[Video] Comrades: Bongmusa Mthembu eerste oor wenstreep

Bongmusa Mthembu, wenner van die 2017 Comrades Marathon. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu het Sondagoggend weggestap as die manswenner van die 2017 Comrades Marathon.

Mthembu het die uitmergelende wedloop van Durban tot Pietermaritzburg in ʼn tyd van vyf ure 35 minute en 34 sekondes voltooi. Mthembu kan sy 2017-oorwinning by sy oorwinning van 2014 voeg toe hy die Comrades, wat toe van Pietermaritzburg na Durban gehardloop is, in vyf ure, 28 minute en 34 sekondes gewen het.

Die wedloop is verlede jaar deur David Gatebe van Suid-Afrika gewen.

Hatiwande Nyamande van Zimbabwe het Sondagoggend tweede klaargemaak met ʼn tyd van vyf ure, 38 minute en 46 sekondes. In die derde plek was die Suid-Afrikaner Gift Kelehe met ʼn tyd van vyf ure, 41 minute en 48 sekondes. Kelehe het die Comrades in 2015 gewen.

Ongeveer 20 000 mense neem vanjaar deel aan die wêreldbekende wedloop wat oor 89 km strek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pop ·

Baie geluk dat jy gewen het. My kleinkind kyk saam en netnou toe vra sy “shame oumie, het hulle nie karre nie??.” Ons lag so vir haar. Kan glad nie die gehardloop verstaan nie. En ons moes belowe ons gaan nooit vir haar se sy moet daar na daai plek toe hardloop nie.???

Jacqui ·

Knap gedaan! Trots dat n Suid-Afrikaner weer die titel wen.

K. LEWIES ·

Kan julle net vir ons die berig van die twee bejaardes wat nou weer op ‘n plaas aangeval is kry asb. Ek sien dit op Netwerk 24 maar is nie lid daar nie en kan nie die berig lees nie. Dankie

Mariné Lourens ·

Dagsê K. Lewies

Dankie vir jou kommentaar. Verwys jy na die aanval op ‘n plaas naby Ixopo in KwaZulu-Natal? Jy kan Maroela Media se berig oor die voorval hier lees.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

K.LEWIES ·

Dankie Maroela die aanval op Makwassie op die Wesselbron pad

Estelle ·

Ek het die comrades van die begin gevolg en is baie bly dat die Suid-afrikaner gewen het. Ek was so op my senuwees toe die Amerikaanse vrou wat voor was, ophou hardloop en eers die mense se hande skud voordat sy verder wenpaal toe gehardloop het. As dit nie vir die hardloper wat verby haar gekom het en vir haar gewys het dat sy nog nie oor die wenstreep is nie sou sy 2de gekom het. Sy behoort hom te vergoed daarvoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.