Video: Chaos toe trein ontspoor

[OPVOLG] Die dodetal van dié voorval het intussen aansienlik gestyg. Lees die opvolgberigte hier.

‘n Skermskoot uit die video.

Talle mense is vermoedelik beseer nadat die Shosholoza Meyl-trein Donderdagoggend net buite Kroonstad in die Vrystaat ontspoor het.

ʼn Video wat ná die ongeluk geneem is toon hoe verskeie van die treintrokke aan die brand geslaan het terwyl ander omgeslaan het.

Tiaan Esterhuizen, wat een van die passasiers op die trein was toe die voorval gebeur het, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 09:15 gebeur. Die trein was van Port Elizabeth na Johannesburg op pad en was volgepak met grootliks vakansiegangers.

“Ons was in die restaurant-gedeelte van die trein waar almal besig was om ontbyt te eet toe ons ʼn ruk gevoel het en toe nog ʼn ruk soos die trein tot stilstand kom. Van die mense het na die tyd vir my gesê hulle het gehoor hoe die trein lank die toeter blaas voordat die ongeluk gebeur het,” het hy gesê.

“Ons het dadelik na ons familielede toe gehardloop en toe uit die trein gekom om te probeer uitvind wat gebeur het.”

Die trein nadat dit ontspoor het. Foto: Facebook via Kev Durst

Volgens Esterhuizen vermoed hy dat ʼn vragmotor op die treinspoor tot stilstand gekom het en nie betyds uit die pad kon beweeg nie. Die oorsaak van die ongeluk kon egter nog nie deur amptelike bronne bevestig word nie.

Esterhuizen het gesê daar is tans talle paramedici, brandbestryders, ambulanse en ander nooddienste op die toneel. Hy kon nie meer inligting gee oor hoeveel mense beseer is nie, maar het gesê hy vermoed dat daar wel mense in die ongeluk gesterf het. “Ons is met vakansie en het juis met die trein gery omdat ons gedink het dit sal veiliger wees as om op die pad te wees.”

ʼn Plaaslike woordvoerder van die Shosholoza Meyl het aan Maroela Media bevestig dat sy op pad is na die toneel toe, maar het gesê sy is nie gemagtig om met die media te praat nie. Maroela Media wag op amptelike kommentaar.

ʼn Woordvoerder van ER24 kon ook nie onmiddellik meer inligting verskaf nie. Netcare 911 het op hul amptelike Twitter-profiel bevestig hul paramedici is op die toneel en het gesê meer inligting sal binnekort bekendgemaak word.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sholoza ·

Deur wie word dit bedryf? As dit enigsins iets met die staat te doen het, sou ek dit nie gewaag het of gesien het as ‘n moontlike veiliger opsie nie. STERKTE, ek hoop nie daar is baie beserings en ander ongevalle nie. Ons wag in spanning op die opgedateerde nuus . dit is baie tragies.

Charles ·

Dis nie SA Spoorweë se skuld nie. Dis ‘n vragmotor bestuurder se skuld. Ek het al baie die diens gebruik, en sal weer en weer. Gaan my dogter April vir die 1ste keer Kaap toe vat vir vakansie met die trein. Hulle diens is goed. Het nog nooit rede gehad om oor die diens te kla nie. En terloops, baie van die lang afstand drywers is bekwame, blanke mans, so die regstellende aksie aanstelling storie kaart kan maar weggegooi word in die geval.

Charles ·

Dis ongelukkig dat so iets gebeur en dit oor ‘n vragmotor bestuurder wat nie sy kop kon gebruik nie. Het al die Shosholoza Meyl diens al baie gebruik tussen Johannesburg en Kaapstad, en sal dit nogsteeds doen. Gaan juis April weer so op vakansie met die trein. Na vlieg, is dit die lekkerste manier om in die Kaap te kom.

Amanda ·

Ek het in Desember na en van Port Elizabeth met die trein gereis sonder enige voorvalle. Ek wil net noem dat die sekuriteit op die trein baie goed was. Ek was nogal verbaas hoeveel van ons eie mense van die trein gebruik maak. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam, die etes was ook baie lekker. Ek sal dit aanraai vir mense met kinders, hulle sal dit werklik geniet.

Johan ·

Tragies dat soiets moes gebeur!
Ek hoop almal is Ok!
Op die stadium kan niemamd geblameer word nie, dit kan nalatigheid aan die kant van die vragmotor bestuurder wees of die voertuig het op die spoor gestol!

So terloops, mense woord nie in trokke vervoer nie maar met waens of rytuie!

wielie ·

Oh jitte ons het ook al op daardie trein gery met vakansie!
Baie sterkte almal ………

Johann ·

Die kwessie is nie noodwendig oor wie die diens bedryf nie maar eerder elke huidige Suid Afrikaner se grootste vrees:wat is in plek om effektief si n krises te kan hanteer? Want aan die hand van wat die ANC misdryf op elke denkbare plek KAN dit nie goed verloop nie. Veral nir in die vervalle Vrystaat nie.

