ʼn 15 meter lange Bryde-walviskarkas is Maandagoggend van Sunset-strand in Milnerton in Kaapstad verwyder.
Die karkas word na die Vissershok-stortingsterrein geneem.
“Sulke voorvalle lok gewoonlik nuuskierige persone, maar weens veiligheidsmaatreëls het ons die publiek gemaan om van die toneel weg te bly om die beamptes toe te laat om hul werk te kan doen,” het Suzette Little, burgemeesterskomiteelid, gesê.
Die verwante reuke sal waarskynlik steeds bly voortduur nadat die karkas verwyder is.