Video: Cell C se hond-advertensie ontstel kykers

'n Skermskoot uit die advertensie.

‘n Skermskoot uit die advertensie.

Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het al hope klagtes ontvang oor Cell C se jongste advertensie.

Mpumi Mda, woordvoerder van die GRS, het aan Maroela Media gesê hulle het teen laat Woensdagmiddag al meer as 50 klagtes ontvang. Volgens Mda sal die geldigheid van die klagtes ondersoek word voordat ʼn beslissing gemaak sal word.

Die advertensie wys hoe ʼn man inkopies doen, vir parkering betaal, brandstof ingooi, onder ʼn e-tolhek deurry, onder beurtkrag gebuk gaan en rekeninge betaal. Die aksies gaan telkemale gepaard met ʼn bronstige hond wat die man aan sy been beetkry.

Cell C het ook op sy sosiale media-kanale kritiek gekry oor die advertensie. Volgens die selfoondiensverskaffer is die advertensie gemaak om die “waarde wat die maatskappy bied” op ʼn “komiese en lighartige” wyse te beklemtoon.

Talle mense wou van Cell C weet hoe hulle die advertensie aan hul kinders moet verduidelik. Volgens Cell C word die advertensie egter net tydens TV-programme ná 20:30 uitgesaai en tydens rolprente of programme wat ʼn ouderdomsperk van 16 het.

Cell C het gesê die advertensie se boodskap is dat mense nie moet toelaat dat ander diensverskaffers hul misbruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Janine ·

Dit is ‘n walglike advertensie. Niemand van ons het nodig om so iets te moet sien nie. Daar is geen humor betrokke nie, net ‘n bewys dat die sot wat die advertensie gemaak het, ‘n ernstige gebrek aan opvoeding het.

Issabelle ·

Sieeeesssss , dit is skrikwekkend , skokkend & walglik !!!! Die advertensie behoort GEENSINS gewys te word nie , dit is uiters swak !!!! Geen wonder mense kla sooooo oor Cell C nie ……. Siesss man siesss , wat het julle nou daardeur bereik of wat julle CELL C met die vieslike advertensie bereik !!!!

nokkie du toit ·

dis walglik verby, ek in my 54 jaar nog nooit met so n hond te doen gekry nie , en daar is geen humor aan dit nie , as ek ooit oorweeg om na cell c oor te skakel sal die advertensie my weerhou daarvan

Shelley Liebenberg ·

Ek sien net nie die doel van die hond nie. Dis ‘n simpel advertensie. Glad nie eers snaaks nie

roeleen ·

Ek stem saam walglik… Wat het die hond met die foon te doen…

nico ·

Daar is nie n antwoord vir dit nie reeds my goed gestop hoop ander volg my voorbeeld

Johan ·

Sjoe maar mense is fyn gevoelig. Ek kan eerlik nie aan ‘n beter metafoor dink as hierdie advertensie nie..

Francois ·

Gelukkig is dit net sy been, dit kon sy ore gewees het….hahahahaha! Nee man sien bietjie die humor in die ding. Ons lewe is saai genoeg.

Van ·

dis niks meer irriterend as al die ander advertensies wat op mens afgedwing word nie, mens betaal ten duurste subskripsie en moet steeds 12 advertensies op ‘n slag tydens ‘n program kyk, daar moet ‘n kanaal net vir advertensies gemaak word, niks tussen programme nie, dis so irriterend soos tele verkopers wat jou op ‘n besige dag aanhoudend op jou selfoon bel.. of dit nou ‘n hond, ‘n pratende baba of die miljoenste advertensie is op versekering, half kaal vrouens of wat ookal is, dis pynlik.

Cornelia ·

Ek persoonlik beskou dit nie as “komies” nie. Dit is uiters walglik!

Lindie ·

Dis nou regtig n simpel advertensie en weet regtig nie wat het hulle gedink is so oulik daaraan nie.

Debs ·

kyk mens kan lighartig wees en ‘n sin vir humor he, maar hierdie staan my glad nie aan nie … dis dis-respekvol, vieslik en walglik…. Cell-C probeer iets anders om mense te trek….

Joe64 ·

Sien baie mense besef nie dat hulle tot vervelens toe deur alles en almal deurgewerk word nie, dink dit is ‘n briljante advertensie!.

NS – met verwysing na die toneel in die klerewinkel in die advertensie , mens kan klere invoer van Amerika af na Suid Afrika wat beter kwaliteit as die Chinese klere is en vlieg koste en invoer belasting betaal en goedkoper as die Chinese klere by plaalike handelaars afgelewer word by jou huis!.

