[Video] Brand woed by Swartland-hospitaal

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Reuse brand het Saterdagmiddag by die Swartland-hospitaal in Malmesbury in die Wes-Kaap uitgebreek.

Dit is nie tans duidelik hoe groot die gedeelte van die hospitaal is wat geraak is en of enigiemand in die brand beseer is nie. Maroela Media verneem pasiënte is glo uit die hospitaal ontruim en na ander hospitale oorgeplaas. “Net as ons dink die vlamme is onder beheer, borrel daar weer pikswart rook by die gebou uit, met vlamme wat tot dakhoogte sigbaar is,” het ʼn inwoner van die dorp gesê.

Volgens inligting op sosiale media was die hospitaal besig met bouwerk en kon ʼn kortsluiting vermoedelik moontlik die brand veroorsaak het. Dit kon egter nog nie bevestig word nie.

Leensie Streicher, woordvoerder van die hospitaal, het die brand aan Maroela Media bevestig, maar kon nie onmiddellik meer inligting gee nie. Maroela Media wag op terugvoer.

‘n Video van die brandende hospitaal is op sosiale media gedeel:

Swartland Hospital brand. Video Gawie Steyn. #hartseer

Posted by Hetta Saunderson on Saturday, March 18, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christa ·

Magtag!!! Als brand so orals af. Al wat nog ‘n beurt moet kry is Nkandla!!!!

Helene ·

Ai, dis peroonlik vir my n baie jammer storie! Ek het my opleiding as verpleegster in die Swartland Hospitaal gekry. Daar het ek ook my heel eerste liefde wat n mangel operasie ondergaan het ontmoet. Ons het prakties daar gedoen en teorie in die Tygerberg Hospitaal. Goeie ou dae. Ek hoop van harte die hospitaal kan gered word.

Netta ·

Nkandla sal nie afbrand nie – hulle het dan die ‘fire pool’ daar so!

hein ·

Ai genade tog ek hoop hulle kan dit weer herstel. Dink aan almal betrokke en sterkte.

jaco ·

Die wes-kaap is mos DA. So die wes-kaap moet gestraf word. So brand wit boere se plase af en brand malmesbury se provinsiale hospitaal af. Mark my words: hierdie brande is net die begin..

John ·

Die Wes-Kaap is beslis ‘n doring in die vlees van sekere mense en is beslis vuur-en-vlam vir verandering. Dis een van die min dele in die land waar dinge nog gangbaar is, maar nou word Zille geteiken in die hoop dat dit ‘n domino-effek sal he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.