[Video] Chaos tydens Puk-protes

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Groep oproerige studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanmiddag met skokgranate uiteen gejaag nadat hul versoek vir ’n vreedsame optog by die Institusionele Kantoor van die NWU in chaos ontaard het.

“AfriForum Jeug het met skok kennis geneem van vanmiddag se gewelddadige protesoptog op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit,” het Eduan Dupper, woordvoerder van die organisasie, in ʼn verklaring gesê.

Sowat 180 studente van al drie NWU-kampusse het aan ’n optog voor die Institusionele Kantoor deelgeneem, maar die polisie moes rubberkoeëls en skokgranate gebruik om die skare onder bedwang te bring. Dít, nadat die optoggangers glo nie deur die staalhekke op die kampus toegelaat is nie.

“AfriForum Jeug het verneem dat prof. Dan Kgwadi, die visekanselier, toestemming gegee het vir die protesoptrede en dat hy die studente se beswaarskrif in ontvangs moes neem,” het Dupper bygevoeg.

Dit is die eerste gewelddadige optog in die geskiedenis van die Puk.

“Hierdie is tekens van ʼn leierlose universiteit waar die visekanselier gereeld polariserende uitsprake maak en Afrikaans die sondebok van alle probleme maak. Vandag se gebeure kan rassespanning op die kampus verhoog, en dit is die laaste ding wat ons nodig het,” het Dupper gesê. “Prof. Kgwadi moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die wanorde wat vandag uitgebreek het. Dit is onaanvaarbaar dat studente van ander kampusse aangery word om wanorde te saai op ʼn normaalweg stil kampus. Ons wil weet wat prof. Kgwadi gaan doen rakende vandag se gebeure.”

Die studente pluk aan die staalhek in die video wat deur AfriForum Jeug op YouTube gelaai is. Die skokgranate word om 02:30 afgevuur.

Lees alle vorige berigte oor die Pukke op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Marius van Niekerk ·

Dis absoluut barbaars, en spreek van uiterse swak opvoeding. Kgwadi is ‘n swak leier!!

ronel ·

uiters swak; ongedissiplineerd en barbaars! Heeltemal teveel toegelaat onder die vaandel van “menseregte”. Die land is op sy kniee agv swak leierskap en korrupsie! hoe lank nog!

Susan ·

Stem saam. Die goed wil nie leer nie!!!!!!!! Hulle wil net hê en hê. Verder is hulle soos sprinkane. Vernietig alles in hulle pad.

Marinda ·

Sulked barbaarse optrede hoort allermins op die kampus van ENIGE universiteit.
Dit laat mens wonder wat die students regtig daar maak.
Ek kry saam om te dink in wat se chaos Suid~Afrika
se opvoedkundige instellings verval het.

tina ·

‘n Mens kan nie anders as om die dinge wat gebeur in hierdie land, toe te skryf aan ‘n rippel-effek. Voeg daarby, wat ek noem ‘n onsigbare mag wat jou wil-wil laat wonder dat daar sekere politieke organisasies agter hierdie wetteloosheid sit om chaos te veroorsaak waar hul kom…dan is dit nie ‘rocket science’ om te sien wat ‘n mens kan verwag as hierdie party die universiteite toespreek, dan is dit net ‘n kwessie van tyd…en ALTYD maar ALTYD maak hulle, die ras-kaart, deel van hul agenda.
Hierdie studente kry te gou beurse en is nie daar vir die regte redes. Ek sidder om te dink vir watter beroepe hulle daar is..dokters?, in die regte?, verpleging? ,ingeneurs?, en nie eers om te praat van die polisie kollege, ensovoorts? ..watter standaard van studente, gaan hierdie instellings oplewer? Hoe kan sake-ondernemings of enige werksplek hul vertrou?…Leierloos in elke denkbare area?…

anonniem ·

Swak leieskap in Sa het alles en die ekonomie op sy kniee! Hoe lank moet dit nog verdra word voor ons daadwerklik optree! Bv. moes die hekke eers beskadig geword het voor die skokgranate gevuur is? kon dit nie gouer gebeur het nie!

