Video: Chaos by HTS Witbank

Ouers en lede van die gemeenskap het Maandagoggend voor die skool saamgedrom (Foto: Skermskoot)

Gemoedere by die Hoër Tegniese Skool Witbank het Maandag gedreig om oor te kook toe ouers van die skool en lede van die gemeenskap slaags geraak en mekaar byna met vuiste bygedam het.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, is tans op die toneel en het aan Maroela Media bevestig dat die situasie gespanne is, maar tans in bedwang is. Hy sê die polisie is ook intussen by die skool ontplooi.

“Die departement sal later ʼn volledige verklaring oor die gebeure uitreik,” sê Zwane.

In ʼn video wat op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe ʼn groep mense voor die skool sing en dans. Die video is omstreeks 09:30 deur Witbank News op sy Facebookblad gedeel. Daarin kan gesien word hoe mense mekaar beetkry.

In dié video kan ook gesien word hoe sommige mense met sambokke gewapen is.

Lede van die Bittereinders-jeugbeweging is ook op die toneel.

In stemboodskappe wat vanoggend rondgevlieg het, vra iemand bystand nadat die situasie by die skool glo begin handuit ruk het. In nóg ʼn stemboodskap sê iemand dat “hulle van agter af met sambokke geslaan word”.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorval aan die polisie en die skool gerig, maar wag nog vir terugvoer.

Die oproer volg ná verlede week se oproer by die skool toe ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe talle leerders in ʼn vuisgeveg betrokke is voordat daar tussenbeide getree word. Die voorval het Dinsdag plaasgevind.

Zwane het beweer dit blyk ʼn “rassegeveg” te wees. Daar kan in die video gesien word dat wit en swart leerders by die geveg betrokke was.

Dit is nog nie duidelik of vandag se onluste met dié spesifieke voorval te make het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Misky ·

Dit hou net nie op nie!!!! Skool is nie meer skool en waar kinders opvoeding ontvang nie. Rassehaat word so in almal se kele afgedwing en het plofbaar geraak. Vat baie min deesdae vir iemand om te “snap”

Dup ·

Hulle sal nie rus alvorens alle blanke leerders van skoolterreine verdryf is nie!

Debby ·

Wat soek hulle in die 1 ste plek in ons skole, dat hulle terug gaan waar hulle vandaan kom

melaney ·

Raak gewoond daaraan Debby. Dit is nou “hulle” skole, “hulle” treine “hulle” dorpe ens. Daarom lyk die land soos hy lyk. Maar kyk hierdie hele land deur, waar kos en klere uitgedeel word is dit blankes wat uitdeel en “hulle” staan soos altyd “bakhand”.

Debby ·

Dishoekom hulle absoluut niks van my af kry nie, charity begins at home

Elize ·

Vanwaar hierdie neiging dat mense van ander kleur nie met mekaar kan verskil nie? Speel die bal en nie die man. Ek kan van jou verskil of jy ‘n man of ‘n vrou is, of jy wit, bruin of swart is. Dit gaan oor die geskil en nie die kleur nie.

Anoniem ·

Opstokers of ouers? Daar was beslis nie so baie jong manne wat aanmekaar gespring het nie.
Hierdie is nou net weer ‘n rasse uitlokking van landsburgers wat absoluut niks met die saak te doen
het nie.

Aai ·

Al wat hulle help is die nommers hulle kan nie sit en praat.Kan geld op dit sit dat meeste van daai wat daar dans het niemand wat in daai skool is.

Louise ·

Hoekom moet die HELE sool daaronder ly as twee kinders baklei… Dit het mos nou NIKS met die res te doen nie….

koos10 ·

Dis sal ook help as die ANC regering nie alles as rasse kwessies af maak nie!

Persheks Adri ·

Los die kinders uit laat hulle leer! Nou daag daar hoeveel ouers op en our people sak uit met sambokke dit sê klaar baie. Tipies die klomp met rassisme. So moeg vir die ras stories

Aai ·

Begin in die Kaap hulle lus vir Malema hy bang vir die Kaap.Ha Ha

Chris ·

Kan die mense nie agterkom dat gedwonge integrasie nie werk nie. Dit skree ten hemele wat tans aan die gang is.

Werner ·

Wil tog so graag meng.Meng jou met fie semels dan vreet die varke jou op

Hoekom ·

Zwane blaas rassehaat aan!

Op die fotos kon gesien word dat wit en swart saam geveg het. So die rasgeveg uitlating is verkeerd, ‘n leuen en onverantwoordelik. Dalk aspris vir politieke doeleindes…

Werner ·

Hulle sal nie ophou tot die rasse oorlog wat hulle soek uitbreek nie

Marietjie ·

In ons dae, 1970’s 80’s was daar baie vuisgevegte tussen seuns. Hulle het mekaar omtrent opgevoeter, hulle is hoof toe gestuur en daar het hul ‘n ordentlike loesing gekry. Daarna was alles verby. Maar nou as twee seuns baklei, toevallig wit en swart dan is dit ‘n rasse ding. Hoekom kom dit nie in die nuus as twee van dieselfde ras baklei nie? Ai really mense, pik net by. Laat die kinders dit uitsorteer en die skool, moenie inmeng nie.

Sarel ·

Die Konders se Onderwys was genoeg ontwrig moet
Mense so.optree. Dasr is ander maniere

Andrew ·

Met die nuwe “critical race theory” nonsense waar wit mans van staan spoor as die sondebokke afgemaak word, en ander volke se onderdrukte indoktrinasie verder ingeboor word, gaan die soort van intimidasie en gevegte in openbare skole meer plaasvind. boerseuns gaan na n ruk opstaan vir hulself.

Ovelia ·

Kan di polisie nie maar weer rubber amo gebruik saam mt die waterkanon nie. Xink dis al wt sal werk

VaalDonkie ·

Watse “ouers en lede van die gemeenskap” is dit? Die ouers is mos lede van die gemeenskap rondom die skool.

Johann ·

Almal blameer apartheid vir die “onregte” van die verlede maar vergeet gerieflik die 4000 jaar wat geen ontwikkeling plaasgevind het in sekere kulture nie, en nou aanspraak maak op ander se moeite en geld.
Dit is net moontlik as mense bereid is om slagoffers te wees, en dink die paddas kook dalk nou te vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.