[Video] Chaos by UP

Betogers breek 'n hek oop.

Betogers breek ‘n hek oop.

ʼn Groot groep polisiebeamptes en private veiligheidswagte het hul hande vol by die Universiteit van Pretoria (UP) se Hatfield-kampus waar betogende studente onder meer ʼn hek oopgebreek het om toegang tot die kampus te kry.

Die kampus se hekke is kort ná 09:00 gesluit. Betogende studente het ʼn hek oopgebreek en selfs oor ingangspunte begin klim om toegang tot die kampus te kry. Maroela Media verneem prof. Cheryl de la Rey, visekanselier, het personeel van al die kampusse versoek om vanoggend op die Hatfield-kampus bymekaar te kom waar sy ʼn aankondiging sou maak. Betogers het egter ontwrigting veroorsaak en geen aankondiging is gemaak nie. Personeel is hierna terug na hul onderskeie kampusse.

Die universiteit se senaat het verlede week besluit dat wanneer die universiteit Maandag heropen, ʼn proses van gestruktureerde gesprekke met personeel en studente gehou sal word om die beroep vir gratis onderwys institusioneel te doen. Die akademiese program sou aanvanklik Maandag begin nadat die Oktobervakansie vervroeg is. Dit is egter verder uitgestel vir die gesprekke.

Die vergadering het weens die ontwrigting nie plaasgevind nie. Die universiteit het omstreeks 11:30 Maandag op sosiale media gesê hulle werk saam met die polisie en kampussekuriteit om die situasie te “stabiliseer” en dat studente binnekort toegang tot die kampus sal kry. Sowat ʼn uur later het die universiteit egter gesê geen studente sal Maandag toegang tot die kampus kan kry nie.

Vusi Mahlangu, een van die #FeesMustFall-organiseerders, het gesê geen klasse sal by die universiteit plaasvind voor klasgeld geskrap word nie. “Ons gaan alles toemaak. Tans ontwrig ons al die taktieke van die universiteit. Daar is geen klasse wat vandag plaasvind nie en ons sal seker maak dit bly so. Ons doen ʼn beroep op De la Rey om saam met ons te kom betoog.” Mahlangu het gesê die verskerpte veiligheidsmaatreëls sal die betogers nie afskrik nie.

Volgens berigte is minstens twee betogende studente Maandagoggend in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

MUM ·

JULLE HET DIE SKULDIGES OP FILM WAT MEER WIL JUL HE , HUL BREEK PRIVAAT EIENDOM , HOEKOM KAN JUL NIE OOK N LAS BLIEF KRY NIE,

Leonard van der Dussen ·

Tuks versaak die ordelike student wat wil studeer en beskaafd wees. Dis nie eers ‘n groot skare oproermakers wat die hek oopbreek nie. So maklik as wat vir enige polisiemag wat net ‘n halwe iets werd is om te keer.

Die werklikheid is dat baie ordelike studente vanoggend opgedaag het om die beoogde skakelingsvergaderings te kom bywoon, en om hulle misnoeë met Tuks se onsigbare leierskap te wys en hulle wil om te studeer op die Aula se grasperk te vertoon – maar toe nie die kampus kon binnegaan nie. #TuksDoenNiks

007 ·

En as hulle die oorlog wen,moet hulle weer vegoed word vir die struggle.

Vra maar net ·

Van wanneer af onderhandel ‘n mens met vandaliste wat wet en orde verbreek, ontwrigting veroorsaak, privaat eiendom verwoes en menselewens bedreig? Dis wat gebeur wanneer mense te ruggraatloos is om standpunt teen dít wat verkeerd is in te neem en polities “korrek” optree. Wette word oortree, tree op! Patetiese anc wat soos volstruise kop in die sand staan

Otter ·

Om te funksioneer moet universiteite nou meer bestee aan sekuriteit. Dit sal klasgelde opjaag! Stadsrade moet help met sekuriteit want universiteite is bron van plaaslike inkomste vir stede.

Oudtukkie ·

Genade dis Barbara’s moes dit gewaag het in ons tyd. Sluit di kampusse en sorry vir studente wat wil studeer hul moet maar di moeilikmakers uit sorter.

Passief ·

Pateties passief van die land om dit net te aanvaar. Die terroriste is aggresief, beantwoord dit met vanpaste aggresssie terug Andrés gaan hulle mos in enige motief he om hulle te gedra nie?

