Video: Brand woed deur gebou in Durban

Paramedici het ook ‘n blinde kat op die toneel behandel wat daarin kon slaag om van die vlamme te ontsnap. (Foto: Rescue Care)

Verskeie winkels in die Durbanse sakebuurt is Woensdagoggend beskadig nadat ʼn brand in ʼn gebou in Queenstraat uitgebreek het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, sê hoewel verskeie mense vir rookinaseming behandel moes word, is geen ernstige beserings op die toneel aangemeld nie.

Jamieson sê paramedici is omstreeks 09:00 na die toneel ontbied en het saam met die brandweer die gebou in ligte laaie aangetref. “Talle mense het in en uit by die gebou gehardloop om seker te maak dat almal uit die gebou kom,” sê Jamieson.

“Verskeie mense is deur paramedici op die toneel ondersoek en vir rookinaseming behandel, waarna die meeste verkies het om private dokters te gaan sien. Die Durbanse brandweer het vinnig gewerk om die vlamme geblus te kry, maar die winkels is erg deur die brand beskadig.”

Jamieson sê Rescue Care se paramedici het ook ʼn blinde kat op die toneel behandel wat uit die brand ontsnap het. Die dier het gelukkig ook die beproewing oorleef.

Die oorsaak van die brand is tans onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lizelda ·

Ek kry sommer n knop in my keel as ek lees dat die jong vrou haar lewe op die spel geplaas het, dit om die blinde katjie te red. Daar is nog goeie mense daarbuite veral na die aaklige berig vd “gruwelhuis in die Vrystaat” gister.

Lizelda ·

IOL NEWS het berig n jong vrou het die blinde katjie uit haar tannie se woonstel gered nadat sy eers die tannie na veiligheid geneem het, hyt nie self ontsnap nie. Maak seker nie saak nie, almal insluitende die 13 jarige katjie is veilig. En dis die belangrikste. :-)

Karen ·

‘n Brand kan nie sommer net uitbreek nie, iemand of iets was verantwoordelilk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.