Video: Chaos toe man kind probeer gryp

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy Donderdagmiddag omstreeks 17:00 oënskynlik ʼn jong kind by ʼn winkelsentrum in Florida aan die Gautengse Wes-Rand probeer gryp het.

Beeldmateriaal van die voorval by die Bella Napoli-restaurant in die Goldman Crossing-sentrum het reeds soos ʼn veldbrand versprei en mense is gemaan om ekstra waaksaam te wees.

In die video kan gesien word hoe twee vroue en ʼn dogtertjie – glo ʼn ma, haar kind en ʼn vriendin – by ʼn tafel in die restaurant sit. ʼn Man storm dan nader, spring oor ʼn lae reling en kry die kind om die nek beet.

Stuart Maclagan, eienaar van Safeguard Security, sê een van die maatskappy se bestuurders wat ʼn vergadering met ʼn kliënt by dieselfde restaurant bygewoon het, gryp dan in om die man in bedwang te bring.

“Dit was gek; mense moet baie deeglik bewus wees van hul omgewing,” het Maclagan gesê.

Volgens hom het die polisie die man kort daarna in hegtenis geneem.

Dit is onduidelik wat die motief vir die voorval was en die vroue ken glo nie die betrokke man nie.

Op sosialemediaplatforms het mense die vinnige optrede van die veiligheidspan en omstanders geloof.

“Nie alle helde dra mantels nie,” het een gebruiker geskryf.

Volgens Maclagan is die vroue en die kind fisiek ongedeerd.

Maroela Media het ʼn navraag oor die voorval aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

VannieBaai ·

Liewe genade!!! Arme kind. Hoop nie sy het seergekry in die skermitseling nie! Welgedaan aan die vroue wat so oplettend was en dat jul die kind so beskerm het veral die man wat die wetter so vasgevat het!

KlipRSA ·

Kyk mooi, almal kyk dieselfde tyd om (rondom 1:12) in die ringting waar hy vandaan gekom het. Daar moes TOE al iets aan die gang gewees het. Die polisie was ook baie vinnig op die toneel, paar sekondes. Dalk het die ou prober vlug vir polisie en gedink hy kan die kind as “human shield” gebruik.

Daleen ·

KlipRSA ek het dit ook opgelet. Die vrou se reaksie was blitvinnig is dit omdat sy moeilikheid verwag het of was dit net instink? Die man wat die skurk”vasgevat” goeie werk en jy het gehou soos ‘n neet aan dry and damaged hair :) Give that man a Bells!!

Anita ·

Goeie werk.!!!!! Weereens het die publiek die werk gedoen. Hoop die kind en ma is oraat.

Johnny ·

Julle opskrif sê “Video”, maar ek sien nêrens die video nie? Kyk ek iets mis?

Johnny ·

Dankie. Hy het aanvanklik nie gewys nie, maar het nou opgekom.

JohanR ·

Wow! Lyk my die wat kinders aanskaf vir kinder handel raak nou rerig desperaat. Is die kaanse nie meer daar nie, of kyk ouers nou net te goed na hulle kinders. Die ou het ook nie ‘n kans gehad nie. Daai Safeguard Security se bestuurder was al op die beweeg, toe die gryper oor die reling kom. In Engels se mens “he took him down!” Nou sal die aanvaller seker wees geestelik versteerd wees?

Misky ·

Ek het ander beeldmateriaal van die man gesien terwyl vir polisie gewag word en hy is deel van n sindikaat en werk vir Nigeriers. Siek wereld van ons

Aai ·

Party mense is net op die aarde die vrou of ou in die agtergrond drink eers haar drankie klaar en help niks staan en kyk rerig mense ons moet mekaar help.Wel gedaan vir die man wat oorgegaan het na aksie.

Daleen ·

Sy/hy het gesien dat die held nie hulp nodig het nie hy het die situasie onder beheer gehad, en daar was seker knertsie in daardie glas so moes laaste bietjie drink vir skok :) ek se dit op ligte noot maar die hele situasie kon baie anders uitgedraai het bly
eind goed als goed….

Jaco ·

Ander media berig die man is darem nie deel van ‘n kinderontvoering sindikaat nie. Hy is glo “mentally” versteurd. Op pad na die restaurant het hy glo op ‘n paar motors geslaan. Dit verklaar waarom iemand hom so vinnig bespring het.

Misky ·

NIe wat ek gehoor het nie. So spesifiek op n kind afstorm en probeer gryp, glo ek nie.

Sylvia ·

Die vrou met die wit en blou (jean), spring al op voordat die man naby die kind is, lyk asof dit ‘n afbespreekte “voorval” is, Stem saam met KlipRSA, almal kyk om op dieselfde tyd …

Ou gees ·

Kyk, jare terug wou ek ‘n zebra vinkie gekoop het. Ek was seker 10 jaar oud. My sussie wat amper twee jaar ouer as ek was, was saam met my. Soos die troeteldiereienaar die hekkie oop gemaak het om ‘n voëltjie te verwyder, vlieg daar een uit en my suster steek bloot net haar hand uit en vang die voëltjie. Reflekse, pappie, reflekse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.