Video: Branderplankryer se noue ontkoming met haai in Jeffreysbaai

Foto: Skermskoot uit die video.

Foto: Skermskoot uit die video.

Die Jeffreysbaai-ope het Sondag ʼn benoude oomblik opgelewer toe ʼn haai langs een van die branderplankryers verskyn het terwyl mense op die strand en TV-kykers toegekyk het.

Mick Fanning van Australië was aan die beurt toe ʼn haaivin skielik skuins agter hom verskyn het. Fanning het begin spartel in die water om weg te kom en vir ʼn paar sekondes was nie hy of die haai sigbaar nie. ʼn Noodreddingsboot het dadelik met loeiende sirenes in Fanning se rigting gejaag om hom uit die water te kry. Hy was wonderbaarlik ongedeerd.

In ʼn onderhoud minute na die voorval, het Fanning gesê hy kon voel hoe iets verstrengel raak aan die tou wat aan sy been vas was. “Ek het die vin gesien en gewag dat dit na my kant toe kom.” Volgens Fanning het hy die haai op sy rug geslaan.

Foto: Skermskoot uit die video.

Foto: Skermskoot uit die video.

Die eindronde van die Jeffreysbaai-ope is Sondag gehou, maar die kompetisie is ná die voorval afgelas. “Mick Fanning en Julian Wilson is albei JBay-ope-kampioene vandag. Ná gesprekke met beide finaliste, het die WSL besluit om die res van die kompetisie by die #JBayOpe te kanselleer. Punte vir die tweede plek sal eweredig tussen Mick Fanning en Julian Wilson verdeel word,” het die organiseerders van die kompetisie op Facebook gesê.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ná gister se voorval ʼn beroep op swemmers en branderplankryers in Jeffreysbaai gedoen om versigtig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rupert Ashford ·

BAIE, BAIE gelukkig…..dit was ‘n groot haai. Klink of die koord in die haai se bek Fanning se redding was.

Weezie ·

As dit ek was het die water verkleur!!!!! hulle sê sy redding was dat hy die plank gelos het en weg beweeg het.

Louis ·

So iets sal my nooit oorkom nie, want ek het `n ooreenkoms met die haaie …… Ek sal uit die water uitbly, dan bly hulle uit die kroeg !!

gerrie ·

Vreeslike gesig om te sien
hoop die owerhede neem kennis.
wat van haainette by so n kompetisie?

Dave ·

Tipiese Australianer… kom van sy eie land af om ons haaie hier met die vuis te slaan!
Ek hoop die DBV, Fauna en Flora en natuurbewaring lees hiervan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.