[Video] Bylmoorde: Henri se beserings, noodoproep in kollig

Henri van Breda. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Die moordbeskuldigde Henri van Breda het op die dag wat sy gesin met ‘n byl vermoor is, heelwat krapmerke en twee snywonde aan sy lyf opgedoen.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Sy moordverhoor vind tans in die Wes-Kaapse hooggeregshof plaas.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Ons huise in skade en skande… volgens die skrywers van antieke Griekse tragedies 400 vC die ergste vorm van alle ellende… en gereeld die wenners tydens die jaarlikse opvoerings op feeste ter ere van die god van landbou, die wynstok en ultra-vergrype…

Vreemd ·

Dit is net vreemd dat die aanvaller nie veel omgegee het oor hul toeskouer wat hul kon sien, teesit en hulle slaan die res van die familie te pletter. Hoe stupid dink jy is almal om jou en ja Adv Botha & Kie, n bank advokate met die man se geld wat wreed vermoor is. Aan die familie, ek voel ook mens moet mekaar ondersteun, maar waar is jul steun vir Marli, Rudi, Theresa & Martin. Hul het dit nie verdien nie, my lojaliteit lê by hulle. Ek hoop hy dink en beleef elke dag hul laaste oomblikke en stop om gekke van hulle en ons almal te probeer maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.