Nic Grobler ·

Dit is sekerlik nie blote toeval dat oproerigheid so te se terselfdertyd op Maties en die PUK kop uitsteek nie. Kgwadi is deel van die beplanning.

Mariaan ·

Hulle is nie daar om te studeer nie. Wonder hoe lyk hulle skoolprestadies? Hulle is suiwer daar om moeilikheid te maak. En dan is daar nog Adriaan Basson wat verlede jaar net so kwaad aangeblaas het met sy koerant oorvdie sogenaamde Hitler storie. Dis als om van siek te word.

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Die beskuldiging dat prof. Dan Kgwadi “deel” was van die “beplanning” van protesoptredes op verskillende kampusse is geheel en al onwaar. Gegee die Christelike waardes wat hierdie webblad voorstaan, is die leuenagtige opmerking uit pas.

Andre ·

Wie het Dan benoem en aangestel in die posisie?
Ek dink ons blameer die verkeerde mense!

Danette van Niekerk ·

Ek weet nie so mooi of mens net kan aanneem dat die hele groep wel studente is, of selfs enigsins verwant is aan die universiteit nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Absoluut barbaars . Die staalstrukture waaraan hulle so ruk is beslis nie met hulle geld opgerig nie want hulle is verbuikers en verwoesters en beslis geen ontwerpers of vervaardigers nie. Bakhandsindroom vandaliste om die minste te se.

Linda ·

Ekt nou net geland van Switzerland. Eks so dankbaar vir my pa wat my oorsee gestuur het. Was n laaste jaar student van Potch. Mense vir wie ek lief is – ♡Manie♡…….verstaan j nou hoekom ek ni meer hier kan bly ni. Dis n grap wat daar aangaan! !

n ·

Dis n wereldwye problem.
Insypelaars is besig selfs Europa te oorspoel.

Winston ·

Ongelukkig is ons nie die enigste land met die soort probleem nie. Ek is nie rassisties nie, maar kyk hoe gaan dit in Amerika. Hierdie mense het regoor die wêreld n probleem met reëls en gesag. Statistiek bewys dit. Hierdie is normaal vir hulle. Dit is die leiers van môre. Die land se toekoms.

Dup du Plessis ·

Stadig nou….oom Dan Kgwadi en die ander omie wat sy beeld moet poets het belowe dat Puk net beter gaan word….hierdie neem ek aan is die begin……

Dup du Plessis ·

Stadig nou……oom Dan Kgwadi en die ander omie wat sy beeld moet poets het belowe dat Puk net beter gaan word …….ek neem aan hierdie is dan die begin………

Marius ·

Dan Kwagdi moet afgedank word!! Hy hoort nie in ‘n akademiese instansie soos die NWU nie. Hy kan in Limpopo of so gaan visekanselier speel. Hy is ‘n tweegesig. Ek soek hom nie by die NWU nie.

Johann Marx ·

Om op te hou om iemand ‘n sekere “naam” te noem, beteken nie hy hou noodwendig op om een te wees nie.

Adri van Niekerk ·

Die Afrika kultuur en die gebrek aan oordeelsvermoee, gaan die huidige regering en instellings asook, waarmee hulle besig is vernietig. Dit is net ‘n kwessie van tyd.

Anneke ·

Kwadi moet waai! DANK DIE RASSIS AF. Hy is n verleentheid vir die puk en daai studente moet geskors word . Almal is moeg daarvoor dat onbevoegde mense aangestel word net op grond van hul vel kleur. Alles het vlot geloop todat hy aangestel is. WAAI KWADI WAAI !WAAI KWADI WAAI !

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Om prof. Dan Kgwadi in rassis te noem is erg beledigend en onwaar.

chris ·

Johannes.
Wat is ‘n rassis in jou oe want almal is dit deesdae. Die term is eintlik niksseggend.