Cor ·

Nou wonder ek wat was die oorsaak van die brande in die rytuie? Daar is mos nie gas of brandstof in of onder n rytuig nie. Die brande is sekerlik nie die lorrie se skuld nie, maar die lorrie was wel die oorsaak van die botsing en ontsporing.

Lucas ·

Verskeie redes kan dit veroorsaak, daar gaan baie elektroniese (diesel-electric) hydraulics ens. Daar’s meer redes as net gas of petrol. Wat die presiese oorsaak is, sal na ondersoek bekend gemaak word. Maar daar is baie redes.

Amanda ·

Ek het in Desember Port Elizabeth toe gereis met die trein. Ons het dit baie geniet, die diens is puik en die personeel baie hulpvaardig. Dit is baie veilig met die sekuriteit en SAP wat saam gery het. Kos was baie lekker. Ek sal so reis vir almal aanbeveel!!

Daan ·

Ok dan blameer ons die trok drywer ad die trein diens dan van so n hoe gehalte is moet dit die trok drywer se skuld wees en word sy bloed gesoek

Se net... ·

Daan dis nie asof die trein van baan kan verander om die trok te vermynie natuurlik is dit die trok drywer se skuld

neels ·

Dit is maklik vir julle rusbank en rekenaar ondersoekers om n bevinding te maak. Ek betwyfel dit of julle die terrein ken. Die grond pad na die Silos en kruising loop parallel met die spoor en draai dan skerp regs met n gering stylte na die kruising toe. Dit is heelwaarskynlik dat die trok op die spoor gestol het en die drywer in sy angs gesukkel het om dit weer aan die gang te kry. Dit is ook n onbemande stasie soos in die res van die land en daar is niemand aan diens om die trein dryer te waarsku oor die situasie nie. Dit is geheel en al die noodlot want iemand het n afspraak met die dood gehad en ander n waarskuwing om hulle lewenswyse te verander en om hulle lewe reg te kry. Die dood vra nie wie jy is en waar jy is nie.

Koos van Vuuren ·

Nerens sien ek berig wat van die drywer en sy assistent geword het nie. Kan iemand inlig asseblief?

Lindie ·

Dit is die drywer se skuld v die trok wat die kruising oorsteek het sonder om te stop

Ouma ·

Koos van Vuuren, ek wil ook graag weet. Nerens word van die trein drywer of assistent melding gemaak nie – tensy ek dit iewers mis gelees het. Kan iemand se of hulle ongedeerd is?

Martie ·

Sjo dis baie sleg. Ons ry môre met die trein op dieselfde roete terug huis toe na die vakansie. Ons het Desember met die trein PE gery en dit was n wonderlike belewenis. Ek hoop nie daar is te veel ongevalle nie

Michael Barnard ·

Ek wil net n regstelling maak dis rytuie en nie treintrokke nie diere ry in trokke mense in rytuie. Dis n Prasa trein en het met die Vervoerdienste te doen nie want hul vervoer net goedere. Die spoorly behoort wel aan die Vervoerdienste maar Prasa gebruik die lyn.

Mac ·

Dit is ‘n tragies gebeurtenis as enige passasiers trein in ‘n botsing betrokke is. Die nagevolge van beserings en dood is erg. Vertrou dat dit minimal sal wees. Dit help nie om te bespiegel wat en wie skuldig is todat die ondersoek afgehandel is nie. Sterkte vir almal wat hieby betrokke is.

annette ·

Dit is baie tragies dat mense van vakansie af so moet sterf. Ek het so twee uur se kant die nuus geluister en toe het hulle gese daar is 7 mense oorlede in die ontsporing.
Sterkte aan die familie wat geliefdes verloor het.

Koos van Vuuren ·

Nerens sien ek berig wat van die drywer en sy assistent geword het nie. Kan iemand inlig asseblief?

Audrey Bierman ·

Die bestuurder is onder polisie bewaking in die hospitaal.

Marie Van Graan ·

Dis vreeslik om van die treinongeluk te hoor. Ek dink baie persone sal nou glad nie meer trein wil ry nie. Nogtans, lyk dit of dit so slegte oorgang was. Ons het een treinoorgang hier in Westonaria. Jy ry van Westonaria na Venterspost en Middelvlei plotte. Ek het een keer daar amper in ‘n trein gery. Nou stop ek sommer 5 minute of meer by so oorgang en kyk links, regs en op en af. Die treine ry baie vining.

bgj van der westhuizen ·

wel in die geval is dit n ongeluk maar die trok was die oor saak wand die trien het die agter se sleep wa in vas ge ry van die trok was te stadig om om oor die spoor te gaan

Marisa ·

Sterkte aan al die ongevalle.Iets sal moet gedoen word aan beveiliging van die kruising

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.