Video: DA en EFF se tweede verkiesingsveldtogadvertensies

Skermskote uit die advertensies

Skermskote uit die advertensies

Die Demokratiese Alliansie en die Ekonomiese Vryheidsvegters het elk sy tweede verkiesingsveldtogadvertensie die afgelope naweek bekend gestel, ná omstredenheid oor die partye se eerste advertensies.

Die DA se eerste verkiesingsadvertensie is aanvanklik deur die SAUK verbied, aangesien dit glo geweld aanhits, maar die SAUK het later besluit om wel die advertensie uit te saai. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het intussen die Demokratiese Alliansie by die Suid-Afrikaanse Kommunikasie-owerheid verkla oor ‘n foto van vermeende polisiegeweld in Bekkersdal wat in die advertensie vertoon is. Okosa het beslis dat die DA dié afstootlike foto uit sy advertensie moet verwyder.

Die SAUK het ook die EFF se eerste advertensie verwerp. Okosa het beslis dat die SAUK nie die advertensie hoef uit te saai nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

“… 6 Million real jobs” – wat julle waar kry ?!?!?!

Moenie die mense belieg en bedrieg nie !!!

alet ·

Al wanneer hulle soveel mense kan werk gee is wanner hulle met busse aangery word om te toy toy dan kry hulle elk n hempie en n pakkie kos tot die volgende verkiesing

Frik Lotz ·

Die DA steun regstellende aksie,grondhervorming en swart ekonomiese bemagtiging wat diskriminerend is teenoor Afrikaners en ander minderhede. Jou kinders het dus geen toekoms onder DA bewind nie. DA is presies dieselfde as die ANC. Ek stem eerder VF Plus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.