Anneke ·

Bewys my asb. verkeerd mnr. Bewys asb waar hy enige iets doen het om die Afrikaanse kultuur te bevorder.Kies jy om n kampus te bestuur met n duidelike politieke agenda en om n ander kultuurkring te onderdruk , kies jy om n negatiewe beeld na buite te dra. Jy kan soveel mense betaal om jou beeld te poets soos jy wil, net mooi NIKS gaan help nie. Die studente wat hiervoor verantwoordelik is moet onmiddelik geskors word. Net soos die string Hitler HKs laas jaar geskors is oor n saluut. Kgwadi se reaksie op hierdie sirkus is betreurenswaardig om die minste te se. Dit bewys hy is n verleentheid,swak leier, n rassis en onbevoeg.Hy moet waai. Ouers wat betaal vir diens gaan moet saamstaan en aandring om hom te laat verwyder. Kgwadi moet waai!

Gwen ·

Hou maar dop. Die kommentaar waarin Dan Kwadi ’n rassis genoem word gaan verwyder word want Johannes het gepraat. Die beeldpoetser moet hard werk. My opinie is dan Kgwadi ’n groot verdeler is alhoewel hy beweer dat hy die universiteit wil verenig.
Die hartseer ding hiervan is dat Afrikaners meewerk aan Afrikaans as onderrigtaal, en sodoende die volk se ondergang.
Sies Johannes.

Dup du Plessis ·

Destyds met die ontgroening en kamma Hitler-agtige gedrag van Afrikaanse kinders het ek juis aan Beeld (d.m.v. ‘n sms reaksie veldtog van Beeld) daarop gewys dat as hulle werklik eerlik is oor menseregte skending a.g.v. ontgroening daar na swart inisiasie skole gekyk moet word. Ons woon op ‘n plaas en nie vêr van ons word inisiasie skole bedryf. Feitlik elke jaar sterf daar kinders. (eintlik word moord gepleeg) – trek die jaarlikse statistiek en dit gaan op honderde sterftes dui. Dink u Beeld het enigsins aandag aan hierdie ernstige ontgroeningspraktyke van swart mense gegee? Van die seuns word selfs ontvoer en teen hul wil gedwing na hierdie boendoe-skole. Puk (omdat dit ‘n Afrikaanse kampus is) was egter die hele jaar in Beeld se negatiewe visier. Wat ek eintlik probeer sê is dit: Jesus is deur iemand in Sy binnekring verraai, by ons Afrikaners is dit eintlik maar dieselfde…..

Chris v R ·

Dup ek stem volkomemet jou saam wat betref Beeld en sy mense . Onthou net n liberalis is noodwendig n humanis en iemand sonder toekomsvisie . Dit sien ons in Beeld , Adriaan ,Pieter , Max ens se optrede. Hulle dien die mens en kan nie die logiese gevolge van hulle optrede en skrywes voorsien nie. Hulle het dus oogklappe aan , en klop mekaar op die skouer. Die resultate van hulle optrede is traak hulle dus nie.

Monique ·

Dis skokkend !! My hart breek as ek sien wat is besig om te gebeur op die Puk Kampus… Dit is uiters swak, Kgwadi gaan die Puk nog vernietig! Ek was net laasjaar nog ‘n student daar gewees. Ek is trots om te se ek kom vanaf die Potchesfstroom Kampus, maar hoe lank nog voor dit heeltemal oorgeneem word? Ek is sprakeloos…

chris ·

Mense.

Ek verstaan regtig julle kommer en ook duidelike skok oor wat besig is om te gebeur regoor SA dws sport ,akedemie,werksgeleentehede,eskom telkom,ag en sommer alles en nog wat.
Besef egter dat die dinge moet en sal gebeur. Saamevoeging van uiteenlopende kulture en waardes kan en sal nie werk nie, het nog nooit nie.Die hele wereld gaan dit met groot skok agterkom en die Weste is volgende.Net soos ons moet noord kyk om ons nabye toekoms te sien sal die weste na ons moet kyk oor 10 jaar vir hulle probleme. Nadat hierdie mengelmoeskardoes sy loop geneem het sal daar oplossings gevind word daarvan is ek seker.
Daar is nog te veel mense wat die DA(wat seker die grootste beeldpoetser van die gedoemde reenboog is) ondersteen en die mense sal net deur skok wakker word dit is duidelik.

