[Video] Burgemeester wil Modimolle regruk – hoëhakke en al

Foto: Verskaf

Marlene van Staden, burgemeester van die Mookgophong/Modimolle-munisipaliteit. Foto: Verskaf

Marlene van Staden, burgemeester van die Mookgophong/Modimolle-munisipaliteit, het vanoggend haar staal gewys toe sy saam met padwerkers en lede van Afriforum strepe en voetoorgange in Phagameng help verf het. Van Staden het dit sommer in ʼn blou oorpak en hoëhakskoene gedoen, nadat sy haar stewels by die huis vergeet het.

“Ek hou baie daarvan om my hande vuil te kry en deel te wees van die oplossing van probleme in ons munisipaliteit.  Ek wil ook graag ʼn voorbeeld stel vir ander inwoners, dat as elkeen inspring en help ons ʼn groot verskil kan maak. Môre takel ons Pomolong en Maakgophong,” het van Staden aan Maroela Media gesê.

Die burgerregte-organisasie, Afriforum, het in September vanjaar ʼn veiligheidsoudit op munisipale paaie gedoen en bevind sommige paaie voldoen nie aan die minimum vereistes wat in toepaslike wetgewing en regulasies uiteengesit word nie. Met dié projek word R2 miljoen aan munisipale padinfrastruktuur, wat herstelwerk aan en opgradering van paaie insluit, in dorpe bestee, waar aktiewe AfriForum-takke is.

Volgens Hein Gonzales, AfriForum se projekwoordvoerder, gaan daar tydens die veldtog stoptekens opgerig word by kruisings waar dié tekens gesteel of omgery is, terwyl onveilige kruisings, spoedhobbels en voetoorgange geverf gaan word.

Wie sê hoëhakke is net vir kantoor bedoel…

Wys jou steun vir die aksie en SMS “Selfdoen” na 45344 (R1).

Lees meer oor Marlene Van Staden op Maroela Media.

Die Pos-koerant het ʼn video op sy Facebook-blad gedeel waar van Staden help om padstrepe te verf. Besoek gerus die webblad vir meer besonderhede.

Burgemeester help padstrepe verf

Marlene van Staden, burgemeester van Modimolle en Mookgophong, het vanoggend ’n les in padstrepe verf in Phagameng ontvang… dit alles geklee in ’n blou oorpak en hoëhakskoene. Die munisipaliteit, in samewerking met AfriForum wat toerusting, verf en werkers geborg het, het stopstrate vervang, strepe en voetoorgange geverf. "Ek wil ’n voorbeeld stel. Ek is hier om te help en reg te maak. Ek vra dat die inwoners van ons dorpe sáám met my sal werk om dinge reg te ruk," het sy gesê.

Posted by Die Pos-koerant on Thursday, October 13, 2016

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Noxthefox ·

Maar kyk asseblief na die ou dikke teen die bakkie se voorkant.Doen sovoort DA. MY PARTY.

Sunet Goncalves ·

Baie dankie aan almal betrokke. Een van die dae gaan Nylstoom weer dorp wees waarop ons trots is.. Toeriste skud julle vere reg… Een van die dae is ons reg vir julle.. !!

jaco ·

Met n salaris van R600 000 per jaar, PLUS n motor PLUS n huis PLUS n onthaaltoelae, kan sy seker daardie grand skoene met die hoë hakke bekostig. Munisipale rade, provinsiale parlemente en die nasionale parlement is alles net money making ventures. ELKEEN van hulle bou met hulle reusagtige salarisse ‘n mini-Nkandla. Is R600 000 per jaar nou regtig nodig? Melk en brood kos net soveel vir ‘n raadslid as vir my.

tamboti ·

As hul net die werk doen en die belasting betalers se geld reg en goed bestee, dan is die salaris regverdigbaar! Hoe lyk die grootbase van jou bank, mediese vonds, selfoonverskaffer, motoragentskap, kruideniers winkel, versekerings maatskappy ens. se salarisse Jaco? Dan praat ek nie eers van die regerings amptenary nie!
Dit is ongelukkig hoe die ekonomie skeefgetrek word, ek werk vir myself – en sukkel om net die basiese elke maand by te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.