Video: Chaos buite Brackenfell-skool toe EFF, inwoners slaags raak

Inwoners en ondersteuners van die EFF raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell. (Foto: ANA)

WAARSKUWING: Die video in hierdie berig bevat kru taal.

Die polisie moes Maandag ingryp nadat ondersteuners van die EFF en ouers en inwoners van Brackenfell slaags geraak en skote en vuiste geklap het.

Lede van die EFF het Vrydag al na die Hoërskool Brackenfell opgeruk ná foto’s van matriekleerders van die skool by ʼn sogenaamde matriekafskeidgeleentheid ʼn herrie op sosiale media veroorsaak het. Net wit leerders het glo die geselligheid bygewoon.

Die betogers was Maandag weer by die skool, waar private veiligheidswagte, inwoners en ouers hulle ingewag het.

Die polisie is ook by die skool ontplooi.

Neil de Beer, stigter van die United Independent Movement (UIM), het teen die EFF uitgevaar en gesê dit is skandelik dat nog geen politieke leier die skool kom besoek het nie. Hy het gesê hy het die speaker van die parlement, Thandi Modise, boonop gevra om stappe te doen teen die partyleiers wat geweld aanhits.

“Dit is nie ʼn rassekwessie nie, dit is ʼn kwessie oor die reg van kinders om in vrede gelaat te word. Gaan sê jy vir die mense van Suid-Afrika ons is #gatvol.

“Elke keer dat Julius Malema iets sê, moet die wêreld luister. Nou wie het hierdie klein mannetjie ʼn godjie gemaak?”

Minstens een mens is weens die oproer buite skool in hegtenis geneem. Die polisie monitor steeds die situasie. (Foto: ANA)

De Beer sê die aanhitsing om “te vermoor, te brand en dood te maak” is ongrondwetlik en kom neer op haatspraak. “Dit is onaanvaarbaar komende van ʼn sogenaamde leier van die parlement.”

De Beer het ontken dat die inwoners van Brackenfell rassisties is. “Hulle moet werk, maar hulle staan hier om hul kinders te beskerm,” het De Beer gesê. “Hierdie land is moeg vir iemand wat ʼn land probeer verdeel, pleks daarvan om dit te verenig.”

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê lede van die eenheid vir openbare orde en ander wetstoepassingsowerhede is ontplooi om die situasie dop te hou. Verskeie paaie om die skool is ook gesluit.

Rwexana het gesê ʼn lid van die publiek het glo skote geskiet en ʼn saak van poging tot moord is vir ondersoek aanhangig gemaak.

“ʼn 39-jarige verdagte is in hegtenis geneem,” het Rwexana gesê.

“Die polisie het opgetree om die skare uiteen te jaag. Geen beserings is aangemeld nie en geen ander inhegtenisnemings is in hierdie stadium gedoen nie.”

Rwexana het ook gesê ʼn saak van openbare geweld word ondersoek. Die polisie is intussen steeds op die toneel om die situasie dop te hou.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het vroeër gesê die skool het weens die Covid-19-pandemie geen matriekbal aangebied nie en die skool het ook niks met die organisering van die betrokke geleentheid te doen gehad nie.

Die skool het Sondag in ʼn brief aan ouers ook weer benadruk dat die geleentheid nie ʼn sogenaamde “wit matriekafskeid” was nie en dat dit nié deur die skool gereël is nie.

“Die beheerliggaam het etlike maande gelede al besluit dat daar nie ʼn matriekafskeid gaan wees nie, omdat die gevaar van die Covid-19-pandemie net te groot is. Die gemaskerde bal, waarna as ʼn matriekafskeid verwys is, was ʼn private partytjie wat deur ouers van matrikulante gereël is, en was geensins onder die beheer van die skool nie,” het die skoolhoof, JW Muller, en die voorsitter van die beheerliggaam, dr. Guillaume Smit, in ʼn verklaring gesê.

“Iets positief wat uit al die negatiwiteit na vore kom, is hoe ons ouers en die Brackenfell-gemeenskap bankvas by ons staan. Ons wil julle bedank vir jul lojaliteit en ongelooflike steun in ʼn moeilike tyd.”

