[Video] Bylmoorde: Henri se hare in die kollig

Henri van Breda in die hof. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag getuienis aangehoor van ’n forensiese wetenskaplike van die polisie rakende ʼn haar wat in Marli van Breda se hand gevind is.

Henri van Breda, wat beskuldig word van die moord op sy ouers en broer en die aanval op sy suster, Marli, se hare het Maandag onder die loep gekom tydens sy moordverhoor. Dit was toevallig ook op die dag wat hy met ʼn korter nuwe haarstyl by die hof aangekom het.

Henri (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma Theresa (55) en broer Rudi (22) op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en sy ly aan geheueverlies.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AL ·

Ek dink die haar was te lank op die moorddag in vergelyking met Henri se hare destyds.

Johann ·

Waar is die forensiese deskundiges, DNA toetse, hierdie grens aan die belaglike. Saak gesluit.

Johann ·

Was dit haar haar wat gevind was, ongeag, wat sê forensies en DNA?

Linda ·

Ja johann en Al dit kon Marli se eie hare gewees het ! Ek stem saam met julle !

Linda ·

Daardie hare kon selfs Marli se ma se hare gewees het. Ons weet nie of Marli aan haar ma se hare gegryp het toe sy met byl gekap was nie. Haar ma se lyk het by haar gele. In alle eerlikheid weet ek nie of die seun Henri skuldig is nie hoor. Sy bloed was getrek, geen druks of drank ingehad nie ! Maar n polisieman het gese hy het na drank geruik. Hoekom wys dit nie in sy bloed dan nie ?? Ek sit met baie gemengde gevoelens hoor. Groete

Ai ·

erm…. 200mm of 20mm, want 20mm kan beslis Henri se hare wees. Ook die eks kerel sn… Hy lyk of hy ook sy hare aan die lang kant dra en as ek reg onthou het hy dieselfde kleur hare (min of meer) as Henri.

Dalk was die drie kop in een mus. Die kerel is die “skelm wat kwansuis gelag het terwyl hy die pa doodgekap het en toe weg gehol het” en Marli se hou teen die kop was dalk nie veronderstel om so baie skade te maak nie.

Laat my dink aan die einde van die movie Scream 1 waar die twee skelms hulself beseer het. Klink far fetched maar een van die mense in daai huis het immers n bylmoord opgesoek net voor die voorval.

marous ·

Lyk amper of die twee manne voor op die foto wys ” Dissie ons hare nie”

Ouvrou ·

Ek hoef nie eers te dink om te weet Henry gaan ‘n vry man uit die hof uitloop.

C ·

Ek wonder hoe vorder Marli…….kan sy so waar niks onthou nie? Hoe kom sy dan deur haar skoolwerk?

Liza ·

Geheueverlies aangaande ‘n insident het nie invloed op skoolwerk nie. Ek ly aan geheueverlies na ‘n tref-en-trap ongeluk waarin ek in 1983 was. Toe ek in st 4 was. Tot vandag kan ek niks daarvan onthou nie, maar ek het my graad in 1995 behaal.

Nice one ·

Nice one Botha, maar alles gaan nie so maklik wees nie, ek moet sê ek voel om te tjank dat n Polisie man met soveel ervaring en kennis nie hierdie detail behoorlik ontleed het nie, dit sou finale strooi gewees het. Mag die Vader gee dat hierdie jong man nie met hierdie daad wegkom nie. Jou eie ouers, mag dit elke minuut by jou opkom en jou psigopaat stem stil raak en jou nie troos met al die leuens nie.

Eksenet ·

Jong, hierdie Henri knaap mors die hof en almal se tyd…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.