[Video] Boot, waterponie binne agt minute gesteel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Booswigte wat hulle Donderdagmiddag by ʼn boothandelaar naby Vereeniging as klante voorgedoen het, het vermoedelik die volgende oggend vroeg teruggekeer en binne agt minute met ʼn boot en waterponie op die vlug geslaan.

Andre van Helsdingen, eienaar van Sensation Boats & Living, het aan Maroela Media gesê die inbraak het omstreeks 02:00 Vrydagoggend by die vertoonlokaal op die R59 tussen Alberton en Vereeniging gebeur. Beeldmateriaal wys hoe die verdagtes vinnig te werk gaan om die vertoonlokaal oop te breek en die boot en waterponie aan hul voertuie te haak.

“Hierdie mense het presies geweet wat hulle hier kom doen en wat hulle kom steel. Hulle het spesifiek gekom om daardie boot en jetski te steel,” het Van Helsdingen gesê. Hy het gesê op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die rowers ʼn kabel om die valhek van die perseel bind en die hek afruk met ʼn motor. Daarna bind die rowers ook ʼn kabel om die ysterstawe voor die glasdeur van die vertoonlokaal en ruk dit ook met ʼn voertuig af.

“Jy kan sien hoe hulle die glasdeure van die lokaal oopbreek en oopstoot, voordat hulle direk na die waterponie stap, dit uit die lokaal sleep en buite aan ʼn voertuig haak. Daarna stap hulle terug en sleep die boot na die deur toe, waar hulle dit aan ʼn tweede wegkommotor haak. Hulle is binne agt minute in en uit,” het hy gesê.

Die boot en waterponie is altesaam ongeveer R875 000 werd.

Volgens Van Helsdingen het die vertoonlokaal en fabriek daaragter ʼn alarmstelsel, maar die alarm het nie afgegaan nie. “Die alarm werk deur hitte waar te neem. Ek vermoed die rowers was so dik aangetrek, dat die stelsel nie hulle liggaamshitte waargeneem het nie,” het hy gesê.

Hy het verduidelik die boot wat gesteel is, is spesiaal vir ʼn klant gebou en daarom baie uniek. “Ek sal die boot onmiddellik herken as ek dit sien,” het hy gesê.

Die woordvoerder van die Meyerton-polisiestasie kon nie Maandagmiddag vir kommentaar bereik word nie. Van Helsdingen het gesê sover hy weet is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Foto’s volg onder die video.

Posted by Sensation Boats & Living on Friday, July 29, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Estelle ·

Andre, jy sal baie vinnig vir jou ‘n beter alarmstelsel en sekuriteit by jou besigheid moet aanbring.

Mouniek ·

Goeie Genade … Yip, weereens bewys dat ‘n SLOT net earlike mense buite hou!!
As daar gesteel wil word, gaan bitter min dit vir jou moeilik maak!

Miemie ·

Maar gaan ondersoek instel eerstens by die persoon wat die bestelling vir die spesifieke boot geplaas het…

Francois le Cochon ·

Hierdie video-beelde is nie deur ‘n sekuriteits kamera afgeneem nie. Iemand het duidelik die kamera vasgehou. Wie was dit?

Johan ·

Die kamera is nie vasgehou nie hoor…..n ander kamera is op die screen gefokus om berld grote te maak….

Jef ·

Die booswigte gaan alles doen om die boot en waterponie onherkenbaar te maak.
Ek het n elektroniese chip in my boot laat insit en net ek en die fabrikant weet waar dit sit dus sou iemand my boot steel dan skakel die track en trace sisteem in d.m.v GPS.
Sterkte Andre ek hoop jy vind jou gesteelde boot en waterponie.

Cherokee ·

Ek het die afgelope uur gespandeer met die rugsteun (backup) van geslote baan televisie om diefstal te bewys sowel as skade deur ‘n voertuigbestuurder. Die beelde is helder en duidelik en die dief het reeds skuld erken. Toegegee dit was in beter lig geneem maar ek dink werklik Andrè van Helsdingen moet miskien beter kameras installeer. Weet dit was donker en dit klink in die kommentare asof ‘n tweede kamera gebruik is en ek hoop op die oorspronklike beelde kan gesigte herken word.

Pierre ·

Hitte sensors werk (of gesels) met beweging. Dis een sensor genoem “anti cloacking” Dik aantrek gaan nie ‘n verskil maak nie. Die hitte of beweging moes die alarm geaktiveer het. Die video aan die begin wys ‘n spesifieke area buite.
Soos die boot ens. uitgeneem word beweeg die kamera se lens saam met die aktiwiteit.
Dan weer buite en die buite kamera dek nou weer n baie groter area tesame met beweging van die lens. ?

Pik ·

Hulle het seker gesien die res van die wereld kry mense jammer wat na ander lande gaan met n bood. Hoop nie hulle gaan Vaaldam oorsteek nie?

KarooKlong ·

Jinne, ‘n vlugteling soek en reddings poging op Vaaldam?
Deneysville se huispryse sal die hoogte in styg.

KarooKlong ·

Dan is daar nog die Vaaldam monster ook om mee rekening te hou.

Piet Pompies ·

Die gesteelde goedere eindig op in in die buurlande soos Mosambiek waar die PB’s besoekers vermaak…….of die mense weet van groot reen wat op pad is.

Naas Vermaak ·

Interessant dat terwyl booswigte onherkenbaar op video is die eerste sin van die berig meld dat dit mense is wat die vorige dag daar was. Interessant dat die alarm nie gewerk het het nie. Interessant dat die booswigte nie juis haastig op video voorkom nie…klomp feite is interssant…

Maria van Dieweeck ·

Mense moet verstaan dat n lae kwaliteit kamera stelsel n mors van tyd is. Ons installeeer kameras en n stelsel wat jou onmiddelik op jou selfoon laat weet as daar beweging plaas vind. Jy kan stel nes jy dit wil he, ure gewys ens. Dit help nie om NA die tyd te kan sien nie. . BEEP BEEP iemand het oor jou muur gespring, nous jy wakker,.! Kan jou tuiste of besigheid dophou al is jy bv oorsee, ook jou diere dophou ens. Ek weet ons kameras het al lewens gered op baie plekke. Hehe ek kan ook altyd kyk na my wolfhond en twee katte as ek verlang. Mag mens jou email adres gee op Maroela sou iemand belangstel?

Theresa ·

Jammer vir die skade! Nie almal wil ‘n boot steel nie – wonder wie se lang vingers gaan hard getik word…
Dis so jammer dat ons so toegesluit, opgeneem, afgeneem, drade, heinings, ekstra deure, staaldeure, staal voor vensters, biebers buite, alarms, honde, buurtwagte, ens. nodig het om net in rus in vrede te probeer ‘n lewe voer. Sjoe. Kom ons hoop die STEMDAG van 2016 bring ‘n ommeswaai na die positiewe kant toe wat ten minste misdaad aanbetref. Dink elke landsburger gaan dan meer positief wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.