Video: ‘DA-vervreemdes stem VF Plus’

‘n Skermskoot uit die video.

Teen 12:30 Vrydagmiddag was 83% van nasionale stemme getel en by die voorlopige uitslae bygevoeg.

Die VF Plus kon tot dusver daarin slaag om 332 000 stemme op te raap – dit kom tans neer op 2,42% van stemme. Met die vorige verkiesing het die VF Plus net 0,9% steun gehad.

eNuus se verslaggewer Gerhard Pretorius het met Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus gesels oor die redes vir hulle goeie vertoning tot dusver in die verkiesing.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Sarie ·

Baie geluk VF+. Julle het belowe “Ons gaan terugslaan.” En julle het. Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het. Ons waardeer!

Leon ·

Wat gaan nou gebeur? Gaan die VF+ net meer geraas maak? Die party is steeds nie in ‘n sterk posisie om die Afrikaner na selfbeskikking te lei nie. Volgende verkiesing dan vlug die stemmers weer terug na die DA, want daar gaan dadels kom van die VF+ se “terugslaan.”

Judge Dredd ·

VF+ gaan vooruit, DA gaan agteruit – die syfers lieg nie.

Wilma ·

Die VF Plus moet oppas of hulle regeer nog die land. Pieter Groenewald gaan seker ‘n kabinetspos aanvaar.

Brakpanner ·

Ou Gertjie….

Ek kan seker met die aanname maak dat die uwe een van die honderde derduisende Afrikaners is wat eerder DA gestem het?

Dus, vir die toepassing van raswette teen jou/ons, die kinders en die kleinkinders. (Om maar slegs een van die talle voorbeelde te noem.)

Julle laat my nou wragtig dink aan die opvolgers van die “Ja-Stemmers” vanuit die vorige generasie en era.

Ek gaan dit dus waag….

Of wag, MERK VANDAG MY WOORDE, julle wat steeds steeds volstruis speel rondom die ware toedrag van sake, julle gaan juis diegene wees na wie die volgende generasie gaan verwys as die “Ja-Stemmers” van ons tyd.

Ek kan om Hemele nié begryp hoekom iemand teen sy eie nageslag sal stem nie…

Pine ·

Wel is daar enige ander party behalwe die Eff wat beter gevaar het.VF+ van o.9 na 2.4%.baie goed.hou maar jou suur druiwe vir jouself.

Pieter du plessis ·

Die VF+ is die enigste party wat na die minderhede se belange omsien ,hulle sal van krag na krag gaan.

Jaco ·

En front nasionaal sal nooit n plek in parlement kry nie. So op die ou einde van die dag gaan hulle niks doen vir minderhede nie

Carel ·

Baie mooi VF+
As al die wegblyers wie monde die grootste is en die meeste kla gestem het kon ons nog meer “terugslaners” in die parlement gehad het

Boesman ·

Die wegblyers betaal ook belasting, dalk meer as wat jy ooit sal betaal.

Jaco ·

Wie praat oor belasting? Ek wens mense weet waar hulle stem gaan as hulle nie gaan stem nie.

Gert ·

Is DA se eie skuld hulle wil te veel soos die ANC optree neem daai onderwyseres as voorbeeld voor iemand nog kon ondersoek instel toe kruisig die DA haar al , hulle het seker maar gevoel om blanke stemme te veruil vir meer swart stemme toe werk dit nie heeltemal uit .

Celia Tjaden ·

Mense moet begin wakker word!, DA in koalisie met EFF !

Dankie VF plus- nou gaan ons eers groei. Staan vas, staan sterk!!

Jan Alleman ·

Gert, my oë het oop gegaan toe Moesie vir Zille op onlogiese populistiese wyse aangeval het oor haar kolonistiese uitlatings.

Cherokee ·

James Selfe sê namens die DA hulle waardeer die die EFF as koalisie vennoot
en Anton Alberts praat namens die Vryheids Front en sê daar sal nie koalisie aangegaan word met die ANC of EFF nie. Maak my opnuut trots om lid te wees van die VF+.

Andreas ·

Waardes en respek vir die waarheid was mos nog nooit verkeerd nie.

Cherokee ·

Natuurlik is jy reg, maar jou antwoord kan ook dubbelsinnig wees, want Selfe het ook die waarheid gepraat toe hy gesê het hulle waardeer kaolisering met die EFF.

Andreas ·

Wie is Selfe, vra ek wat op die hoogte van politiek behoort te wees, ek het idee hy woon so 2,000 kilometer Suid-Wes van waar ek is.

Celia Tjaden ·

Absoluut! Trots! En sooo bly ekt t nog altyd reg gestem!

Boesman ·

Ek betaal belasting, dus het ek die reg om te stem of nie te stem nie. Niemand sal vir my sê wat om te doen nie.

Boerboel ·

VF plus het hard terug geslaan. Die DA loop nou nog en more en is vol Kolla.
Nou moet die werk begin vir ons eie plek.

Boerboel ·

Die jongste syfers is om 17.30 met 94% stemme gestel.
ANC 57.73%
Da 20.56%
Eff 10.55 %
Ifp 3.53%
VF plus 2.29 %
Dis nasionaal.
Ineresant is dat Good het meer stemme getrek in Wes kaap as ACDP.