Die skool sê hy distansieer hom van enige aantyging dat sekere geleenthede vir bepaalde groepe, veral rasgroepe, gereserveer word.

Die skool het ook ʼn beroep op ouers gedoen om hulle te weerhou van gewelddadige optrede of gedrag wat die skool onder verdere druk sal plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Dit is mos nou hoe mens oor kleurgrense saamstaan! Well done!

Prontuit ·

duidelik het iemand genoeg gehad!!!!! mooi man, dink mos as hulle met rooi opdaag iewers almal moet bang wees ek net bly niemand beseer nie

Fedup ·

Now i am not really a violent person and no violence will ever solve any problem.
But…
As we are seeing the garden gnomes getting a hair wash without shampoo, i would have reacted exactly the same as the parents.
Or worse.

Pieter ·

Die EFF gaan op die harde manier leer dink hulle kan maak nes hulle wil. Die ANC het malema mooi geleer. Hier gaan nog oorlog kom praat help nie met die klomp kommuniste nie.

Natasha ·

As die regering en Cele nie die EFF kan beheer nie sal ons die publiek dit doen.

Arno ·

Presies net soos jy daar sê, hulle is te papsakkig om hulle werk te doen, ons mense is gatvol vir die EFF!

Zacahara ·

Mense raak #gatvol vir die EFF’etjies!!! Ek dink hulle moet nou maar weer terug kleuterskool toe, dis waar hulle hoort!!

Elize ·

Die regering moet verantwoordelik gehou word hiervoor. Dis baie duidelik EFF is daarop uit om moeilikheid te maak en is buite beheer. Hulle is besig om die land onbeheerbaar te maak en moet vasgevat word

Genis ·

Dis tyd iemand hulle vasvat… almal is moeg vir die klomp moegoes…

Rentia ·

Waar is die DA leier? Waar is die primier? Minister van onderwys?
Hoekom is geen ander party daar om dit duidelik te maak dat ‘n lyn oorgesteek is wat nie moes oorgesteek word nie? Enige ouer sal sy/haar kind beskerm met alles wat hulle het ten enige koste. Jy dreig NIE ‘n kind nie. Hoekom tree die DA, aangesien hulle die Wes-Kaap beheer, nie op teen die EFF nie?

Anton ·

Presies. Die DA, waar de hel is julle? Wat gaan julle doen hieromtrent?

Vanessa ·

Ek is sooooo trots op julle. Ouers julle het goed gedoen!!!!!

Mel84 ·

So, die EFF wil nou he ek moet eers aansoek doen om my vriende te nooi vir ‘n braai om seker te maak die kwota is reg? Nou het ek werklik alles gehoor.

Eb ·

Wanneer word die ouer wat die nonsens begin het oor rasisme ensv te wil vertel, aan gekla word? Mense wat die moeilikheid begin moet die gevolge dra.

Nie Verbaas ·

Dit is verbasend hoe EFF enige plek kan opdaag en maak soos hulle wil sonder dat die polisie n vinger verroer.

sopbeen ·

Daai ou gesegde het onmiddelik in my kop gekom “if you touch my kids I’ll touch your face”

H ·

Ek dink almal is al gatvol . Ek wil graag weet hoekom is malema nog nie op gesluit nie ? Die ouer wat gekla het , jy bly in stellenbosch as ek nie verkeerd is nie . Wat soek jou kind in brackenfell dan ?? Punt nommer twee, n privaat funksie beteken jy nooi wie jy wil . Hoekom moet daar nou ook n kwota wees . Wat het jou as ouer gekeer om JOU geld te vat en vir JOU Kind n geleentheid te reel ? Ek kan jou waarborg, wit sou daar nie wees nie . Het hy dalk so tekere gegaan dalk omdat hy glo almal skuld hom iets en hy kan nie self vir sy kind sorg nie ???? As ek braai saam met familie , gaan die ou hier onder in die straat koerante toe hol want hy voel ek moes hom nooi want hy dink die wereld skuld hom iets ? kannie werk vir sy eie goed nie ??? Eks dom , ek wil graag he iemand moet dit aan my verduidelik !