Boer maak plan ·

Gebruik chat groepe of sosiale media om klasse voort te sit tot tyd en wyl.

Jean ·

Van wanneer af is beskadiging van eiendom nie meer ‘n oortreding nie? Hoekom word hierdie mense nie vervolg nie? Ek hoor elke dag van een of twee wat in hegtenis geneem is en die volgende dag laat gaan is? Het julle sommer self judge en jury gespeel, of hoekom word hulle nie aangekla nie, daar was nog nie een hofsaak teen een van hierdie vandale nie? Wat gaan aan? So lank as wat hulle wegkom daarmee gaan hulle aangaan daarmee. Dit is universiteits eiendom, waar is die universiteitsbestuur? Kruip julle weer weg? KLA STUDENTE AAN< SKORS STUDENTE< wat is fout met julle?

FB ·

Julle dosente behoort mos innoverent te wees en van die nuutste onderwystegnologie te weet, so gebruik tog nou web2.0 platforms vir onderrig, dan is julle very van inmenging oor hierdie kritieke tyd voor die eksamen.

Ietje ·

Bring die weermag en polisie saam in om ons kinders wat wil studeer te beskerm. Baie van die betogers is nie eers studente nie. Net ‘n vragie – “Gaan die wat gratis onderrig aanmoedig ook gratis werk as hulle eendag ‘n graad gekry het.”

Ahooy ·

Stem saam met Jean.
WAT GAAN AAN MET ONS REGSTELSEL. Dit is NIE die plig van Universiteite om hul eiendom te beveilig nie Die 190 000 polisiemanne wat lekker salarisse verdien moet volgens die grondwet eiendom beveilig. Maar die SAPS BESTUUR wat VET salarrisse verdien doen absoluut NIKS, Die manne op grondvlak sal ook niks doen voor hulle nie opdragte gegee word nie. PATETIES!!!!

Theresa ·

O ja, nog ‘n eier te lê: As hy/sy nie geld het wat so vernietig en verniel nie – laat hom/haar werk . Daar is baie min mense wat na skool kan gaan klasdraf – dis ‘n voorreg wat nie almal beskore is nie. MAAR dan werk mens en jy draf saans klas. Wil sommer baie lelik praat as die klomp so wegkom met hul vieslike optrede. Geen respek vir hul nie.

Anie ·

Daar is genoeg rugbystadiums waar klasse gegee kan word. Selfs klaskamers by skole…

Leeutjie ·

Ek glo meeste studente maak van rekenaars gebruik. Kan lesings nie voortaan per e.pos geskied nie? Of saal ek nou ‘n wilde perd op! Daar kan mos middele en maniere wees om voort te gaan met studie vir die wat wil sonder om fisies teenwoordig te wees. Of is dit nou ‘n dom stelling van my?

Myntji ·

Leeutjie, jou stelling is gladnie dom nie, dit is die dosente wat nie slim genoeg is om aanlyn onderrigmetodes te snap nie. Ons land sê dosente is ver agter die res van die wereld wat dit aan betref.

Theresa ·

Wonder wie gaan hul hul aandag op toespits vir arrestasie as al die keelvol ouers en vriende en oudstudente wat hierdie gemors teëstaan, optrek soontoe en gaan sorg dat hierdie uitspattigheid in die kiem gesmoor word. Dis banale gedrag en ontoelaatbaar in ‘n gesofistikeerde lewe. Mense wat sukkel om die leer van sofistikasie te klim, moet regtig onthou dat hierdie gedrag nooit vir jou enige glimlaggie of klop op die skouer gaan gee nie. Net minagting.

Uiltjie ·

Hoe kom is Moesi en lie da so still? Is hulls Dan nie baas van die plaas nie??

C ·

Hoekom sluit hul nie sommer eerste vir hierdie vusi mahlangu, #Feesmustfall organiseerder toe nie? Hy is een van die groot aanhitsers, maar nee nou onder handel hul liewers met hierdie barbaar. Hierdie ding gan nie stop nie, en volgende jaar gaan hierdie krisis baie groter wees.

Gatvol ·

Wat sou ek doen…? ‘n Siviele saak teen hòm aanhandig maak.

My opinie ·

Ek stem saam met Theresa, maar in ons verwronge SA sameleweing sal diégene wat anargie teenstaan gearresteer word en die vandalistiese kriminele skotvry wegstap omdat hul “regte” en menswaardigheid beskerm moet word. Breek mos als wat werkbaar is af totdat dit nutteloos is.

