Carl Niehaus, Umkhonto weSizwe (MK)-veteraan, is Donderdag in Estcourt in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn “prominente politieke figuur” is in hegtenis geneem op aanklag dat hy afsonderingsregulasies oortree het.
“Die 61-jarige man het vanmiddag omstreeks 16:00 ʼn byeenkoms van sowat 100 mense gereël buite die Estcourt- korrektiewe sentrum,” het Naidoo bygevoeg.
Niehaus is in hegtenis geneem terwyl hy besig was met ‘n regstreekse onderhoud met die SAUK.
Oudpres. Jacob Zuma is ’n gevangene van die Estcourt-gevangenis. Die voormalige staatshoof het hom Woensdag kort voor middernag aan die polisie oorgegee het om sy 15 maande vonnis te begin uitdien. Niehaus was buite dié gevangenis om te betoog teen Zuma se aanhouding.
Die rampbestuurregulasies bepaal dat openbare byeenkomste verbied word, met die uitsondering van begrafnisse waar ʼn maksimum van 50 mense toegelaat word.
“Die verdagte is aanvanklik gewaarsku oor die samekoms en hy is daarna in hegtenis geneem toe hy die waarskuwing geïgnoreer het.”
Hy is tans in polisieaanhouding en sal na verwagting tereg staan op aanklagte van die oortreding van die rampbestuurregulasies, het Naidoo gesê.
“Hierdie inhegtenisneming moet ʼn waarskuwing wees aan enige voornemende oortreders dat verontagsaming van die afsonderingsregulasies, veral te midde van toenemende Covid-19-gevalle, nie geduld sal word nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Daar is dit nou ou carl. Jou tyd is verby. Jy is n has been en n nobody.
Hoekom bevraagteken die omroeper die inhegtenisneming? En nou maak sy of hulle nie weet wat aangaan nie! Asseblief tog!
Sy behoort mos te weet hy was die persoon wat die byeenkoms gereël het, daarom is hy in hefgtenis geneem.
Hoera ou patetiese careltjie sluit by ou zumpie aan!!!!!
Lekker kry vir jou! Ek hoop jy word verantwoordelik gehou vir die naweek se oortredings ook jy dink mos jy’s ook bo die wet pffft
Hy wou net vir sy oompie gaan serenade seker vir hom sing “ek’s ń dapper muis”