[Video] Bylmoorde: Henri se vingerafdruk op broodmes gevind

Foto: Skermskoot/eNuus-video

‘n Forensiese deskundige het getuig die beserings wat Henri van Breda op die dag van sy familie se bylmoorde opgedoen het, lyk grotendeels asof dit self toegedien is.

Van Breda (22) word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin van Breda (54), ma, Theresa (55), en broer, Rudi (22), op 26 Januarie 2015 met ʼn byl in die gesin se huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch vermoor het. Sy sussie, Marli (toe 16 jaar oud), het die aanval oorleef, maar ʼn breinbesering opgedoen en ly aan geheueverlies.

Sy moordverhoor vind tans in die Wes-Kaapse hooggeregshof plaas.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv na eNuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Poppie ·

Hoekom almal se tyd mors met hierdie hofsaak…. Maak jou mond oop en erken waaneer jy iets verkeerd gedoen het! Dit spaar almal die ‘ wonder, oordeel ens en mors niemand se tyd en geld nie! The truth shall set you free… PRAAT NET, DAMMIT!!!!

Hannelie ·

Ai kind praat tog net die waarheid. Net jy weet wat daai aand gebeur het.

Kiepie ·

Ek is nou nie ‘n forensiese deskundige nie maar daardie is nie ‘n broodmes nie.

RB ·

Ek moes iewers iets gemis het met hierdie saga. Het sy suster nie die aanval oorleef nie? Ek was onder die indruk sy het. Tweedens, sou dit nie meer van ‘n raaisel gewees het as sy vingerafdrukke nie op items in sy huis gevind word nie? Nie dat ek enigsins probeer voorgee dat hy of skuldig of nie skuldig is nie.

Bolander ·

Ek gaan nou ‘n klip in die bos gooi. Ly sy wêrklik aan geheue verlies?? Het hy haar nie dalk gedreig om stil te bly nie. Die wêreld is deesdae so boos, enige iets is moontlik. Familie maak mekaar dan dood!!!!!!!!!!!!!!!!!

Rox ·

Sy ly blykbaar aan geheueverlies maar hoop en bid die suster kan teen die die tyd al iets van die gebeure onthou en dit in die hof sal uitkom. Sy was baie ernstig beseer en ons dank die Liewe Vader sy het oorleef.

Genieve ·

Hoekom hy nie in die begin die waarheid praat nie.Die hof se tyd mors en die belasting betaler se gelde.

pop ·

ek wil nou net iets noem ek volg ook al van die begin af die saak. elke een is mos maar geregtig op sy eie mening? wat as die sussie wel nie regtig n gehue verlies het nie en wel alles van daai dag kan onthou en eintlik ook skuldig is?? dan nou weer kan sy wel onthou en kan dan mos se dis die waarheid hulle was aangeval deur iemand anders… mens sal ook nooit weet nie neh… daai is ook nie n brood mes nie en wel natuurlik sal sy vinger afdrukke op huis items wees… dan ook nou weer wie is mal genoeg om hom self met n mes te steek laat dit lyk of iemand anders dit gedoen het… die hele storie is vir my net nie reg nie. as die kind skuldig is dan moet hy net die waarheid praat ek sou lankal van my trollie af geraak het met so baie hof saake.

Tammy ·

Wat het van sy vriendin geword wat so sterk in sy onskuld geglo het. Sy is dan nooit naby om hom te ondersteun nie. Weet iemand dalk?

LB S ·

Het jy al gedink daaraan dalk moet sy studeer of werk toe gaan?

buks ·

Genieve ek dink die hof moet dit doen want een van my werkers het iemand dood selaan in sy dronkenskap terwyl sy broer in die omgewing was. Na 2 jaar kon hy nog nie gevonnes word nie. Sy broer is na n jaar eers huistoe gestuur. In die 2 jaar kon hy nie die hof oortuig dat hy en net hy die persoon dood geslaan het nie. Tien jaar later het hy by my katoor opgedaag en sy ou werk terug gevra. Mens lieg net wanneer jy te bang is om die waarheid te praat. Laat hy die mense saam met hom tronk toe vat wat daai goed(sleg) aan hom bekend gestel het en later aan hom verkoop het, Die dieler is net so skuldig as die rooker.

Charmaine Coetzee ·

Doe ergstw is hoe vermoor jy ma wat lewe aan jou geskenk het jou opgevoed en jou pa en jou broer het werlik geen gewete nie die wereld se mense raak al hoe sieker

wyn ·

Rosie,dit is presides wat ek van die begin af gese het!!
En ek glo eks reg.

Hulle twee is glo so erg oor mekaar,glo baie many aan mekaar!
Maar daar in die begin het hulle hom weg gehou van haar,as ek reg onthou!
Hoekom?

New wat dit is dalk gerieflikheids-verlies!!!!

Rox ·

Nee dit was nie gerieflikheids verlies nie. Soos ek dit reeds genoem het sy was baie ernstig beseer en moes in n kliniek aansterk in die Strand. Sy het erge kopwonde opgedoen.

Tanya ·

Ek wonder ook soms of sy hom nooit uitvra oor die gebeure nie. Wonder sy nie self oor hom nie. Een of ander tyd moet haar geheu terugkom dan moet sy ook antwoord. Geen mens kan net aangaan asof niks gebeur het nie terwyl jou broer in die wereld se oë ‘n moordenaar is nie.

wyn ·

Ag verskoon tog die slim foon se eie regstelings in my komentaar!!

Ekke ·

Dit het Donderdag uitgekom in hof dat die bloedspatsel op die trappe NIE van Henri se beserings afgkomstig was nie en dat die merke aan haar polse was soos iemand wat terug baklei het. So, met ander woorde. Marli het ook gevlug soos die sussie by Griekwastad. Hier gaan nog baie dinge uitkom. Hyt nie verniet badkamer toegegaan. Hyt al vroeer dalk die byl daar versteek!

Ekke ·

Bloedspatsel op die trap wat nie van sy beserings afkomstig. En merke op sussie, Marli se polse was afkomstig van selfverdiging. So, Marli het ook desperaat terugbaklei en probeer vlug soos die sussie in die Griekwastad moord.

wyfie ·

Dankie vir die video’s, Maroela, maar moet sê, ek mis rêrig normale geskrewe berigte oor die saak.

Thea ·

Hoekom is Marlie nog nie bd hof gesien nie en hoekom word sy so uit die media gehou?

LB S ·

Sy is nog ‘n bloedjong kind, kan jy jou die media sensasie voorstel as sy in die openbaar moet verskyn? Ek blameer haar voogde gladnie dat hulle haar dit spaar nie!

Laurika ·

Dit is baie vreemd dat sy vinger afdrukke nie op die byl is nie want volgens sy verklaring het hy die byl by die aanvaller afgevat en hom met die stomp Kant terug geslaan. So ook het jy hom met die byl gegooi toe hy weghardloop.. So dit sê vir my die byl is skoongemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.