Ina ·

Ek dink dis walglik. Regtig!!! maak nie saak watter tyd dit uitgesaai word nie, dis vieslik!
Kan Cell C aan niks beters dink nie?

Takkie Takuuza ·

Whahaha….oops sorry. gpffff-hie-hie….ahem, sorry. ggggpfff wha haha. Jammer, jammer – pfshhs ha-wahahahaha – hmm – dis bietjie snaaks.

Theresa ·

Die lewe is siek en walglik genoeg. Dis nie nodig om dit nog te “adverteer” ook nie. Maar ja Cell C het die reaksie gekry wat hul wou gehad het. Ek wens julle GEEN sukses toe nie!!

Susan ·

Dit is vieslik, ag nee man. Die lewe is klaar vol aaklikge goed en nou dit.!

scalla ·

Wat sal hul nog doen om hul besigheid te laat groei , swak smaak.

Winston ·

Wonder wat sal die kommentaar wees indien die werklikhede in SA gebeeldsend word? Almal hoor net die nuus; niemand sien die tonele nie. Hierdie advertensie visualiseer die realiteit, en mense vind dit afstootlik? Seker te grof ja, maar….Die hondjie in die advertensie se naam……seker Jacob? Of so iets?

Pierre Celliers ·

Vieslike advertensie en Cell C kan vergeet van my ondersteuning ooit!!!
Gladnie nodig om in die modder te rol om aandag te trek nie!

Berhalet Beukes ·

Maar word ons nie maar blootsrug gery vir geld in SA nie? Just a thought….

Gina ·

Voorbeeld van hoe Cell C jou aan die been ry, nadat jy met hul n kontrak aan gegaan het. So stel af getrap. Vir hul is dit sensasie vir die Publiek een siek grap

Monique ·

Toe ek hierdie advertensie Vrydagaand in Ster Kinekor vir die eerste keer sien het ek nie geweet waar om te kyk nie. Dis walglik en uiters onvanpas. Ek het nie vir een oomblik gedink dis snaaks nie maar inteendeel skaam gekry vir Cell C.

Francois de Villiers ·

Neem aan dat almal nie die advertensie laaik nie se kinders glo ‘n soen maak jou swanger. Dis 2015 ………………………………………….

Tommy ·

Francois wat het 2015 met die swak advertensie te doen. As ek jou logika volg, kan ons in 2020 wys hoe word ‘n vrou verkrag. Daar is net sekere goed wat ‘n taboe is, wat swak smaak is.

Tommy ·

Watter tipe mens dink sulke goed uit, watter tipe maatskappy plaas sulke advertensies. Swak advertensie. Goeie advertensies is deesdae skaars.

Jaco ·

Ek sal eerder se dit is realiteit wat mense nie kan aanvaar nie…dis tog hoe die uitwerking is op die lewe soos wat ons daar sien mense alles gaan op en word duurder en die dit help nie om te oordryf oor een simpel adervertensie wat die realiteit aan ons suid-afrikaaners uitbeeld nie oor hoe ons voel nie….rerag waar

Malinda ·

Die wat so sies en se dis walglik, dink aan julle sepies wat julle so kyk en flieks waarin seks en naaktheid ingeskerp word hoekom kyk julle n sulke goed? Die dier doen maar net sy ntuurlike gawe

Janine ·

Wys wat jy weet. ‘Humping’ gebeur met reune om dominansie te wys. Enige hond wat dit doen, moet reg geleer word. En net omdat jy simpel sepies kyk, beteken nie die res van ons doen nie. Ek het beter dinge om met my tyd te doen.

Michelle ·

Dis een van my heel gunsteling advertensies op tv.
Dink dis heel kreatief!
Mens sou dit nie beter kon sê nie

Johan ·

Ekt my nou dood gelag.. Duidelik verwys hulle na ons regering met die hond.. Die ANC kry ons aan die been beet met elke geleentheid wat hulle kan… Cell C wil dalk maar net biethie pyn verlig.. hahaha

Johan ·

Ekt my nou dood gelag.. Duidelik verwys hulle na ons regering met die hond.. Die ANC kry ons aan die been beet met elke geleentheid wat hulle kan… Cell C wil dalk maar net biethie pyn verlig.. hahaha

CHRISTA ·

Ja, ek dink ook dit pas beter by ons ANC regering. Bêre dit vir volgende jaar voor die verkiesing!!! Dis IN DIE KOL!!! Die ANC POMP ALS UIT ONS UIT!!!