Kerneels ·

Ek was laas keer so trots op my mense toe ons moviese klomp bikers by die unie gebou bymekaar gekom het!!! Tyd laat julle nou maar op die ou manier geleer word. Praat help nie met n dwaas nie.

Genis ·

Die person wat geskiet het, het mos ook in die lug in gekied? Julius het vir die slefde daad niks oorgekom nie… Of gaan hier onderskeid getref word?

Persheks Adri ·

Great ouens! Lekker kry vir julle, want julle het mos net mooi NIKS maniere nie! Laat daai ‘n vinnige les wees vir julle klomp petters tsssk man

Trotse Boervrou ·

Miskruier, daardie wêreld waarvan jy nou praat is verby. Die ANC het daarvoor gesorg.

Die Goodwoodianer ·

Goed om te sien die gemeenskap staan saam teen die EFF-euwel. Ek bly wel steeds ongelukkig met die feit dat sommige van ONS mense nie saamgestaan het in die gemeenskap van Goodwood in die 1990’s om dit uitsluitlik skoon te hou nie… Instede om saam te staan vir ons dorp het baie egter weggetrek na, onder andere, Brackenfell.

As ñ jong man myself het ek gesien hoe dinge stadig maar seker verander het in ons gebiede. Meestal omrede mense sou wegtrek na die “nuwer” gebiede en nie ñ duit omgegee het wie hul plek inneem en watter impak dit op hul dorp van oorsprong sou hê.

En dan sít ons met die gebakte pere. Maar darem nie vir altyd nie… Ons Afrikaners kan ook net soveel verdra totdat ons besluit “genoeg is genoeg”. En dan maak ons self skoon.

Eendrag Maak Mag. Veronderstel.

LiveAndLetLive ·

Hierdie kinder skryf eksamen, dit is by n skool waar die EFF gaan moeilikheid maak vir geen rede nie, ek hoop hierdie EFF rooi kappies word vervolg vir hulle geweld by skole, dit is absurd man.
Well done vir die ouers wat genoeg gehad het, ons het almal in die land nou genoeg gehad hiervan.
Hulle provoke blanke ouers en dan word blankes toe gesluit, hoekom dwing polisie nie eerder EFF om skool te verlaat nie, daar gaan drasties iets aan Malema en sy kriminele gedoen moet word in SA

Johan ·

Mens soek nie moeilikheid in Brackenfell nie. Jy gaan heel moontlik met n dikbek huistoe gaan. Die rooikappies moet gaan sokkie daar. Hulle sal gou sien.

B-Man ·

Ek wou nou oudergewoonte ‘n braai by my huis hou hierdie naweek. Het nie geweet dat ek nou die EFF ook moet nooi nie. Julius is welkom om te kom…

Ilze ·

Passop B-man. Hy daag dalk op. Jy moet maar sorg dat jy die duurste whiskey op die mark het om hom aan te bied. Hy is net die beste gewoond.

B-Man ·

Hy sal baie versigtig moet teug aan enigiets wat ek hom sal aanbied.

AmY ·

Dalk moet jy. Dalk bring hy vir jou ‘n peperduur geskenk saam. Wie weet?

Phillip ·

Nou Goed dan as daar n nieblanke trou is is dit mos ook rassisties want daar is ook nie wit betroke is nie is dit ook rassisties en as die nieblankes onthaale reel en daar is nie wit mense is dit ook rassisties dan moet ons ook opruk en klae daar oor

Marlene ·

Ek kry die kinders jammer wie se ouers daarby betrokke is. Hoop nie hulle word gespot / gedreig nie!

Trotse Boervrou ·

Marlene, die arme kinders is alles gewoond te danke aan die ANC Regering. Hierdie is normaal vir die hedendaagse lewe. Glo my, hul (enige kleur) loop eerder breëbors rond want hul sien hoe hul ouers hul man staan teen hierdie leeglêers.

Alex ·

Kom ons kyk so na die situasie. As swartes byeen kom met n funksie is dit normaal. As wittes byeenkom met n funksie is ons rassisties. Hulle wil ons nie op hulle parties hê nie. Ons maak niks daarvan nie, nou waarom sal die EFF kinderagrige lede wat nie werk het vir hulle self ons wil kom tart en uitlok? Ek sien op die video kleurlinge ook wat saamstaan met die wittes. Nou wat sê die EFF nou van dit?

