[Video] Bylmoorde: Buurvrou getuig oor ‘stryery’

Henri van Breda Dinsdag in die hof. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Ure voor die Van Breda-gesin in hulle huis op die De Zalze-landgoed met ʼn byl aangeval is, het ʼn buurvrou harde stemme gehoor wat soos ʼn bakleiery geklink het.

Henri van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Sy moordverhoor vind tans in die Wes-Kaapse hooggeregshof plaas.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ai ·

Dit het gewerk vir O.P, more gaan hulle seker vir hom ook n emmer moet gee.

Ek wonder nogsteeds of hy rerig alleen opgetree het.

charmaine ·

Huil seker om die hof te mislei en maak of hartseer is.

Johann ·

N psigopaat het nie n gewete nie so hy huil nie! Hy hou konsert vir homself….lieg so goes hy glo homself

Delien ·

n Psigopaat kan huil.Maar, dit is manupulering.Hy skakel die trane aan en af.
n Psigopaat het geen gevoel/empatie vir n ander- hy het gevoel net vir homself.
Ek tel dit op by Henry van Breda. As dit my gesin was wat deur n man so wreed doodgekap was, sou ek vir maande nie so”normaal”kon rondloop en optree nie. Ek sal my ook nie verbaas as daar ander ook by betrokke was nie.Dis baie geld. En,die familie is net te lief vir hom, asof hulle nie lief is vir die vermoordes nie.Hierdie “ordentlikheid ” in iets so vreesliks, is alles behalwe ordentlik.in hierdie hele sage is iets vreeslik siek.Wat geld nie alles kan koop nie.Laat mens sidder.

Johann ·

Skokkend om te hoor hoe n “regsgeleerde” getuienis met snert probeer verdiesel. Daars seker bewyse vir sy ” nuwe klankstelsel” en die STARTREK 2 DVD….wat die stryery was wat gehoor is? Volgende gaan die psigopaat Henry seker se hyt gedink Darf Vader ( skuis my spelling) het vir hom gese hy moet sy gesin dood kap?

Mielie ·

Ek is bekommerd oor die nooddienste se kommunikasie vermoë. Alhoewel die ou baie kalm voorkom klink dit ook vir my asof die dame by nood nommer en die ambulansdienste mis kommunikeer. Luister vermoë is regtig kommerwekkend.

Paul ·

Presies, Mielie.

Dis skokkend swak van die nooddienste. Of die ou nou skuldig is of nie, hulle neem meer as 24 minute om ‘n ambulans te stuur. Die ou gee die adres as 12 Goske Street, en spel dit ook, en ek kan dit onmiddellik binne sekondes op Google Maps vind. Dan gee hy ook die naam van die “estate” as “De Zalze” en spel dit, maar dis ook blykbaar ‘n misterie. Dan later gee die vrou van die nooddienste die naam vir iemand anders en sy spel dit as “Z A L T Z E”.

Ek vermoed daai nooddiensmense werk op een of ander peperduur stelsel wat kastig adresse deur telefoonnommers kan opsoek, maar wat swakker is as Google Maps, want selfs al tik ek “De Zaltze” in Google Maps in, dan wys dit my ook dadelik die korrekte plek.

Maroela kan gerus ‘n storie doen oor die skokkende swak vermoë van die mense op daardie nooddiensoproep. Die laaste persoon waarmee gepraat word, van die ambulansdienste, is die enigste een wat klink of sy enige dringendheid daarin sien om ‘n ambulans te stuur.

