Die busmaatskappy Intercape het ʼn bestuurder geskors nadat ʼn video wyd in die sosiale media gedeel is van waar hy op ʼn sperstreep by twee vragmotors verbygaan.
Die bus was op Donderdag 13 Desember onderweg van Kaapstad na Durban toe ʼn passasier, Kiewiet Pretorius, wat voor in die bus gesit het, die 25 sekonde lange video geneem het. Daarop kan duidelik gesien word hoe die bestuurder op ʼn draai by twee vragmotors verbygaan.
Intercape het die bestuurder intussen geskors hangende ʼn tugverhoor, terwyl klagte van roekelose en nalatige bestuur by die polisie in Durban teen hom ingedien sal word, het die veldtog Arrive Alive op sy webwerf gesê.
Die maatskappy se woordvoerder was nie Dinsdagmiddag beskikbaar om kommentaar te lewer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
76 Kommentare
Onverantwoordelik verby! Ongelukkig is hy een van die hordes mense vir wie so ‘n bestuurstyl heeltemal normaal is!
Intercape is regtig simpel..ek het n ruk terug met hul bus gery..ek het naderhand n complaint gele maar niemand het gereageer nie
Dankie tog hul doen iets. Maroela kyk net dit is
Kiewiet Pretorius en nie Pretoria nie
Hy het seker sy eie taxis ook. Dit waar hy dit leer
Ek dink die persoon wat die video gemaak het het sekerlik skoon onderklere nodig gehad – ek sou verseker!