Video: Carl Niehaus in hegtenis geneem

Oudpres. Jacob Zuma en Carl Niehaus. (Foto: Carl Niehaus/Twitter)

Carl Niehaus, Umkhonto weSizwe (MK)-veteraan, is Donderdag in Estcourt in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn “prominente politieke figuur” is in hegtenis geneem op aanklag dat hy afsonderingsregulasies oortree het.

“Die 61-jarige man het vanmiddag omstreeks 16:00 ʼn byeenkoms van sowat 100 mense gereël buite die Estcourt- korrektiewe sentrum,” het Naidoo bygevoeg.

Niehaus is in hegtenis geneem terwyl hy besig was met ‘n regstreekse onderhoud met die SAUK.

Oudpres. Jacob Zuma is ’n gevangene van die Estcourt-gevangenis. Die voormalige staatshoof het hom Woensdag kort voor middernag aan die polisie oorgegee het om sy 15 maande vonnis te begin uitdien. Niehaus was buite dié gevangenis om te betoog teen Zuma se aanhouding.

Die rampbestuurregulasies bepaal dat openbare byeenkomste verbied word, met die uitsondering van begrafnisse waar ʼn maksimum van 50 mense toegelaat word.

“Die verdagte is aanvanklik gewaarsku oor die samekoms en hy is daarna in hegtenis geneem toe hy die waarskuwing geïgnoreer het.”

Hy is tans in polisieaanhouding en sal na verwagting tereg staan op aanklagte van die oortreding van die rampbestuurregulasies, het Naidoo gesê.

“Hierdie inhegtenisneming moet ʼn waarskuwing wees aan enige voornemende oortreders dat verontagsaming van die afsonderingsregulasies, veral te midde van toenemende Covid-19-gevalle, nie geduld sal word nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rian ·

Daar is dit nou ou carl. Jou tyd is verby. Jy is n has been en n nobody.

SomeOne ·

en nou is zoempies nie meer daar om jou g… te beskerm nie, moenie sleg voel nie, julle gaan ‘n sel deel

Basjan ·

Hy is nou al vir baie jare lank ‘n has been en van die begin af ‘n nobody…

Gawie ·

Hoekom bevraagteken die omroeper die inhegtenisneming? En nou maak sy of hulle nie weet wat aangaan nie! Asseblief tog!
Sy behoort mos te weet hy was die persoon wat die byeenkoms gereël het, daarom is hy in hefgtenis geneem.

Persheks Adri ·

Lekker kry vir jou! Ek hoop jy word verantwoordelik gehou vir die naweek se oortredings ook jy dink mos jy’s ook bo die wet pffft

Flip ·

Hy wou net vir sy oompie gaan serenade seker vir hom sing “ek’s ń dapper muis”

Piet Snot ·

Beste ding wat met ou Carl kon gebeur het – hy spartel om relevansie in die ANC, en hier word hy ‘n martelaar vir die “cause”!
Ek vermoed die gebeurtenis wys ou Carl kan inderdaad organiseer: sy pellies het hom op die perfekte oomblik gearresteer – soos vooraf gereël.

Anel ·

En daar is dit nou. Wat het die ou gedink! Hy is nie van die regte stam nie. Al probeer hy hoe hard.

Willem ·

Kan ek die polisie verduidelik waar Luthuli House is? Daar is nog ‘n klompie ANCs wat gearresteer kan word daar.

Pieter ·

Nou nie dat ek ‘n aanhanger van Karel Kraai is nie, maar nou dat sy politieke status vertrap word, word hy aangekeer. Wens die SAPD was net so dapper om so teen die EFF ook op te tree. Gelyke monnikke, gelyke kappe.

Corne123 ·

Dubbel standaarde eff kan byeenkoste reel esv maar niks gebeur nie hoekom?

Kokkie ·

Ai tog, ou Carl. Regte ou hanswors. Eens ‘Doktor’ Niehaus, SA Ambassaseur in Nederland, daarna geld geleen vir sy ‘mamma’ of ‘ouma’ se begrafnis toe dié eintlik springlewendig was. Nou huil hy omdat die ANC hom versaak het na 42 jaar se getroue diens. En dit nogal terwyl hy besig was om vir ‘Baba’ in te tree. Hierdie man is ‘n spektakel van ‘n mens. Hy is so uiters belaglik dat dit grens aan afstootlikheid en mislikheid. As die ANC ‘n mens uitspoeg, dan moet hy darem ‘n pateet wees. Was dit nie daarvoor dat hy so ‘n gek is nie, sou ‘n mens hom amper kon jammer kry. Hoekom gee die pers soveel publisiteit aan hom?

JJB ·

As Carl lank genoeg sit kan hy dalk ‘n regte Doktorsgraad verwerf…

Foefie ·

Miskien kan hulle hom en sy gewese president/held in selle langs mekaar aanhou? Dan kan hulle heeldag en aldag sit en bespreek hoe “onregverdig” die regstelsel is?

KB ·

Die sogenaamde “untouchables” begin stelselmatig “touchable” raak…nou vir Malema…

Joe Olivier ·

Hoe dom kan die ou wees. As hy nou sy cammo’s aangehad het dan kon hulle hom nie raaksien om te arrestteer nie.

Jan ·

Hoekom het hulle nie vir Julius Malema ook in hegtenis geneem toe hy die betoging vir die Chinese entstowwe gereel het nie. Dit lyk vir my na absolute dubbele standaarde en politieke punte probeer “score”. Of is Niehaus vir hulle ‘n bedreiging en Julius Malema nie. Hoe pateties.

Anton J ·

Ek stem 100% saam met die ingegtenisneming want openbare gathering is verbied. Maar weereens, Julius Malema, hy het ook n gathering gehad. Hy Kan mos nogsteeds inhegtenis geneem word.

Oumatjie ·

Ja nee. Meng jou met die semels dan vreet die varke jou.

Sarel ·

SAUK….bestaan dit nog if is fit nou net fie SABC.
Hoekom word so baie dekking vur die spul gegee maar
SABC rapporteer nie Plaas en of kinder moord nie?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.