Anoniem ·

Ek wil weet hoe op dees aarde laat die hof dit toe dat Hendri enige notas vat in die hof en om nie eers te praat van die hulp om vanoggend die klanktoestel te help opslaan nie… Ek meen regtig hys nog steeds die enigste verdagte in die saak… Of is daar dalk nog n verdagte waarvan ek nie weet nie of wat ek iewers gemis het? Ek kan nie dink die hof laat dit toe nie maar ja dis mos die nuwe SA hyt die reg om dit te doen nes dit n skelm, moordenaar, verkragter se reg is om te wees en te doen wat hy wil…

Paul ·

Duidelik verstaan jy nie hoe die regstelsel, ‘n instelling wat eeue oud is, werk nie. Dis nie ‘n “nuwe SA” ding nie. Dis ‘n ding wat al van minstens die Romeine af kom as direkte voorganger van die regstelsel in Suid-Afrika.

Die hofsaak word gehou om te bepaal of ‘n persoon skuldig is of nie. Daar word nie vooraf besluit wie is skuldig en dan word die hofsaak gehou vir jou plesier nie.

Iemand wat aangekla word, moet natuurlik die saak kan volg en mag notas neem. In ‘n hof mag jy en jou regspan jouself verdedig.

Net omdat daar net een verdagte is, maak geen verskil nie. Hoe kan dit ‘n verskil maak? Anders sal die polisie mos altyd net een verdagte identifiseer en dan terugsit en sê: “Right, ons het een verdagte, so nou kan ons hom mos sommer vooraf skuldig bevind – as ons vir nog verdagtes soek, maak dit die hofsaak net moeiliker.”

Dink ‘n bietjie…

Michelle ·

Met soveel erf geld op die spel – sal ek ook huil dat die byle huil. Sal lekker show opsit.

Dankie Buurvrou ·

Dankie Buurvrou dat jy jouself deur al die drama vir reg en geregtigheid gesit het. Jy het eerlik en getrou gebly aan wat jy gehoor het, ek is regtig trots op jou dat jy nie vir n advokaat met woordspeling en leuens terugstaan nie. Ek weet hy probeer sy klient loskry, maar Combrinck nie ten koste van n eerlike vrou. Jy kan trap en trap, passop as die stewel op jou val, ek weet nie hoe en wanneer, maar verseker gaan jy jou raw deal ook kry.

jdt ·

Dit het die operateur oor die 4 min gevat om die adres reg te kry, ek sou ook begin giggel het v vrustasie. Julle almal moes maar speurders, sielkundiges of prokureers geword het, klink of julle baie slim is

Paul ·

Nie oor 4 minute nie, dit het meer as 24 minute gevat voor hulle die alternatiewe adres wat hy moes opsoek, omdat hulle nie kon verstaan dat daar ‘n Goske Street op 2 verskillende plekke in die Wes-Kaap kan wees nie, vir die ambulansdiens gegee het.

Meer as 24 minute.

Luister bietjie na al daardie oproepe – die onbeholpenheid van die nooddiens-mense is skokkend!

Ek stem ·

Ek stem die nooddienste het hul tyd gevat, komaan die ou was rustige en het swak gepraat. Ek vind dit net teleurstellend dat jul klem lê op stadige of swak diens, maar Hnery se rustige stuur ‘n ambulans pla jul nie, Henry wat giggel omdat hulle uit hulle koppe bloei is nie ‘n probleem, hy klink onsamehangend en asof jy nie regtig omgee of hul kom, hy doen dit net omdat dit die logiese vlg stap is. Daai giggel is die van ‘n psigopaat, die een wat hy ook beleef het toe Rudi en sy Pa doodgekap is. Vir almal wat so wonder of hy alleen was of nie iemand anders, as daar mos iemand anders was sou hul lankal gepraat het en as dit nie hy was nie, sou hy en sy regspan, onthou hy het 2 advokate, nie eens net 1 en meestal prokureurs en assistente nie. Hy het ‘n stewige span, as hy nou so onskuldig is, hoekom al die hoogaangeskrewe advokate en ek voel tog ook jammer vir die siele, wat nonsens soos flieks moet opbring om hom los te probeer kry, ek is dankbaar vir ‘n vrou wat op die waarheid staan, dit is dapper om teen sulke ongenaakbare advokate wat net geld sien te staan, well done.

