Video: Brand breek uit by Kusile-kragstasie

‘n Skermskoot uit die video.

Eskom het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn brand Vrydagaand by die kragvoorsiener se Kusile-kragstasie naby Emalahleni in Mpumalanga uitgebreek het.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê die brand het tussen 17:30 en 18:30 by Kusile Eenheid 3 se filtrasie-aanleg ontstaan. “Die brand is onmiddellik geblus deur die kragstasie se brandbestrydingspan. Niemand is in die voorval beseer nie,” het hy gesê.

ʼn Video van die brandende filtrasie-aanleg is wyd op sosiale media versprei.

Phasiwe het gesê die oorsaak van die brand is nie tans bekend nie en dit vorm deel van die kragvoorsiener se ondersoek. Die omvang van die skade kan nog nie bevestig word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sieg ·

Dit klink te verdag, miskien afgebrand om beter verhooging te kry ja dan glo ek julle.

VanAfrika ·

Regtig Sieg, jy weet nie waarvan jy praat nie Met huidige probleme staar werknemers eerder retrenchments in die gesig as meer geld. Ons het rede om bekommerd te wees. Ek het jou al gevra, tel jou woorde

Ad ·

En so begin die sabotasie. Die dalk die begin vir die volgende betogings

Magaretha van heerden ·

Help asb met die “ou” name sodat ons kan weet waar dit is.

John ·

As jou ligte nie brand nie, dis waar. As dit nog brand, koop nogtans gas.

Renier Lubbe ·

“Die brand is onmiddellik geblus”? Was die brand onmiddellik so groot?

Daan Erasmus ·

Daar gaan nog ‘n paar miljard van ons belasting geld in die riool sloot in. En daar sal gekeer word dat daar na die skuldiges gesoek word.

Callie van der Merwe ·

Sjoe mense, sulke dinge gebeur! Nie als is altyd so negatief nie. Net bly die brand is geblus en niemand is beseer!

Boereboytjie ·

NEE. Niemand gaan my oortuig dat dit “net gebeur” het nie. Daai brand is aangehelp. Ek sal geld op dit wed.

Pieter ·

Ek is oortuig die brand is gestig om net verdere vertraging by die projek te veroorsaak. Die projek is weens die besondere vaardighede in Eskom, reeds verskeie jare agter skedule alhoewel ek nie seker is of hulle weet wat dit beteken nie. Die begroting is al tot vervelens toe oorskry en die aanleg kos seker tussen 8 en soveel as 25 keer meer as waarvoor die regte Eskom dit sou kon doen. Dit was so nodig om die Gupta en kie se sakke te vul en nou is daar nuwe ouens aan wie die kans gebied moet word om ook hulle deel van “Whats in it for me” mee te bevredig.

Brandweerman ·

Se eerder dankie dit het nie in die week gebeur met al daai mense by die werk, dan waar borg ek julle dat daar baie sterftes sou wees…..grootste rede…..die verskoning vir n brandweer wat hulle daar het,geen ondervinding, geen passie en baie swak opgelei met nog swakker leiding.Brandweermanne en vrouens (waarmee ek nooit sal saamstem nie) wat nie eers weet hoe om n SCBA reg te gebruik nie. Dis n wonderwerk dat nie een van die sogenaamde brandweermanne seer gekry het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.