Video: Cancer.vive; meer as 2 300km in 10 dae

ʼn Video van die Cancer.vive geleentheid volg onderaan die berig.

Cancer.viveʼn Groep motorfietsryers het Vrydag op ʼn 10-dag lange reis vanaf Pretoria Girls High vertrek as deel van die jaarlikse Cancer.vive-toer.

Cancer.vive is ʼn projek wat begin is deur die nie-winsgewende organisasie People Living with Cancer. Die projek het nie net ten doel om bewusmaking van kanker te skep nie, maar ook mense op te voed en in te lig om die tekens van kanker vroeg te identifiseer.

Die toer bestaan onder meer uit ʼn kleurvolle groep motorfietsryers wat kanker oorwin het of net ʼn ondersteuner is. Die groep reis deur stede, dorpies en landelike gebiede waar hulle op ʼn vermaaklike manier die boodskap van die toer oordra aan die gemeenskappe.

Cancer.vive02Janie du Plessis, die hoof uitvoerende direkteur van People Living with Cancer en wat self ook die toer op ʼn motorfiets aanpak, sê om met kanker gediagnoseer te word is ʼn skrikwekkende tyd in enige iemand se lewe. “Ons missie is om vir mense wat met kanker saamleef te vertel dat hulle nie alleen is nie en dat die kans om oorlewing baie groot is indien dit vroeg genoeg geïdentifiseer word.”

Maroela Media het met Maria Muller, wat op ʼn baie jong ouderdom met kanker gediagnoseer, asook met du Plessis oor dié toer gesels. Kyk gerus die video hieronder.

Om meer oor die roete van die Cancer.vive-toer uit te vind, gaan loer gerus hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.