[Video] Bryan Habana: ‘Ek is nie dood nie’

Bryan Habana (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Springbokspeler Bryan Habana het Donderdag in ʼn video op sosiale media gerugte dat hy dood is ʼn nekslag toegedien.

Talle gerugte dat die rugbyspeler dood is, doen sedert Donderdagoggend die ronde op sosiale media nadat die webwerf Houston Chronicle berig het hy is in Parys, Frankryk, doodgeskiet.

In die berig word aangevoer dat Habana die slagoffer van ʼn gewapende rooftog was en tydens ʼn struweling met rowers doodgeskiet is.

Die rugbyspeler het hom egter tot sosiale media gewend om dié “ongelooflike ontstellende gerug” te ontken.

“Daar is ʼn valse storie of gerug wat die ronde doen wat sê dat ek vermoor is. Soos julle kan sien is ek heeltemal oukei en gesond terwyl ek die suide van Frankryk terdeë geniet,” het hy in die video gesê.

“Dit is ongelooflik ontstellend dat mense sulke gerugte kan uitdink wat so ʼn groot impak op iemand se lewe kan hê. Dankie vir almal wat bekommerd was, maar op die oomblik is alles piekfyn.”

Habana is tans in Frankryk en speel vir Franse klub Toulon. Hy sal na verwagting volgende maand terug wees in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Bryan is ‘n yster. Jy vermoor hom nie sommer nie. Ons land is slegter af sonder hom hier.

Magrietha ·

Dit is mense wat niks het om met hulle self te doen nie.HULLE LY AAN N MINDER WAARHEID KOMPLEKS EN SOEK GESELSKAP

Max ·

Wat kry die siekbreine daaruit. Dit is skokkend. Heeldag nuus geluister en niks gehoor, toe geweet dis ñ siek persoon. Bly om te hoor dit was vals.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.