
‘n Skermskoot uit die advertensie.
Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het al hope klagtes ontvang oor Cell C se jongste advertensie.
Mpumi Mda, woordvoerder van die GRS, het aan Maroela Media gesê hulle het teen laat Woensdagmiddag al meer as 50 klagtes ontvang. Volgens Mda sal die geldigheid van die klagtes ondersoek word voordat ʼn beslissing gemaak sal word.
Die advertensie wys hoe ʼn man inkopies doen, vir parkering betaal, brandstof ingooi, onder ʼn e-tolhek deurry, onder beurtkrag gebuk gaan en rekeninge betaal. Die aksies gaan telkemale gepaard met ʼn bronstige hond wat die man aan sy been beetkry.
Cell C het ook op sy sosiale media-kanale kritiek gekry oor die advertensie. Volgens die selfoondiensverskaffer is die advertensie gemaak om die “waarde wat die maatskappy bied” op ʼn “komiese en lighartige” wyse te beklemtoon.
Talle mense wou van Cell C weet hoe hulle die advertensie aan hul kinders moet verduidelik. Volgens Cell C word die advertensie egter net tydens TV-programme ná 20:30 uitgesaai en tydens rolprente of programme wat ʼn ouderdomsperk van 16 het.
Cell C het gesê die advertensie se boodskap is dat mense nie moet toelaat dat ander diensverskaffers hul misbruik nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
66 Kommentare
Dit is ‘n walglike advertensie. Niemand van ons het nodig om so iets te moet sien nie. Daar is geen humor betrokke nie, net ‘n bewys dat die sot wat die advertensie gemaak het, ‘n ernstige gebrek aan opvoeding het.
Ek sien net nie die doel van die hond nie. Dis ‘n simpel advertensie. Glad nie eers snaaks nie
Ag nee! Dis siek!
Daar is nie n antwoord vir dit nie reeds my goed gestop hoop ander volg my voorbeeld
Sjoe maar mense is fyn gevoelig. Ek kan eerlik nie aan ‘n beter metafoor dink as hierdie advertensie nie..