[Video] Brand by SAPD-voertuigeenheid in Welkom

Skermgreep uit die video

ʼn Veldbrand het Maandag na die voertuigeenheid in Welkom versprei en verskeie voertuie het ontplof en uitgebrand.

Brigadier MS Makhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voertuie was nie in aktiewe gebruik nie. “Dis alles voertuie wat gekompakteer sou word. Dit is voertuie wat óf hul lewensduur uitgedien het óf in ongelukke betrokke was,” het hy gesê.

Volgens hom het die brand omstreeks 14:30 ontstaan. Die voertuigskuur is agter die winkelsentrum in Jan Hofmeyrstraat geleë.

“Ons wag vir die uitslag van die forensiese ondersoek. Ons kan in hierdie stadium nie spekuleer oor die kostes of oorsaak nie.”

Niemand is tydens die brand beseer nie. Die brand was teen 17:30 reeds geblus.

“Geen polisiebedrywighede in die provinsie word hierdeur geraak nie,” het Makhele benadruk.

Maroela Media vra om verskoning vir die gehalte van die video. Die video is aan ons verskaf:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa B ·

Geld, geld, geld, geld, geld, geld……………………………………

Scalla ·

Instandhouding en onderhoud, woorde wat hul nie ken nie, word nie nagekom nie, indien die aangrensende stuk grond n strook gras van geskoffel was wat as brandbaan dien sou die voorval nie plaasgevind het nie. Dit hoef slegs een maal gedoen te word en later chemies behandel word. die boere op plase is volgens wet verplig tot brandpaaie, Hou die verantwoordelike persone aanspreeklik vir die skade.

t ·

Dit vat visie om in te sien hoekom jy instandhouding en onderhoud moet doen. Kits gratifikasie. Môre sorg vir homself. Hoekom werk aan iets wat nie stukkend is nie?

Noxthefox ·

Die geskutte voertuie se parte is almal gesteel en toe moes iemand dit verdoesel.!!!!!!!!!!!!!!

Regtig? ·

@Noxthe fox

Regtig Noxthe fox? Ratkaste, enjins, suspensies brand uit dat dit verdoessel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.