[Video] Braai, terwyl jy nog kán

Argieffoto

Argieffoto

Verbruikers moet hulle staal vir ‘n reuse-styging in die prys van rooivleis. Hoewel die impak van die droogte en swak rand waarskynlik eers oor ‘n paar maande gevoel gaan word, gaan dit ‘n harde slag wees.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

emma ·

Dankie John..jy is een van min mense wat die groter prentjie raaksien.

Oe ê ê! ·

Almal het gesê vleispryse gaan daal omdat boere van hulle beeste en skape slag oor droogte maar dit het verbruikers ook nog glad nie yesien nie.

Yahleda Ihlathini ·

Verbruikers sien dit nooit. Die boere kry minder geld vir hul produk.. en die middelman kry n groter cut… ds soos dit werk.
Daar is brent ru-olie nou onder $30 n vat en petrol kos dieselfde as toe dot $116 n vat was

MCS ·

John, jy is verkeerd! Dis nie die boere wat bepaal wat die vleis, melk en groente verkoop word nie! Byvoorbeeld melk, die boer verkoop melk aan Clover of Parmalat ens vir minder as R 5 n L en ons koop dit vir tussen R 10.00 en R15.00! Die middelman is die ou wat dit weer aan winkels verkoop en die winkels dit hul prys op, arme boer kry next to nothing!

Yahleda Ihlathini ·

MCS… JY is al een wat die groter prentjie sien. Daar is noemand wat nou lag bank toe noe… die mense wat so kla oor die prys op die rakke.. kan ek julle iets leer as julle iets wil leer?
As julle skaapvleis koop op die rak het julle 2 hoof groepe. Lam of skaap. As boere vleis verkoop is daar 30 graderings… waarvan die TOP gradering n A2 of A3 lam is. Daarvoor kry ons R50 per kg. N ou dier (C2 of 3) is R37 per kg.
Wat betaal julle vir daai vleis?
Dink julle aan inset koste? Diere groei nie op liefde nie.
N sak moelies kos R228
N baal lusern kos R73 by KLK. Ek wens ek kan fotos aanheg van hoe die veld lyk.
Dis net die EFF wat dink boerdery is n goudmyn. Boerdery is NET n beroep

Peet Schabort ·

En party het gedink die ‘struggle’ is verby. Ek het nuus vir julle, dit gaan nou eers begin wanneer die massas se oë begin oopgaan.Die rympie eindig met “But you can not fool all the people all the time”. Die woord is mos “challenge(s)” wat vir alles tot vervelens toe gebruik word. Gelukkig kom ek uit ‘n tyd waar ons spaarsamig met alles gewerk het. Tog is ons vasgevang in die kloue van die vraatsugtige geldwolwe en hulle meelopers wat die lewe vir ons nog moeiliker gaan maak.
Die gewoonte om met skuld deur die lewe te gaan sal nou drasties verander moet word. Kort en kragtig: Indien jy iets nie kontant kan koop sal jy net doodeenvoudig daarsonder moet bly. Dis ook hier waar die geldwolwe vir jou gaan lê en wag.
Ek sal tog graag wil weet wat het van die oorskot graan geword van vorige jare want lyk my die kosmandjie is leeg. Dalk kan Mugabe hiermee help?

Loon ·

Dit wat ons boere vir ons produkte kry is bitter min in vergelyking wat in die winkels aangaan.
Ek kan maar net my kop skud as ek in n kettingwinkel kom en die prys van skaaptjops sien en dit dan opweeg teenoor wat ek kry wanneer ek my skape verkoop.
Dalk moet daar n verbod kom op die winspersentasie wat winkels het, asook om die middelman meer te kan uitskakel.

Magda ·

John, ken jy n plaas? Was jy al ooit daar? Ja ek woon in die stad. My ouers en families boer. Ek natuurlik daar groot geword. Boere kan nie simpatie met jou he as jy jou werk verloor nie. Hul weet nie eers daarvan. Duisende boere word daagliks vermoor om vir jou kos op rakke te he. Die middelman steek geld in sy sak. Nie die boer en sy families wat nooit vakansies het en dag en nag moet waak teen diefstal, aanvalle, droogte, misoeste, diere wat vrek en en. Die wereld draai nie net om jou as individu nie. Kyk na groter prentjie. Boere wat plant kry een inkomste eenkeer n jaar met baie uitgawes om te plant en lenings. In een geval as jy misoes het in sy in jou kanon in baie stres vir maande en soms selfs jare! Geniet jou salaris elke maand wat jy kry hetsy wind of weer.

Michael ·

My oupa self ‘n boer het altyd gesê as die kop dom is moet die lyf swaarkry. Die boere moet maatskappye stig en self hulle produkte bemark,kyk na die mega boere van Suid-Afrika,sny die middelman uit en die verbruiker en produseerders wen

Yahleda Ihlathini ·

Michael.. jou oupa was reg.. maar jy is nie. As boer so maklik was sou almal dt kon doen. As logistiek makliker was het ek lankal n voerkraal en slagpale gehad… op die stadium gaan ons soms vir dae aan sondr voer… in 2015 het ek meer uit gevoer as wat jy verdien het. Dis nou droog en die ooie het n negatiewe massa wat beteken hulle is noe beset noe… meer as 20 bees dood aan droogte. Springbokke is op vrek… honderde ooie verloor. My ooie is nou nie dragtig nie. As dit vandag 4 duim reen… is my ooue miskien oor 2 maamde dragtig. Dan dra hulle 5 maande. En dan is dit 5 of 6 maande voor ek lammers kan bemark.. NADAT ek vervangings diere terug gehou het… met ander woorde.. ek gaan die jaar nie eers genoeg geld maak om al my uitgawes te dek nie. En volgende jaar gaan die oes skraal wees. Dink bietjie oor die saak en dan vra julle julself af of dit so maklik klink om te boer… en of ons so onregverdig is om julle so te laat deur jul nekke betaal vir kos. Gaan by n slagpale en hoor self wat boere kry vir hul produk… en soos Magda en die ander hier genoem het… verder word daar jag gemaak op ons. En oningeligde gene dink n boerdery is soos n selulere maatskappy wat geld maak uit bossies. Dt werk nie so nie mense. Julle kan gerus her besin

Yahleda Ihlathini ·

Dis baie eenvoudig… vraag en aanbod. Die vraag bly dieselfde.. maar daar is feitlik geen aanbod.

Daai duur vleis wat julle gaan koop sal waarskynlik van oor die grens kom.

Drieks ·

Dankie Yahleda, ek sien reeds op die winkel rakke dat pryse met oor 20% styg. Omdat die Anc geen voorsorg plan het vir enige ramp wat Suid Afrika kan tref nie. My hart stukkend vir die boere.

Jaco Grobler ·

Ek sê lankal boere moet ‘n deel van hulle oes plaaslik of direk aan die verbruiker verkoop met ‘n hoër winsmarge. Dit kos wel meer beplanning, bemarking en aandag, maar dis moontlik veral as mense saamstaan, en in tye soos die waneer kos baie duur gaan word. Kopers en verkopers kan redelik maklik bymekaar uitgebring word d.m.v. elektroniese media, en kopers kan in groepe aankoop om aankope/aflewering ekonomies te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.