nicolette ·

Vandat Kgwadi op die kampus is, is daar moeilikheid, hy praat uit twee monde.Hy is nie n leier se dinges werd nie, VERWYDER HOM EN PLAAS IEMAND IN SY POS WAT DIE PUK VERSTAAN EN NOG DIE KAMPUS SE BELANGE OP DIE HART SAL DRA.VERWYDER HOM VINNIG

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Ek wil graag daarop wys dat die protesoptog gister NIE op die Pukkampus was soos wat die berig hierbo lui nie. Dit was by die hek van die institusionele kantoor van die NWU en later by die voordeur self, nadat prof. Kgwadi opdrag gegee het dat die hekke oopgemaak moet word. Vir diegene wat nie ons opset ken nie die volgende: die institusionele kantoor (gehuisves in gebou C1) is omtrent 200m van die Hofmanstraatingang tot die Pukkampus en selfs verder van waar die Pukke klas loop en byeenkom by die studentesentrum. Die optog het die Pukke hoegenaamd nie geraak nie. Hul veiligheid was glad nie in gedrang nie.

Dit was wel teleurstellend dat van die optoggangers ooremosioneel was en nie met hoflikheid teenoor die vise-kanselier opgetree het nie. Maar vryheid van spraak is nie altyd ‘n aangename ding nie, soos kommentaar op hierdie bladsy ook van getuig.

Chantelle ·

Ek is ‘n Student en ek bly naby die institusionele kantoor, in ‘n Dameskoshuis. Ek het wel onveilig gevoel. Nie eers te praat van die wat nog nader is soos: Hombré of Caput nie. Dan Kgwadi jy stel baie van ons lewens in gevaar met jou ANC optogte, wat jy kamtig nie eers van weet nie- jy het net so ‘n groot aandeel daarin en staan agter die onbeskofte gedrag. Betaal my ouers universiteits geld vir Politiek en onveiligheid of ‘n Graad en ‘n goeie studentekultuur? Ons NWU-naam is deur die modder gesleep…

Monique ·

Ek is baie jammer om te se Johannes Froneman, maar al was dit nou OP die Puk Kampus nie, was dit nogsteeds reg buite die kampus waar studente parkeer en waar studente soos Chantelle in ‘n koshuis woon. Dit maak nie saak wat jy gaan se nie, want dit was ‘n barbare optog waar studente se veiligheid in gedrang gestel was.

Emile ·

Geagte Prof Froneman

Dis vir my as oud-PUK meer as teleurstellend dat u hierdie geweldadige aanval op ‘n PUK-toegangshek eufemisties afmaak as ‘n “oor-emosionele onhoflike uitdrukking van vryheid van spraak…”.

U vergelyking van kommentaar op hierdie blad met hierdie geweldadige “spraakvryheid” is misplaas.

Ek is dankbaar die flinke polisieoptrede het waarskynlik ‘n insident soortgelyk aan hierdie CPUT voorval vroeer vanjaar voorkom:

http://www.iol.co.za/news/crime-courts/cput-students-in-race-clash-1.1821223#.VeBAQ_mqqko

Gwen ·

Wat ’n belaglike wegpraat van ’n rampokkery wat by geen universiteit ter wêreld hoort nie. Johannes, jy kruip nou te diep in ’n gat waar jy nie maklik gaan uitkom nie.
Jy weet net so goed soos die res van ons dat die optog eintlik bedoel is vir die Potchefstroomkampus. Hou op om die molesmakers te beskerm.

chris ·

Johannes(beeldpoetser lyk my)
Ons wag in spanning vir jou braso lappie na aanleiding van Chantelle en Monique se skrywe en eie ervaring.
Terwyl jy ons vryheid van spraak onaangenaam ondervind gebruik jy darem joune met ywer?