Fanie ·

Ek dink hierdie is ‘n briljante advertensie en glad nie so afstootlik soos meeste mense sê nie. Tyd dat ouers eerlik met hulle kinders praat oor seksopvoeding sodat hul dit nie op die verkeerde plekke leer soos in meeste gevalle nie. Bravo Cell C, trots op julle. Baie beter as Vodacom se irreterende advertensie.

Persis ·

Ja, ek moet saamstem met die irriterende Vodacom adv, “slaap tiger” en “snoring” W T……? Regtig?..

Simone ·

die hond is dalk nie snaaks nie, maar dis mos nou nie cell c se diens wat swak was nie… en die mense wat n probleem het met advertensies… daar is van ons wat advertensies nodig het, ek kan nie lank stilsit nie, en n advertensie gee my die kans om te beweeg sonder om my storie te mis, selfs om koffie te maak of sommer gou gou my kid in die bed te sit… daar is voordele… dalk irriterend, maar nou darem nie so erg nie..

Stokies ·

Briljant, slaan die spyker op die kop. Dit is wat met ons gebeur elke dag.

Francois ·

Julle kan bly wees dis net sy been, dit kon sy ore gewees het. Hahahahaha ….. dis baie fyn humor die. Puik!!

Anton ·

Uiters geslaagde advertensie. Kyk hoe het dit almal op Maroela aan die babbel!

George ·

Swak smaak!!! Walglik, ek sal nou nog minder met Cell C wil besigheid.

Willie Olivier ·

Ek is verbaas dat so baie sous-tannies hulle bekke rek oor die advertensie wat eitlik geen skade aan enige iemand doen nie, (ons het aal almal n hond in ons lewe gehad wat sulke lawwe dinge doen, dis deel van helle natuur) . Maar n afrikaner kind wat geweldadig aangerand word in sy skool terwyl sy afrikaner onderwyser toekyk is ok? Ek dink ons afrikaners moet ons prioriteite begin regkry!

Eliza-beth ·

Willie Olivier – NOU praat jy! Maar ja, dalk is die verkeerde metafoor hier gebruik, Cell C het seker maar gehoop mense gaan verstaan wat hul op, wat hulle as baie fyn humor beskou, verstaan en toe nou mense dwars in die krop gesteek. Advertensies maak aan my g’n verskil, ons neem op met die pvr wat ons wil kyk, “skip” alle advertensies, want dis net ‘n pyn oor die algemeen en veral gedurende ‘n spannende reeks, so ons sien dit nie eers nie!

Adele van Zyl ·

Ons word elke dag, op verskeie maniere, letterlik “aan die been gery” – kospryse, petrol “hikes”, swak dienslewering, kragpryse (or the lack thereof). Ons moet elke dag na nuus berigte en videomateriaal kyk wat veel erger, meer skrikwekkend en baie wreder is as die arme ou Cell C advertensie. . . Ek sê: “Laugh a little!!” want as ons nie net n krieseltjie humor in ons alledaagse lewe en in die dinge rondom ons kan sien nie, gaan ons onself nog dood tjank!!! Briljante advertensie Cell C!! Ek lag elke keer baie lekker! PS.

Cecilia ·

Dis skreeusnaaks!! En so waar. Ons word orals “gery”! Net jammer Cell C se opvangs is so sleg op die platteland.

Karen ·

Ek lag my dood elke keer as ek na die advertensie kyk.
Dink Cell C slaan die spyker op sy kop

martie ·

dit is siek hoor, te veel mense gebruik ‘foefies’ as hulle weet hulle produk is nie goed genoeg nie …. en diere verdien om beter behandel te word, nie om misbruik te word nie

Leeza ·

Dit is presies hoekom ons land is waar hy is. Die mentaliteit van ons nuwe opkomende oppervlakkige mense. Pateties!

Wolfie ·

Baie goeie advertensie. Beter manier om uit te druk hoe ons moet betaal vir alles is daar nie. Maar mense sal maar altyd rede kry om te kla né…

Duane ·

beter as die slap tiger advertensie. Die advertensie groei nogal op mens soos jy hom leer verstaan en cell c het klaar hulle doel bereik. Any publicity is good publicity.

Pikkewyn ·

Dis so snaaks dat almal te kere gaan oor hierdie EEN advertensie, maar VELE advertensies wat in elke detail verduidelik hoe vrouens sanitere produkte moet gebruik (met kleursels – die lot) en wat die voordele is, word al jare net gelate aanvaar en is nie ‘disrespekvol’ teenoor vrouens nie. Dan moet alle maatskappye wat daardie produkte adverteer ook aangemaan word en advertensies OOK verwyder word. Cell C wys dit mos in spesifieke tyd gleuwe, sorg dat jou kind in die bed is teen daardie tyd of skakel oor na ‘n ander kanaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.