Video: Byna 200 brandbestryders op Leeukop

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Brandbestryders was Woensdagmiddag nog steeds op Vlaeberg (Seinheuwel) en Leeukop ná ʼn groot brand Dinsdagaand uitgebreek en deur die suidooster aangeblaas is.

Liezl Moodie, woordvoerder vir Kaapstad se brand- en reddingseenheid, het omstreeks 12:00 aan Sapa gesê daar is steeds brandbestryders op die toneel om smeulende boomstompe dop te hou.

Daar was Dinsdagaand in ʼn stadium nagenoeg 200 brandbestryders op Leeukop besig om die brand onder beheer te bring. Sommige inwoners naby Leeukop en Vlaeberg is as ʼn voorsorgmaatreël ontruim, alhoewel geen skade aan eiendom aangemeld is nie.

Die gebruiker Life of Mike het ʼn tydsverloopvideo van die brand op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.