Paul ·

Sjoe, jy moet darem ‘n wonderlike kundige wees om sommer so alles te weet van of mens ‘n psigopaat is net omdat jy ‘n “giggel” hoor.
Ek hoop maar ly jy is nie betrokke in enige hofsaak nie, as jy mense sommer wil skuldig bevind oor al jou wonderbaarlike afleidings uit ‘n “giggel”.
Ek wonder of jy eers na die oproep geluister het, want die enigste moontlike “giggel” is heel aan die begin, en dit klink meer soos iemand wat onder stres is en sukkel om duidelik te praat en kalm bly. Selfs die operateur vra: “Is there someone else who can speak if you are unable to?”

Waarvan praat jy as jy sê: “as daar iemand anders was sou hul lankal gepraat het”? Bedoel jy dat as dit iemand anders was wat die moorde gepleeg het, sou die skuldige lankal sy hand opgesteek het en gesê het: “Sorry, julle het die verkeerde ou, kom sluit my toe!”? Jy kan sekerlik nie dit bedoel nie…

Susan du Toit ·

Ons is nie daar om te oordeel nie wat van die suster se vriend se boodskappe

GOeie more ·

Goeie more koffie of tee, werklik waar lees jy of het jy selective reading, alle kante van die kerel is opgeneem en opgeweeg, hy was nie op die toneel. Dalk moet jy ‘n speurder word, mens moet nogal bietjie verbeelding kan he, onthou net om feite na dit toe aan te trek. Dalk was jy daar? Dan is dit nou die tyd om hof toe te gaan.

Ek respekteer julle ·

Ek respekteer julle, omdat julle julself blootstel vir reg en geregtigheid. Om so in die hof te verskyn en geroskam te word met woorde terwyl jul die regte persoon is, is maar net ondenkbaar en mag dit daardie advokate inhaal.

ekke ·

Ek bly maar stil.want ek was nie daar nie. Ook al solank terug gebeur.dat die saak maar uit gegooi kan word.dit was toe n kind wat nou as groot mens moet voorkom .toe was hy 15.is dit nie onregverdig nie?

Ek wonder net ·

Ek wonder net, as hy dit gedoen het, Waarom het hy nie sy sussie af “gefinish?” nie? Waarom getuies los? Hy sê duidelik sy sussie toon nog lewe. Tot nou was ek seker hy het dit gedoen, maar die feit dat hy sy sussie sien lewe en vra vir hulp, verander alles. ‘n psigopaat sou dit nie doen nie..mens kan amper wonder of iemand hom nie gebruik as die fall guy nie..

Sonja ·

Beslis nie geklink na n giggel nie, meer soos iemand wat sukkel om asem te haal a.g.v stres. Almal is nie dieselfde nie, mense reageer verskillend.

Theresa ·

Presies. Hoe kan enige een sê hoe iemand in so ‘n tipe situasie MOET optree? Buiten as self al deur so iets gegaan het en koel en kalm sonder om te min of te veel te glimlag, stroewe gesig, vining beweeg, stadig beweeg – belaglik. Die gereg loop sy pad. Sy skuld of onskuld sal bewys word. Sit bietjie ‘n wag voor die mond.

JP ·

Ek weet nie of almal die saak volg nie maar sover wen Hendri die saak

SARIE VAN HEERDEN ·

JP, ek hoop jy is reg want as ek so lees wat die slim, geleerde, tuisblyer kommentators kwytraak lyk dit vir my anders. Ek is ‘n leek en sal maar wag om te hoor wat die regter en sy medewerkers se bevindinge is. Ek kry die mannetjie baie jammer wat so uitgelewer is om alles alleen te moet dra en verdra. Goddank dit nie MY seun nie. Ek het baie empatie met hom want indien hy wel skuldig is sou ek wou weet wat het hom gedryf om tot so ‘n daad oor te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.