Disselboom ·

Blykbaar het een student ‘n plakkaat teen die hekbrekers gehou, en hulle het dit net verskeur. As dit waar is, hoekom net een student? Hoekom word die persoon nie beskerm om ‘n boodskap te mag dra van die reg om te studeer nie?

Deon Koegelenberg ·

n Paar weke gelede was daar berig van die studente wat wil studeer, wie nou gatvol is vir die moeilikheidmakers en teen hulle gaan opstaan maar dit wil my voorkom of hul is bang of hul is te min of word verhoed om teen hulle te betoog. . Wat ookal die rede ek dink hierdie “wil graag studeer”” studente moet ten alle koste beskerm word van hierdie vandale

Oosie ·

Ons land word gyselaar gehou deur ‘n handjievol mense. Dit is absoluut pateties!!! ‘n totaal MAGTELOSE regering!

John ·

Die land is oorgevat deur terror-iste. En hierdie is hul nakomelinge. Miskien kan sy edele De Klerk hulle kom toespreek. Hy is mos ‘n man wat kan onderhandel. Neef, en van watter De la Reys is die geagte rektor familie? Die De la Reys wat naby ons boer, se hulle ken haar van g’n kant af nie.

leon - Centurion ·

De la Rey is so uit haar diepte. Sy kan nie die situasie hanteer nie. Sy het Afrikaans weg onderhandel en het Tuks niks gebaat nie. Die manne wil nie onderhandel nie, stel nie belang in studier nie. Hulle enigste plan is die tweede revolusie “radical democratic transformation”. ‘n Nuwe staatsbestel gegrond op uitgediende beleid. Maar die plan sal faal en het nie die ondersteuning van die meerderheid Suid Afrikaners nie. Dus vat die oproeriges vas, kla nie kriminele aan en bring orde op die kampus. Maklik!

De la Rey is weereens te papbroekig!

Tuks of niks ·

Tuks of Niks, as julle geld wil in van die van ons wat nog betaal, moet julle julself regruk, ek is moeg vir die nonsens. Dalk moet ons almal saamstaan en ‘n universiteit bou, sodoende hou ons ons eie kids besig en later verdien ons dividende uit hierdie belegging. Laat hul maar daar gaan sit en gratis gratis en kyk wat kom van niks. Ruk jul reg, kry polisie, kry sekuriteit, magtig wat se regte gee julle vir barbare. Die fout lê by julle, neuk hulle op, buitendien is meer as die helfte nie studente en die wat studente is, is reeds borge en gratis gevalle.

Johann ·

2e Marikana is presies wat hierdie terroriste wil he moet gebeur. Dis die enigste manier wat hulle weer aandag op die blatante moorde toe kan vestig…en bydta tot n anargistiese magspel. Daars nie n MANIER wat n STUDENT wat n koring korrel logika en harde werk.in sy wese het SO sal optree nie!!!!!Of is dit weer n CULTURE wat ons bloot moet aanvaar? Irrinie…soos ek Demokrasie verstaan sluit dit juis in my reg om NIE te assosieer met brand en breek en verwoes nie. Maar selfs dit word op rekord NIE toegelaat nie. Na 9 jaar van Zuma se vergrype is sy enigste reaksie op Mynmaatskappye wat him aanvat oor feitelike verwysings. Ek Kry Skaam as ek dink hoe die wereld moet LAG vir die HOFNAR wat homself verryk!

humor ·

Enige een wat n boek in die hande van werksmetodes van kommunisme gehad het, sal weet wat is besig om in hierdie land te gebeur. Die hele regering is vrot van kommunistiese ideologie.

Quentin ·

My boodskap aan alle studente wat nie deel is van die toi toi is nie. Bly by die huis, of kom by mekaar in groepe, by ienmand se huis. Gaan deur julle jaar se werk om bietjie hersiening te doen. Hou sommer n braai terwyl julle besig is daarmee. Dit gaan vir julle baie veiliger wees, en julle gaan meer daar by baat. As die snert uit gesorteer is dan kan julle terug gaan. Geniet dit!!!!

frederick ·

Laat hulle alles afbreek. Dan moet hulle mos voel hoe dit is om weer self op te bou en dit nie vir hulle deur ander gedoen word nie. Slegs dan sal julle dit in die toekoms waardeer…so…BREEK GOED AF…dan kan julle self opbou en daarna is alles verniet want dan behoort dit aan julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.