Boerboel ·

Stemme getel to 20:35
Lyk baie dieselde as hierbo
Vf plus het sover 376337 stemme gekry. 96% stemme getel.
As ANC se 57.70 en EFF se 10.57 bymekaar tel is dit 68.27 % . Hoop nie hulle vat hande nie.

Judge Dredd ·

Grondwet sal verander word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Ongeag of Cyril onteiening selfstandig al dan nie sal toepas, gaan dit beteken dat toekomstige leiers/partye jou grond sal kan vat.

En wie moet ons bedank? – Die wegbly nie-stemmers.

LHS ·

Tyd dat kleiner partye wat gemeenskaplike raakpunte het saamsmelt in n enkele party, vir my persoonlik hoort VF, ACDP, COPE, UDM en IFP om verskillende enkele redes bymekaar. Tussen hulle is daar sterk leiers met verskillende uitstaande kenmerke. Moontlik is daar nog een of twee ander wat ek nie nou genoem het wat moontlik bygevoeg kan word, daarna kan hierdie party met soos die DA in koalisie ingaan mits die DA afsien van sekere beleids- en denkrigtings wat hand aan hand presies dieselfde as die ANC is. Die wat nog in die droomwêreld van selfbeskikking leef moet werklik nou maar ophou en wakker word, dat enige iemand nog kan dink dat die massas dit sal toelaat uit vrye keuse moet werklik n psigiater gaan sien. Let egter op dat ek praat van uit vrye wil dit sal toelaat. Persoonlik glo ek dat die Zoeloe volk die eerste etniese groep gaan wees wat op n punt gaan aandring op onafhanklikheid.

Boerboel ·

Hi LHS ek sal solank vir jou n’ afspraak maak by een. Wat last jou dink die klomp partye sal saamwerk met n minderheids groep. Dit sal net nooit werk nie. Nou moet ons wolf Klere aantrek Die DA sal nooit hulle beleid kan veander nie. Hulle veteenwoordig meer swart as wit. Self beskiking kan werk.

Jr ·

Al wat ek sê is as VF+ koalisie met ANC of EFF vorm verloor hulle hierdie man se stem. Dus is ek bly dat hulle aangekondig hulle sal nie. Die dag wat die DAmn party dit gedoen het is ek weg van hulle af

Boerboel ·

Wat my bekommer is hoe gaan die ANC regering dit hanteer as daar grond gegryp word. As hulle in hordes n plaas beset. wat gaan die ANC doen. Hierdie ding oor grond kan baie lelik raak. Daar is ook nie genoeg grond nie.

Connie ·

Baie geluk V F + so trots op julle. Dankue dat jul vir ons baklei.

Boerboel ·

VF plus het nou 412984 stemme nasionaal met 99.78% stemme getel om 6:41
Dit is 2.38%
As ek reg is het ons 8 LPs om in die parlement te gaan

Gogga ·

Jul kan maar raas en blaas soos jul wil- daar is net EEN party wat werklik opkom vir die blanke Suid-Afrikaner ! Word wakker mense, wat doen d DA vir ons blankes? Toe hul voor d verkiesing begin besef hul kan blanke stemme verloor- toe word ‘nagwaak ‘ vir moorde op blankes gehou . . hoekom toe eers?? Mooi VF – ek is TROTS op julle!!

Archie ·

Die DA staan vir alle Suid Afrikaners, nie net 418 000 wittes nie. Wat maak die Afrikaners so spesiaal?

Theoman ·

Ja, en so hoor ons weer die magtige dreuning, wel gedaan VF PLUS van hieraf is dit net voorentoe, hoop daar is tenminste 4 vroulike VF+ LP’s in die parlement.

humor ·

412000 stemme. Baie baie geluk en sterkte en wysheid wens ek julle toe. Van nou af die ore op die grondvlak van die Afrikaner, baie deeglike strategiese beplanning en baie harde werk. Daar moet nog baie terug huistoe kom. Ons soek die 800,000 mense wat nee gestem het.

Attie. ·

Die Wegblystem kos die VF+ baie. Ons het nou 5 jaar om die mense op te voed dat dit ons plig is om te stem. Soos dit vandag ‘n skande is om ‘n egte pelsjas te dra, so moet dit ook ‘n skande wees om nie te stem nie. Volgende mikpunt is 5% stemme.

Wildeboer ·

Dit sal maar bars gaan. Oor vyf jaar gaan die bevolking meer as 62 miljoen wees, en oor tien jaar bykans 68 miljoen. Ons volkie se getalle kan verder daal. So, die demografie bly teen ons.

Judge Dredd ·

@Archie – wat die Afrikaners so spesiaal maak is dat ander 50 miljoen+ mense SEB/BEE en allerande diskriminerende praktyke moet implementeer om hulle van nagenoeg
2.5 miljoen Afrikaners te beskerm.

Nogal indrukwekkend ne?

Archie ·

Judge, volgens jou syfers het net 16% van die Afrikaners vir die VF+ gestem. Ek hoop die 10 LPs gaan die job vir julle doen. Die ander 84% sal oorleef sonder die VF+/KP/HNP/AWB se slanery.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.