Bruno Stef ·

Pragtig gestel Chantelle wie ore het om te hoor laat hom hoor.Froneman ek laat sak my kop in skaamte omdat in my familie ook Fronemans is en afstammelinge van Genl Froneman wat n Afrikaner stryder was in die Anglo/boere oorlog gaan lees gerus jou eie geskiedenis en waarvan jy kom.

gerrie ·

Kgwadi en jansen saam! Oo my tyd. Ons dae is getel.dis hoekom privaat afrikaanse universiteite nou kop uitsteek.

Emile ·

Krieket en hokkie seisoen is in volle swang. Studente moet maar klasdraf met hul sporttoerusting en altyd byderhand hou vir oefening.

Dup du Plessis ·

Froneman…..nou van waar het die skielike probleem met die Afrikaanse kampus van Puk ontstaan, sou dit gebeur het as dit ‘n Duitse of Franse kampus was? nee, want jy sou jouself nie daar inskryf nie want jy sou weet dit gaan dalk moeiliker wees as by ‘n instelling wat in jou eie taal of dan nou in Engels onderrig gee. As daar geen Engelse kampus in die land is nie sou mens weerstand teen ‘n Afrikaanse kampus kon regverdig. As die kampus ook nie ten volle benut was deur Afrikaanssprekendes nie en daar oop plekke was kon mens dit dalk verstaan. Puk self is egter heeltemal te klein om al die Afrikaanssprekendes te diens. Daar is ‘n eue oue gesegde wat sê: in die land van Rome, maak jy soos die Romeine – Puk is Afrikaans, ons as ouers betaal ons gelde ten duurste, ons kan ons kinders nie wegwens of ‘n ander taal en kultuur laat aanneem nie………. wat sou vir ons as Afrikaanssprekendes oorbly as ons nie eers meer ons kinders in hul moedertaal kan laat leer nie. So wanneer het die probleme begin? was dit nie toe iemand wat ‘n 90% of meer Afrikaanse kampus moet diens aangestel is nie? iemand wat so uit voeling met sy mark is dat hy van ‘n “beeldpoetser” gebruik moet maak. Hoop jy het bietjie ongemaklik gevoel toe daar op jou geskree was…….en weet jy, dis nie omdat dit ook ‘n misverstand was nie, dis omdat jy WIT was….

chris ·

Ai Dup, wat ‘n puik skrywe,net jammer die man verstaan nie.
Ek is nie sarkasties nie die libs sien werklik nie die voor die hand liggende raak nie.

Diewaarheidmaakseer ·

Elke “student” wat aan hierdie protes deel geneem het is deel van die ANC jeugliga en is nie deel van die NWU-Puk self nie maar is studente op een van die ander NWU kampus. Hierdie studente het geen reg om by ons kampus skade te kom rig nie… Hierdie is die werk van die ANC… Hierdie mense is ongemanierd en barbaars hulle is nie hier om te leer nie hulle is net hier om k*k te stook. Dan Kgwadi jy en jou optredes teen Afrikaans en blanke mense is nie welkom op die PUK nie die puk is ‘n universiteit en het niks met politieke partye te doen nie. ANC los uit ons kampus!!!

gwen ·

Die redaksie hier is vinnig om kommentaar te verwyder wanneer ’n mens die volksverraaiers by die naam noem. Mev. Redaktrise, waarvoor is julle bang? O, wag. Ek het vergeet dat julle die DA ten gunste is daar by die Solidariteitbeweging.

Theo ·

Die afgelope tyd, het baie gemeenskappe ,in my daaglikse omgang, se oë oopgegaan oor die gebeure by puk. Ek studeer self deur unisa maar n lektor het my aanbeveel, as akademia die rigting, elektroniese ing. wese aanbied, ek my studies moet verskuif. Dit laat my wonder hoe kgwadi sy proffesor skap gekry het so ook baie ander. Ek het n swart lektor om hulp gevra, in my engels, en hy het sy werk geken maar dit was die eerste een. Ek afriforum sal sy oog hier hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.