AmY ·

Onthou asb: wanneer jy weer ‘n braai by jou huis of ‘n privaat funkie vir jou kind en sy/haar maats hou, om eers die gastelys vir die rooi pette voor te lê.
Binnekort gaan hulle selfs vir jou sê wie om by jou huis te onthaal.
As jy die een buurman nooi, maar nie die ander een nie…

Casper ·

Malema is te slapgat homself om daar te wees.Gaan die regerende oarty nou die rassekaart op die tafel gooi.EFF die publiek is gatvol vir julle en julle haatspraak.

Derek ·

Dit blyk dat die grondwet vir sekere kulture en politieke partye maar net niks werd is nie, hulle het nie die vermoe om hulself te vermaak nie. Die handves van menseregte gee ons die vryheid van assosiasie, dit verstaan die EFF nie. Hoekom die regering dit nie afdwing laat mens wonder, weereens net n duidelike en onbetwisbare feit dat gelowiges en ongelowiges nie dieselfde geestelike opvoeding het nie. Dit is oor en oor bewys.

Jakes ·

Kyk net hoe vinnig hardloop hulle weg? Was nog altyd en sal altyd so wees.

Denise ·

Almal is moeg vir die opsweep van Julius Malema… gee hom n pakslae

SomeOne ·

malema hits net aan, sal nie self na die partytjie kom nie

Yolandie ·

‘n Privaatfunksie het nou ‘n rede geword vir politieke rampokkery. Een ouer het gekies om ‘n funksie te hou omdat haar kind nie ‘n matriekafskeid gaan he in haar laaste jaar op skool nie. Wie sy /hy kies om te nooi is niemand se besigheid nie!!! Finish en klaar…….net soos dit met niemand enigeteiets te doen het saam met wie ek kies om te kuier nie. So wie ook al die “fake news” kwaadwilliglik versprei het, het obviously ‘n rasse agenda.

Pierre ·

Wag maar en kyk volgende is MRK en ou hoed met volle mag by die skool

Elmarie ·

Nou het die rooies nie WERK as hul so heeldag kan rondrits en moeilikheid maak nie?

MakersMark ·

Ha ha net ‘n paar taai klappe en die “ground forces” drawwe vir dekking. Wonder waar was die groot “commander in chief”? Mooi so Brackenfell.

Vrijburger ·

Mmmm sien hierdie vir wat dit is. Alles net deel van die ANC se marxsistiese groter plan. EFF bloot die ANC se onderdekking ‘provokateurs’.

TO ·

Trots op jou, watter kleur ookal, wat saamgestaan het. Lafaards, toe die eerste houe val, toe hardloop hulle

Gemaskerde Sopbeen ·

Maklik.
Stap 1. Bepaal begroting vir funksie.
Stap 2. Bepaal hoeveel kinders (nie aanhangsels) sou bywoon
Stap 3. Deel die bedrag per kind toe en gee vir kind
Stap 4. Laat kind met voog/ouer onderneming gee dit sal vir verdere opleiding gebruik word
Stap 5. Gooi vir jouself ‘n Bells.

Vrijburger ·

En nou dat ek daaraan dink, ook tyd om die media aan te vat wat aan die EFF’ers hul bevoorregte dekking gee.

Astrain ·

Lekke Kaaps!! Verlang ek nou na my suiwer Weskus dialek…hehehe

Danie ·

Ek is trots op die Brackenfell ouers.
Maar dit was onnodig om skote te skiet in die lug.
Al was dit ‘n replika pistool wat klappers skiet.

pompies ·

Ek hoor nou oor rsg dat selfs die president by die partytjie se storie betrokke raak. Nou wonder ek waar om hy nie ook by die moord van Brendan Horner betrokke geraak het nie. Die eff bly ook heeltyd verwys na “White supremacy” hulle weet hulle is nie op dieselfde vlak as die white supremacists nie daarom bly hulle daaarna verwys.

Gert Johannes ·

Arme agter geblewenes, sit en wag op die stasie vir die trein wat hulle gister gebrand het. Dit is mos alles apartheid se skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.