet verskoning vra vir wat uit hulle blakers kom . . .
Dit is GROOT van jou Mike!

Ems ·

Mnr Bolhuis. Jy hoef nie met die bybel round te loop nie, maar jy hoef nie sulke kombuistaal te prat nie. Dit was plat taal. N slegte indruk van n Afrikaans spreukende Afrikaner. Dit pas nie by jou persona nie.

Kobus ·

Sy persona is juis dat hy nie bang is nie. Ook nie om die soort taal van sy keuse te gebruik nie.

Edward ·

ADT se reaksie wagte het my nou die dag n rassis genoem hoekom ek my nie wit buurman wou aanvat oor sy 4 groot honde wat die hele nag blaf by my kamer venster. Mens mag nie nie eers meer klae oor jou nie wit buurman se honde wat blaf dan word jy uit gekruit as n rassis.

Buffel ·

Jy weet Edward – koop jou buurman se honde dan blaf hulle hom wakker ipv jou.

Kas ·

Ja Mike,ongelukkig is jou uitlatings die wereld ingestuur.Hulle will nie jou program uitsaai nie,en ek glo jy is nie daai tipe mens nie.Kyk wat het jy vir die flamingo gedoen.Ek Ken jou nie maar ek kan sien jy is eintlik saggeaard.Sterkte my vriend

Cornelia Steyn ·

Mike, dis omdat jy wit is dat hulle ook nie nou jou program wil uitsaai nie. Kyk wat het met Steve Hofmeyr gebeur. Anderkleuriges mag maar sê wat hulle wil, maar aan hulle word NIKS gedoen nie. Jy doen soveel goeie dinge, soos die flaminke wat jy(witman en ‘n grooot span mense) gered het, maar dis niks. Ek het al op jou program gesien hoe ontferm jy jou oor swartmense. Tel jou kop op, geregtigheid sal geskied. Jy sê ‘n ding soos dit is. Die waarheid maak soms seer nê? Sterkte en hoop ons sien meer van jou.

Ig ·

As iemand sien wat ek al die skelm Nigeriers antwoord wat gereeld vir my miljoene wil betaal wat ek blykbaar gewen het sluit hulle my ook seker toe. Partykeer moet jy vuur met vuur beveg.

lv ·

Die lewe het maar n manier om jou net weer in die regte baan in te klap,nes jy te arrogant en onaantasbaar begin raak.

kolla ·

Plus 2 jaar tronkstraf waartydens hy ook ‘n rehabilitasieprogram moet deurgaan.

Peet ·

As dit maar die hele storie was! Hierdie is net nog ‘n “empire strikes back” oefening. Weereens is die program vervang met “virtue signaling” propaganda.
Hoe lank gaan die maghebbers daarmee wegkom?
Vra maar net.

hercu ·

as die regering, MRK en/of die polisie alle blankes wil toesluit wat dieselfde taal as Mike gebruik, het hulle nie genoeg tronke nie!

“Here is my final conclusion: fear God and obey his commandments, for this is the entire duty of man. For God will judge us for everything we do, including every hidden thing, good or bad” Ecclesiastes 12:13

Hello ·

Nou het ek wragtigwaar alles gehoor! Robbie reken dat die nigerier wat deur Bolhuis aangevat is, n siener is!

Rina ·

Hoekom moet ons altyd kruip onder die woord vergifnis voor die mens. Nooit ……Mike ek het al erger gehoor. As dit kom by moorde en verkragtings raak ek erger woorde kwyt.

Tienie ·

In hierdie land kom sekeres nie meer regop nie. Hulle bly 24/7/365 op hul knieë soos wat hulle net aaaanhoudend moet JAMMER sê…..

Foxi ·

Ag ou Bolhuis…..met al jou bollie het jy nogsteeds n goeie hart! Soos ek verstaan was jy nog nooit skynheilig nie, jy sê jou sê. Maar jy sal moet besef jy bly nie meer in n paradys nie.
Hou n wag voor jou mond en asb, moenie dat hierdie ding jou nou onderkry nie. Vryheid van spraak tel ook nie meer nie…..dis n klug.

Marisa ·

Maak my siek dat seker wette net op sekere Suid Afrikaners van toepassing is. Ek, self is ‘n tyd gelede in ‘n plaaslike munisipale kantoor as ‘n f..king white b.tch toegesnou nadat ek kommentaar gelewer het oor ‘n werknemer haar werk versuim deur kliphard privaat selfoon oproepe te beantwoord. Geen verskoning of vergifnis is aan my gebied nie. Bolhuis vir president!!!!

Elsa Parkes ·

Sterkte Mike weet jy het nie sleg bedoel in jou hart nie Almal dink lelike dinge net te bang om iets te se want ons Afrikaners word dopgehou vir enige tree verkeerd sit En ja Marisa ander kan se wat hul Wil en daar word niks aan gedoen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.