[Video] Chaos ná verdagte in polisiemotor sterf

Foto: CICA/Facebook

Foto: CICA/Facebook

Chaos het voor die Arwyp-hospitaal in Kempton Park uitgebreek toe ʼn verdagte in polisie-aanhouding dood is.

Robbie Raburabu, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes het glo ʼn man in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. “Die verdagte het glo dwelms wat in sy besit was afgesluk waarna hy begin stuipe kry het. Die polisiebeamptes het met hom na ʼn hospitaal gejaag. Hy is op pad na die hospitaal dood.”

Volgens Raburabu was die verdagte ʼn Nigeriër en het ʼn groot groep mense, vermoedelik Nigeriërs, voor die hospitaal byeengekom soos die nuus van die verdagte se dood versprei het. “Van die Nigeriërs beweer hulle het gesien hoe polisiebeamptes die verdagte gewurg het. Dit sal deel vorm van ons ondersoek,” het hy gesê.

Kempton Express berig daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid voor die hospitaal. Die verdagte se lyk was glo teen Saterdagmiddag nog in die motor.

Die skare wat voor die hospitaal byeengekom het, het polisiebeamptes glo met klippe en bottels bestook.

Die video is deur Intelligence Bureau SA op Facebook gedeel:

[wpvideo DPuYzhve]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JP ·

as hulle dan so sleg hier behandel word, hoekom gaan hulle nie terug na hulle land toe nie, ek sou hom ook gewurg het , want dit is om te vehoed dat die dwelms gesluk word dankie vir die polisie vir wie hulle werk nog hul eer is

Henk ·

Wonder ook hoekom almal wat so kla oor die polisie nie na hulle eie lande terug gaan nie

Anny Penny ·

Moet die dekselse inkommers nou ook al ons polisie se tyd opeis….en dan nog beskuldig word van verwurging as hulle net hul taak verrig om die kriminele te probeer red!! Verregaande dat die betogers in ons land ook nog wil kom regeer en sê wat die polisie moet doen of nie. Ek is sommer woedend

Ouman ·

Deporteer die gemors Hulle het geen nut of doel in die land behalwe om misdaad te pleeg. Parasiete wat teer op die arme Suid Afrikaanse belastingbetaler en kan nie verstaan hoekom ons dit moet verduur nie

Henri ·

Hierdie Nigeriese Mafia maak geld uit dwelms, Een van hulle is niks, kyk na hoeveel van hulle is daar, wonder of dir 10% van die totaal in Kempton is, hoe dink jy so baiie van hulle het so vinnig bymekaar gekom? Hul basis is ewe ver van die polisiestasi en die hospitaal, minder as 2km. die basis en hospitaal 1/2 km uitmekaar. Hulle le op straathoeke rond as skole uitkom, laerskole ook. Maak hul geld uit onkundige ouers en ander dwelmkoppe. In die proses word almal wat by hulle koop, stadig maar seker vermoor. Dit gebeur landwyd, net meer gekonsentreer in GP.

Gert ·

Dis n goeie plan laat al wat drug dealer is sy produk sluk . lol

Des ·

Kan nie verstaan hoe hulle kan aanspraak maak op regte in ons land nie. Hulle hoort nie hier nie. Watse positiewe bydrae maak hulle in hierdie land????

Dirk ·

Stuur almal terug waar hulle vandaan kom en baie probleme sal opgelos wees,as jy net skeef trap hier moet hulle jou sommer dadelik depateur!!!!!

Wim Kotze ·

Hy sal seker nou gedeporteer word, op staat se koste (lees belastingbetaler), terwille van broederskap.

Andrea van Vuren ·

Dirk, ons almal skree deporteer! WIE in die regering gaan opstaan en die bevel gee? Ons hunker na ‘n leier maar dit voel vir my of daar nooit weer een na vore gaan kom nie. Waarheen nou?

Kloekie ·

Ek sal nie verbaas wees as hul lieg oor verwurging. Hul is berug vir hul slinksheid ( dwelms, internet scams, prostitusie etc etc)

Schalk ·

Ek stem 100% saam almal. Ek wonder net, wat het geword van n verdagte deursoek? En as jy hom arresteer, word hy dan nie in booie gesit nie? Klink vir my na n geval van lede wat nie hulle werk kan doen nie.

Winston ·

Wat soek hy hier? Hy het n land. Hy moes in die eerste plek nie die landsgrense binnegekom het nie. Dwelmhandelaars moet so hulle eie medisyne sluk. Dit werk en is genesend.

m ·

Hierdie nigeriers maak baie geld met hulle bedrywighede in die land. Hierdie mense word almal op staatsonkoste gedeporteer.

Amelia ·

Al wat ek besef as ek Maroela of enige ander nuusberigte iewers lees of hoor is die feit dat: Suid Afrika is regtig egtig is sy moe…………!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.