[Video] Bylmoorde-verhoor uitgestel

Henri van Breda in die hof (April 2017) Foto: Catherine Rice/ANA

Die verhoor teen die 22-jarige Henri van Breda is Maandag in die hooggeregshof in die Wes-Kaap uitgestel nadat die advokaat wat hom verteenwoordig nie die verrigtinge kon bywoon nie.

Die hof het gehoor adv. Pieter Botha se seun is in die hospitaal opgeneem en Botha sal eers Woensdag weer beskikbaar wees. Die saak is toe tot Woensdag uitgestel.

Van Breda word aangekla van die moorde op sy ouers en ouer broer in hul huis in die De Zalze-landgoed by Stellenbosch in Januarie 2015. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van poging tot moord in verband met die aanval op sy suster, Marli, wat oorleef het. Marli was ten tyde van die aanval 16 jaar oud en ly nou aan geheueverlies weens die beserings wat sy opgedoen het.

Van Breda het skuld op die aanklagte teen hom ontken en is vroeër op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Verlede week het ao. Andre Hitchcock, wat die misdaadtoneel ondersoek het, in die hof getuig hy het drie weke lank DNS- en bloedmonsters op die toneel versamel. Sy kruisondervraging sal Woensdag plaasvind wanneer die verhoor hervat word.

Regter Siraj Desai het ook verlede week beslis dat die aanvanklike verklaring wat Van Breda op 27 Januarie 2015 aan die polisie gemaak het wel as ʼn bewysstuk toegelaat sal word.

Die verdediging het aangevoer die verklaring moenie aanvaar en toegelaat word nie aangesien hulle meen die polisie het Van Breda onmiddellik as ʼn verdagte beskou, maar hom nie oor sy regte gewaarsku toe hy die verklaring afgelê het nie.

Lees alle vorige berigte oor die bylmoorde-saak op Maroela Media.

Die onderstaande insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sjoe ·

Dit is jammer dat die hof en regstelsel se tyd so gemors word met duisende vir die belasting betalers se sakke.

Glo so ·

Ja, van Down Under af. Almal hier glo ook die klein crack head is skuldig.

CAROL ·

Het so iets al vantevore gebeur – dat n adv nie opdaag vir hof nie??? Dalk kom hy terug en sy hy ontrek van die saak of Henri gaan skuldig getuig????

AN ·

Het jy nie die berig gelees nie??? Die advokaat het nie maar sommer net nie opgedaag nie…lees die berig, daarin word vertel waarom die advokaat nie daar kon wees nie.

Pop ·

Carol dit gebeur daagliks. Hulle bel net en se ek kan nie kom nie. Of een van honderde verskonings. En hulle konsulteer sommer in hof tyd met hulle kliënte, en die hele hof sit en wag. Gaan sit bietjie agter in ‘n hof en kyk wat daar aangaan. Julle monde sal oophang.

Rooikop ·

Henry se advokaat het 2 dae uitstel gekry aangesien sy seun opgeneem is in die hospitaal. Die saak gaan Woensdag voort.

Anneke ·

Al wat ek tot dusver graag wil weet is of die sussie kan getuig. Ek het iewers gelees dat sy een van die hoof-getuies in die saak is. Gaan sy getuig? Gaan dit tot sy voordeel of sy nadeel wees? Met alle getuienis tot dusver wil dit blyk of hy skuldig is. Sy storie is net bietjie dik vir ‘n daalder.
Sy optrede direk na die aanval by sy huis is baie verdag en glo sal ook so uitstaan vir die hof.
Tog het ons in die Steenkamp saak gesien dat die hof tog kon beslis dat hy sy ouers en suster vermoor het. Ek sien nogal dieselfde patroon in beide sake. Ek sien ook nogal ooreenkomste tussen die optrede van Don Steenkamp en Van Breda. Laat ons hoop en vertrou dat hy nie wegkom met moord nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.