Video: Chaos toe trok op N1 omval

Foto: Twitter

ʼn Vragmotor wat op die N1-noord naby die Olifantsfontein-afrit omgeslaan het, het verkeerschaos veroorsaak.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die vragmotor het waspoeier vervoer. Verkeer word intussen herlei via die New Road-afrit, die R55 en Ou Pretoriaweg.

Die voorval het ook tot gevolg gehad dat die Superrugby-wedstryd tussen die Bulls en die Stormers op Loftus later as verwag begin het aangesien die Stormers se spanbus ook in die verkeer vasgesit het.

Verkeer is verder ontwrig weens mense wat hulself aan die bokse waspoeier gehelp het. Foto’s en video van die chaos is op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

LÍEWE GENADE,TOG! ·

VLYMSKERP…GEDINK KOEKIE!!??
TEN MIDDE VANI SELFHELP

HR ·

Tipies, die land vrot van die skelm morone. Hierdie is openlike diefstal.

Annemarie van Rooyen ·

Ons almal weet watter Provinsie se mense gaan skitterwit klere he volgende week??

HPV ·

Anargie! Net nog ‘n dag in die anc regime se wettelose helhool.

madels ·

Groooot skade en verlies vir daai company, veral deur die diewe wat alles wegdra. Hoe verskriklik!

Piet Lourens ·

Hulle noem did “Affirmative Shopping”. Hulle gaan nou vir n ruk n skoon lewe he.

IK ·

‘Vele hande, ligte werk’, die opruiming gaan nou heelwat makliker gedoen word.

Gert ·

Sosiopatalogie van die Suid-Afrikaanse samelewing word weer duidelik hier uitgebeeld.

Tante ·

Soos aasvoëls op n karkas toeslaan ek sien geen Flamink nie

Boet Fasie ·

Lyk soos MAQ . Sies dit is plein diefstal, die video clip wys genoeg gesigte en bewyse om van die kriminele te vervolg vir diefstal. Stuur hulle tronk toe, hulle verdien dit.

Ampie ·

En more sing hul almal ” It’s so good and clean and fresh tra la laaa” klomp skelms

Zorro ·

Het hulle al daai seep nie dalk nodig om die BLF se gewete skoon te probeer kry nie?

Alida ·

WALGLIK! Bly dit was nie vleis nie kan net dink hoe beserk sou hulle dan gegaan het. SIES!

Cuda ·

Ek het al klompie kere die optrede op die N1 tussen Kaap en JHB gesien, waar ongelukke was. Een keer ‘n vrugte trok. Daar was 30 + taxi’s, wat vrugte gelaai het. My ouers het dit die week gekry tussen B-Wes en Kaapstad waar tok ook in ongeluk was met onbekende vrag wat ook so gelaai word. Dink net wat gaan gebeur as enige lid van publiek in ‘n ongeluk is, wie is die eerste persoon wat gaan stop? Gaan hy jou help? Groot bekommernis….

Michael ·

Mense ek het nie woorde nie. Skaam om in die buiteland te se ek is van Suid Afrika regtig.

DewaldS ·

Hulle stop met hulle voertuie – ook in die oorkantste rigting en loop dan oor – dis gewoonlik wat die grootste verkeers-ontwrigting veroorsaak. En dis nie net goedkoop voertuie wat stop nie.

Yankee ·

Al 26 jaar in die Amerika, nog nooit so iets gesien!! Sal ook nooit. Wragtig, het hulle dan geen begrip van Menswees???_

Johan Barnard ·

Menswees is net vir mense. Hulle sal nooit daardie stadium bereik nie.

Amanda ·

Genade het hul geen skaamte, dis mos nie joune nie jy vat dit nie. Waar is die polisie neem hul almal in hegtenis.

Snowball ·

Hoe skandelik om soos aasvoëls neer te sak en alles te plunder. Wat het met dié mense se psiges verkeerd gegaan? Geen Inbors. Geen skaamte. Geen trots. SA is gedoem!

Sanet ·

DÍS SKOKKEND jaaa…vir die meeste van ons….maar dis ONGELUKKIG nié ongewoon nie… ?
Ek is self jare gelede,beroof van my beursie,na ñ motorongeluk,deur BLANKE omstanders en helpers,terwyl ek,my kind uit sy stoeltjie,probeer loskry het

Janee ·

Ek sien nie een wit persoon nie. Daar is een wat soos n Indier lyk, die res is onse Afrika volkie. Nou ja met n regering soos hulle s’n, wat verwag mens? Hulle het mos n goeie voorbeeld van plundering

George van Bloem ·

Daai stuk pad was nog nooit so “skoon en vars en blink tra-la-la??????”

Adri ·

Ai ons het 2 ure 4km gery, dit was n gemors….. was die lankste wat ek nog van Oranjeville na Pretoria toe gery het…..

OMO ·

My vraag is….waar kom almal so skielik so vinnig vandaan? Werk die mense dan nie?

JMC ·

Die wat skreeu “DIEFSTAL!” kan maar die boude onstpan. Die vrag is verseker. In so ‘n geval word die hele vrag afgeskryf. Die operateur is verantwoordelik vir die opruiming. Die “diewe” help dus om die toneel vinniger op te ruim én die operateur spaar op opruimingskostes. Wen-wen.

Jurie ·

Weet jy dis nog steeds diefatal al cover die versekering dit.Dit gaan nie eers oor diefdtal nie dit gaan oor die optrede van die
Onopgevoede klomp aasvoèls.Dis ouers wat sulke voorbeelde vir hulle kinders stel en sosiale media wys dit vir al wat leef en beef.
Ek wonder wat sè so ouer vir sy kind as hy vasgevang word op die video?Ek weet wat die mentaliteit is solank jy nie gevang word nie is dit reg dis die opvoeding daarom sit ons met duisende gewoonte misdadigers want hulle kom weg daarmee en sodra dit nie meer ‘n “kick” is nie word huise beroof en moord gepleeg.So lag maar lekker en ontspan jou boude tot jou huis ss inhoud weggedra word.Ek hoop jy is verseker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.